Bl. 5 - 8 Notas Die spysverteringstelsel Flashcards
Watter tipe voedselstof is belangrik vir die opbou en herstel van selle?
Proteïene
Wat is die hoofbron van energie vir die liggaam?
Koolhidrate
Watter voedselstof help met die regulering van liggaamsprosesse en voorkoming van siektes?
Vitamiene
Watter voedselstof help om gesonde bene, tande en spiere te bou?
Minerale
Watter stof help die spysverteringstelsel en voorkom hardlywigheid?
Vesel (oftewel: rou voedsel)
Waarom is water belangrik in die liggaam?
Dit help met die regulering van liggaamstemperatuur, vervoer voedingstowwe en verwyder afvalstowwe. + afkoelmiddel.
Wat is die funksie van proteïene in die liggaam?
Bou en herstel van selle, spierontwikkeling, en vervaardiging van ensieme/hormone.
Wat is die funksie van vette?
Gee energie, beskerm organe, help met opname van sekere vitamiene. + isoleer teen koue
Wat is die doel van ‘n gebalanseerde dieet?
Om al die nodige voedingstowwe in die regte verhoudings aan die liggaam te verskaf vir gesondheid en optimale funksionering.
Wat beteken ‘n dieet is nie gebalanseerd nie?
Daar is te veel of te min van sekere voedingstowwe, wat kan lei tot gesondheidsprobleme.
Wat sluit makro-voedingstowwe in?
Koolhidrate, vette en proteïene.
Wat sluit mikro-voedingstowwe in?
Vitamiene en minerale
Wat is die doel van die spysverteringstelsel?
Om makro-molekules wat deur die mond ingeneem word deur ingestie af te breek tot hul basiese molekules (monomere) deur chemiese en meganiese vertering , sodat die monomere deur bloed vervoer kan word tot by die selle vir gebruik.
Gee ‘n voorbeeld van ‘n voedselsoort wat ryk is aan koolhidrate
Brood, pasta, rys, aartappels.
Watter voedselsoorte is goeie bronne van proteïene?
Vleis, eiers, suiwelprodukte, bone, lensies.+ melk en hoender
Watter kossoorte bevat gesonde vette?
Avokado, neute, sade, plantaardige olies + botter
Wat is ‘n voorbeeld van ‘n voedselsoort ryk aan vitamiene?
Vrugte en groente soos lemoene (vitamien C), wortels (vitamien A).
Gee ‘n voorbeeld van kos wat minerale bevat.
Melk (kalsium), spinasie (yster), piesangs (kalium).
Jodium is ook ‘n belangrike mineraal
Wat is ‘n voorbeeld van veselryke voedsel?
Volgraanprodukte, rou groente en vrugte, hawermout. + Bruinbrood (Die selwande van plante bestaan uit vesel)
Wat is ‘n voedselbron van water?
Water self, maar ook vrugte soos waatlemoen en soppe.
Watter siekte kan voorkom as jy te veel of te min vette inneem?
Hartsprobleme
Oorvoeding en Vetsug
Wat gebeur by ’n tekort of oormaat aan proteïene?
Kwashiorkor, geen proteïen strukture nie
Wat is siektes wat deur ’n vitamientekort veroorsaak word?
A- Nagblind
B- Beri-beri
C- Skeurbuik
D- Ragitis
Wat is ’n gevolg van ’n tekort of oormaat aan minerale?
Sagte bene en tande (Kalsium)
Anemie (Yster)
Goiter (Jodium)