Noord- en Suid-Amerika Ikone Flashcards

1
Q

Die Standbeeld van Christus die Verlosser (Rio de Janeiro)

A

Bo-op die 700 meter hoë Corcovado-berg in Rio de Janeiro, Brasilië

Hierdie standbeeld is 30m hoog
Dit staan bo-op die Corcovado-berg en kan per pad of elektriese spoorweg bereik word
Om die basis van die standbeeld te bereik, moes 220 trappe van die treinstasie of parkeerterrein voorheen geklim word
Dit is nie moontlik om in die standbeeld in te gaan nie
Die standbeeld van Christus se uitgestrekte arms het ‘n simbool van vrede in die wêreld geword, asook van ‘n teken van verwelkoming in Brasilië

Ikoon?
Daar is baie min standbeeld ter wêreld met so ‘n asemrowende uitsig
Dit is een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Niagara-Watervalle

A

Op die grens tussen Ontario, Kanada en New York-staat, VSA

Hierdie is twee reuse watervalle en een kleiner val op die Niagara-rivier
Die Amerikaanse valle, met die kleiner Bridal-valle, is in Amerika
Die ouer, grootste een van die drie is in die Horseshoe-valle in Kanada
Daar is ‘n paar groot parkeerterreine vir motors, aandenkingswinkels, verskeie moderne, onlangs geboude hoë hotelle, casino’s, gholfbane en ‘n see-temapark in die omgewing van die waterval

Ikoon?
Niagara-watervalle is ‘n gunstelling wittebroodbestemming vir talle Amerikaners en Kanadese

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Chichen Itza* (Yucatan)

A

Yucatan skiereiland in Oos-Meksiko

Die Chichen Itza was die magtigste en rykste stad van die Maja-beskawing
Dit beteken “by die mond van die fontein van die Itza”, omdat dit hier was waar die ondergrondse water na die oppervlak gekom en dit vir mense moontlik gemaak het om in hierdie andersins droë, dor terrein te leef
Daar is twee “cenotes” of fonteine wat water aan die stad verskaf het
Talle groot geboue en tempels is in die terrein gebou

Ikoon?
Die Maja-beskawing was een van die mees gesofistikeerde beskawings van antieke Amerika en hierdie was hul hoofstad

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Machu Picchu* (Cuzco)

A

Naby Cuzco, op die oostelike hange van die Andes-gebergtes

Dit was eens die amptelike woning van die Inka-konings en is gebou op ‘n hoë, bykans ontoeganklike rant tussen twee berge
Dit is rondom 1450 gebou
Is in 170 verlaat, rondom die tyd van die Spaanse verowerings in Suid-Amerika
Dit is in 1911 herontdek deur ‘n Amerikaner

Ikoon?
Die Spaanse veroweraars van Suid-Amerika was berug daarvoor dat hulle die stede wat hulle binnegval het, vernietig het
Hulle het nooit Machu Picchu gevind nie, as gevolg daarvan het die stad ongeskonde gebly
Die argeoloë wat dit veel later ontdek het, het dus ‘n asemrowend goed bewaarde historiese rekord van die Inca-beskawing ontdek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Die Vryheidstandbeeld (New York- Lady Liberty)

A

Op Liberty-eiland in New York-hawe, New York Stad, VSA

Die Vryheidstandbeeld is deur Frankryk aan die VSA as geskenk gegee om die honderdjarige herdenking van die Amerikaanse Verklaring van Onafhanklikheid in 1776 te vier
Die koperbedekte standbeeld van 46 meter hoog is in Frankryk gebou en in 350 stukke na Amerika vervoer
Die godin hou ‘n fakkel in haar regterhand en ‘n boekvormige plaat in haar linkerhand, waarop die datum van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring gegraveer is
4 Julie 1776
Een van haar voete staan op gebreekte kettings, wat vryheid van oorheersing en slawerny simboliseer
Toeriste kan in die standbeeld inklim en met trappe klim tot by die kroon op Vryheid se kop

Ikoon?
Dit was vir langer as 100 ‘n vryheidsimbool en is ‘n ware ikoon van beide vryheid en die VSA

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Die Grand Canyon

A

In Arizona, VSA

Dit is die wêreld se grootste canyon of ravyn
Dit is 446km lank en 29km wyd by die wydste punt
Dit is miljoene jare gelede uit rots gekerf deur die Colorado-rvier, met die begindatum sowat 17 miljoen jaar gelede
Dit is op plekke 1,8km diep en baie kleurvolle lae roste is sigbaar
Maak ‘n virtuele tydlyn van Noord-Amerika se geologie
Dit is in 1907 deur president Theodore Rooseveldt tot ‘n nasionale monument verklaar en het in 1919 ‘n nasionale park geword
Voetslaan en vlotvaart is die twee hoofaktiwiteite in die park

Ikoon?
Die Grand Canyon is ‘n asemrowende en skouspelagtige fisies kenmerk, die grootste van sy soort ter wêreld
Dit is as een van die Sewe Natuurwonders van die Wêreld gekies

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly