Eoropa Ikone Flashcards

Werêldikone

1
Q

Die Kolosseum* (Rome)

A

In Rome, die hoofstad van Italië

Middel van Rome, net oos van die Romeinse Forum
Grootste Colosseum wat ooit in die Romeinse Ryk gebou is
Het agt jaar geneem om te bou
Die keisers wou ‘n arena gehad het waarin groot gebeure gehou kan word
Dit kon 50 000 sitplekke vir toeskouers te hou vir groot gebeure

Ikoon?
Dit is ‘n indrukwekkende voorbeeld van antieke Romeinse ingenieurswese en argitektuur

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die Leunende Toring van Pisa* (Piazza del Uomo)

A

In die stad van Pisa, Italië

Dit is die kloktoring van Pisa se katedraal
Begin leun na dit in 1173 gebou was
Dit het nog 100 jaar geneem om voltooi te word
Die laaste verdieping was in 1350 gebou
Die klokke was 200 jaar later bygevoeg
56,7m hoog
1990 het dit 5,5 grade van ‘n vertikale posisie gekantel
294 strappe word na bo van die toring geklim
Die toring is in 1990 gesluit om aan dit te werk
Is weer in 2001 geopen en daar word 30 besoekers op ‘n slag elke 40min in die toring toegelaat
Die leun is nou 3,99 grade van die vertikale posisie

Ikoon?
Geen ander bekende gebou in die wêreld wat gekantel is nie
900 jaar geleun het sonder om om te val

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Venesië

A

Op die Adriatiese see in noord-oos Italië

Dit is op 118 eilande gebou, is geskei deur 177 kanale en word verbind deur meer as 400 brûe
Daar is geen paaie in die stad nie
Motorbote en taxibote word gebruik om in en om die stad te beweeg
Daar is geen motors nie en dit dra by tot die sjarme en unikheid
Die tradisionele bote wat deur toeriste gebruik word, word gondolas genoem en word beman deur ‘n gondelier
Het ‘n probleem met hooggetye wat oorstromings in laagliggende gebiede van die stad veroorsaak

Ikoon?
Enigste stad is met geen motors
Watervervoer word gebruik om na plekke toe te gaan en dit maak dit ‘n baie spesiale en romantiese plek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Vatikaanstad

A

In Rome, Italië

Wêreld se kleinste onafhanklike staat, slegs 0,44 km ² in area, met ongeveer 800 permanente inwoners
Dit is in 1929 gestig deur ‘n spesiale verdrag tussen die Rooms-Katolieke Kerk en die regering van Italië
Dit is die wêreld-sentrum vir die Rooms-Katolieke godsdiens en die huis van die Pous, heerser van die kerk
Die St. Pieterskerk, bekend as ‘n Basiliek, is in die hart van die Vatikaan Stad
Voor die katedraal is die St. Pietersplein, wat meer as 100 000 staande mense kan huisves
Michelangelo het die plafon van die Sistynse Kapel geskilder en sy standbeeld van Maria en Jesus, die Pieta, is binne die ingang na die St Pieterskerk

Ikoon?
Ditis die middelpunt van die Rooms-Katolieke Kerk, die tuiste van die Pous en van baie kuns en historiese museums en skatte

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Die Berlynse Muur

A

In die stad van Berlyn, Duitsland, waar dit Oos-Berlyn van Wes-Berlyn na die tweede Wêreldoorlog geskei het

Slegs klein, afgeleë dele van hierdie muur bestaan nog vandag
Die Muur is deur die Oos-Duitsers gebou om Oos-Berlyn van Wes-Berlyn van mekaar te skei.
Te veel burgers van Oos-Berlyn het na Wes-Berlyn beweeg en die regering het besef dat ‘n muur die enigste manier sou wees om hulle te keer
Die Berlynse Muur het as ‘n doringdraadheining begin. Dit is deur soldate gepatrolleer wat mense gekeer het om na Wes-Berlyn te gaan.
Oor die jare is die oorspronklike doringdraadheining met ‘n verbeterde draadheining vervang, daarna met ‘n betonmuur en uiteindelik met ‘n hoë, versterkte betonmuur
‘n Sogenaamde “Doodsone” is in die skaduwee van die muur geskep. Dit was ‘n wye grondgebied waarin daar niks was nie, wat dit makliker vir die wagte gemaak het om diegene raak te sien wat na Wes-Berlyn probeer ontsnap het
Die Berlynse Muur was 140km lank, 1.2m wyd en 3.6m hoog.
Tussen 100 en 200 mense is doodgemaak toe hulle na Wes-Berlyn probeer oorgaan het
Met die val van die Europese Kommunisme in 1989 en die hereniging van Duitsland in 1990, was die muur nie meer nodig nie en is dit afgebreek
Die meeste daarvan is opgebreek en verkoop aan versamelaars van historiese items of museums en universiteite in Duitsland en regoor die wêreld

Ikoon?
Dele van die Berlynse muur is gehou as simbole van die stryd deur mense om vry van onderdrukking en diktatorskap te wees

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Die Swartwoud

A

In die staat van Baden-Wurttemberg in suidwes Duitsland

Die Swartwoud is ‘n pragtige en skilderagtige hoek van Duitsland, op die grens van Frankryk en Switserland
Die bekende Danube-rivier het sy oorsprong hier
Dit is bekend vir sy houtsneewerk, veral koekoekhorlosies, wat simbole van die Swartwoud en Duitsland geword het
Daar is ‘n Duitse Horlosieroete wat toeriste toelaat om die ryke geskiedenis van horlosiemakers in die terrein te ontdek
Daar is woud-voetslaanpaaie en fietsroetese van soveel as 23 000 km in die streek, wat gewild onder plaaslike en internasionale toeriste is
Die streek is ook bekend vir sy kos, veral Swartwoud-ham en Swartwoud-koek, wat ‘n ryk sjokolade koek is wat versier is met swartbessies, suurroom en sjokolade
Daar is baie goeie restaurante hier, waarvan sommige wêreldwyd bekend is

Ikoon?
Hierdie gebied hou verband met baie dinge wat tipies Duits is, soos die koekoekhorlosie en die plaaslike cuisine

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Die Parthenon (Athene)

A

Dit is geleë op die Akropolis in die stad van Athene, die hoofstad van Griekeland

Is ‘n rotsformasie
In antieke tye was dit die terrein van baie tempels wat aan die Griekse gode opgedra is
Dit is die beroemdste oorblywende tempel en is een van die beroemdste geboue ter wêreld
Dit is gebou om dank te bring aan Atena, die stad se beskermheilige, dat sy Athene en Griekeland tydens die Persiese Oorloë gespaar het
Ondanks omvattende skade weens ‘n ontploffing, staan ‘n groot deel van die struktuur steeds
Dele van die gebou, veral die marmersneewerk aan die bokant van die gebou, is deur Lord Elgin van die Briste Museum in Londen geplaas, waar dit bekend is as die Elgin Marbles.
Die Griekse regering het jare lank probeer om dit terug te kry, maar was onsuksesvol

Ikoon?
Meer as 2400 jaar gestaan en is aan die Stad van Athene en die land van Griekeland gekoppel

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Blou Moskee

A

Naby die sentrum van Istanboel, Turkye

Ook bekend as die Sultan Ahmed Moskee
Dit is gebou tussen 1609 en 1616 N.C. deur die Sultan Ahmed
Staan bekend as die Blou Moskee as gevolg van die duisende blou teëls wat die binnekant van die moskee versier
Die moskee bestaan uit ‘n groot sentrale koepel omring deur verskeie kleiner koepels en ses hoë torings
‘n Unieke kenmerk is die kettings wat oor die ingange van die moskee hang.
Diue mense verootmoedig en buig hulle koppe voor God

Ikoon?
Dit is een van die mees besoekde toeriste-attraksies in Istanbul en Turkye.
Dit word beskou as een van die mooiste moskees in die wêreld, veral as gevolg van sy ses indrukwekkende torings wat van regoor Istanbul gesien kan word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Die Eiffel Toring

A

Op die Champ de Mars in Parys, die hoofstad van Frankryk

Is in 1889 gebou om die 100-jaar herdenking van die Franse Revolusie te vier
Die toring is vernoem na sy ontwerper, Gustave Eiffel en was die hoogste gebou in die wêreld tot 1930
Dit was oorspronklik bedoel om tydelik te wees
Dit is 320 meter hoog, wat hoër as die hoogte van ‘n 81-verdieping gebou is
Daar is drie besigtigingsvlakke in die toring, met hysbakke wat al die pad na bo gaan.
Dit is moontlik om na die eerste en tweede vlakke te loop.
Daar is twee restaurante in die toring, een op elk van die twee laer vlakke
Vandag is dit die belangrikste ikoon van Parys en Frankryk

Ikoon?
Dit is een van die mees herkende strukture ter wêreld en is wat verband hou met Parys en dus Frankryk vir meer as 100 jaar

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Die Franse Riviera

A

Suidoostelike kuslyn van Frankryk, langs die Middellandse See

In Frans is dit bekend as die Cote d’Azur, wat “blou kus” beteken en na die kleur van die see verwys
In die vroeë 19de eeu het dit begin as ‘n winter-gesondheidsoord vir ryk Britse toeriste en het baie gewild onder Europa se koninklikes geword
Gedurende die 20ste eeu het dit die bestemming van baie internasionale beroemdes, sportsterre en kunstenaars geword
Die stede Nice, St. Tropez, Cannes en Toulon is almal hier geleë en die onafhanklike staat van Monaco, waarin die stad van Monte Carlo geleë is, is aan hierdie kuslyn
Cannes is bekend vir sy filmfees, wat elke jaar baie beroemde akteurs en aktrises lok, en Monte Carlo vir sy indrukwekkende casino

Ikoon?
Hierdie kuslyn was vir meer as 200 jaar ‘n toonaangewende toeriste-oord en is dikwels geassosieer met koninklikes, rykes en beroemdes

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Die Switserse Alpe (Jungfrau-Aletsch)

A

Alpe-bergreeks in Switserland

Die Alpe is ‘n reeks berge in sentraal-Europa en die Switserse Alpe kom in die grootste deel van Switserland voor
Die Jungfrau, wat Duits is vir ‘n jong vrou of maagd, is deel van ‘n uitgestrekte muur van berge van 10km
Hierdie groep berge maak een van die indrukwekkendste besienswaardighede in die Switserse Alpe uit
Suid van die Jungfrau is die Aletsch-gletser en saam met and gletsers vorm dit deel van die grootste gletser-terrein in Europa
In die vroeë 20ste eeu is ‘n spoorweglyn, die Jungfraujoch, gebou en die terrein het nou een van die mees besoekte plekke in die Switserse Alpe geword
Die Switserse Alpe is beroemd vir wintersport en aktiwiteite soos - sneeu-ski en sneeu-plankry. Gedurende die somer is die Alpe ook gewild vir voetslaan en bergklim

Ikoon?
Die berg en gletser vorm saam ‘n unieke en bedreidge deel van die Alpe wat die grootste gletserterrein in Europa is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Windmeulens

A

Dwarsdeur Nederland, maar veral in die laagliggende dele langs kanale

Nederland, ook bekend as Holland
Is beroemd vir sy windmeulens
Aan die begin is hulle vir verskeie doeleindes gebou, soos die dreinering van grond, die maal van koring en om stompe te saag
Omdat hulle so wyd gebruik is om grond te dreineer in die jare voor elektriese pompe, kan werklikwaar gesê word dat daar sonder windmeulens geen Nederland sou wees nie
In 1850 was daar tot 10 000 windmeulens in Nederland, maar vandag is daar net sowat 1 150 werkende windmeulens oor, wat deur toeriste besoek en gefotografeer word

Ikoon?
Die windmeulens is so nou met Nederland verbind dat dit die eerste ding is waaraan die meeste mense dink wanneer hulle aan Nederland dink

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Auschwitz

A

Suid-Pole, naby die Tsjeggiese (Czech) grens

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was dit die terrein van die grootste en skandelikste van Nazi-Duitsland se konsentrasiekampe
Die kampe het die sogenaamde “vyande van die staat” gehuisves, naamlik Jode, teenstanders van die Nazi-regime en, later, krygsgevangenes
Auschwitz was in der waarheid ‘n versameling kampe, waarvan die meeste berugte die Auschwitz II-Birkenau was, die Moordkamp, een van ses kampe wat in Pole en Duitsland geleë was
Dit is hier waar duisende gevangenes vergas is en hul liggame in spesiale geboude massa-krematoriums verbrand is
Op 27 Januarie 1945 is Auschwitz deur die Russiese troepe bevry en die dag word herdenk as die Internasionale Jodeslagting-gedenkdag

Ikoon?
Van al die menseslagtings wat die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog uitgevoer het, was geeneen so afskuwelik soos die konsentrasiekampe en die uiters bose moordkampe nie.
In totaal het meer as 6 miljoen mense in die kampe gesterf, waarvan die meeste Jode was.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Die Algarve

A

Die suidelike kus van Portugal, wes van Spanje, aan die Atlantiese Oseaan, net voor die Middellandse See

Hierdie is die suidelikste deel van Portugal en een van die mees westelike dele van Europa. Die naam kom van die Arabiese term vir “die Weste”
Toeriste besoek hier oor die warm, droë weer
Daar is talle mooi sandstrande om te swem en in die son te lê, asook beskutte baie vir seil en roei
Faro is die hoofstad van die streek en het ‘n groot internasionale lughawe
In die somer is die weer perfek met lang, warm, sonnige dae met geen reën nie

Ikoon?
Danksy die fantastiese weer, is hierdie die perfekte plek vir diegene wat gewaarborgde sonskyn gedurende hul vakansie wil hê. Dit, tesame met die lae lewenskostes, maak hiervan so ‘n geskikte toeristebestemming

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Die Alcazar van Segovia

A

In Segovia, nie ver van Madrid, in sentraal-Spanje

Die Spaanse woord vir kasteel of fort is “alcazar”,
Beteken die Kasteel van Segovia
Dit is geleë in die ou dorp van Segovia, in sentraal-Spanje
Is in die 12de eeu gebou en in die Middeleeue was dit die gunstelling woning van die konings en koninginne van Castille
Elkeen van die oorspronklike heersers van Castille het iets tot die oorspronklike struktuur bygevoeg
Die ontwerp van die kasteel het etlike Arabiese kenmerke, wat die invloed van die Moslems van Noord-Afrika weerspieël, wat Spanje eens regeer het
In die Koningskamer van die kasteel word die geskiedenis van Spanje se konings en koninginne uitgebeeld op ‘n indrukwekkende muurskildery wat die kamer omring

Ikoon?
Hierdie is een van die oudste en mooiste kastele in Spanje

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Stiergevegte

A

In al die groot stede en dorpe van Spanje, behalwe Barcelona, waar stiergevegte in 2010 verban is

Stiergevegte is al baie eeue lank ‘n tradisie in Spanje en Portugal en word beskou as ‘n demonstrasie van kuns eerder as ‘n sport
In Spanje word die bul in ‘n arena voor toeskouers doodgemaak
In Portugal word die oorwonne bul uit die arena gelei en buite sig doodgemaak
‘n Bulgeveg (corrida) volg ‘n streng formaat met drie afsonderlike fases:
Die bul word eers deur berede assistente met lang lanse gesteek
Die bul word dan deur assistente op voet met kleurvolle stokke met skerp punte gesteek
Die hoof-stiervegter, die “torero”, gebruik sy rooi mantel om die bul te lok en steek dit met ‘n spesiale swaard
Die grootste arenas kan tot 40 000 toeskouers huisves

Ikoon?
Spanje het dwarsdeur sy moderne geskiedenis stiergevegte gehou en dit het van daar na die Spaanssprekende wêreld versprei

17
Q

Die Kremlin* (Moskou)

A

In Moskou, hoofstad van Rusland

Kremlin is die Russiese naam vir ‘n beskermde stad en die beroemdste een is in Moskou word verwys as die Die Kremlin
Dit bestaan uit vier paleise, vier katedrale, wapen-arsenale en administratiewe geboue wat uitkyk oor die Rooi Plein
Die Kremlin self word omring deur die Kremlin-muur, ‘n dik, hoë muur met 20 torings om seker te maak vyande kon nie die Kremlin bereik nie
Dit is die amptelike tuiste en werkplek van die president van die Russiese Federasie en as sodanig is dit die sentrum van die land se regering
Gedurende die tyd van die tsaars was dit hul tuiste in Moskou
Die kerke in die Kremlin is van die mooiste in die hele Rusland

Ikoon?
Die Kremlin het al vir meer as nege eeue ‘n verbintenis met elke groot historiese gebeurtenis in Rusland
Dit is die ware simbool van die nasie

18
Q

Die Rooi Plein (Moskou)

A

In Moskou, Rusland, langs die Kremlin

Omdat al die groot strate van Moskou in alle rigtings vanaf die plein uitloop, word die Rooi Plein beskou as die kern van Moskou.
Dit is beslis die belangrikste plein in Moskou omdat dit langs die Kremlin is
Die gepreserveerde liggaam van Lenin, die grondlegger van die kommunistiese staat, word in ‘n grafkelder aan die kant van die Rooi Plein gehou
Is die dekoratiewe en kleurvolle St. Basils-basiliek
Vandag word die plein hoofsaaklike vir seremoniële en vermaakgeleenthede gebruik.

Ikoon?
Dit is ‘n ikoon om presies dieselfde rede dat die Kremlin ‘n ikoon is – dit word verbind met die geskiedenis van die Russiese nasie

19
Q

Big Ben (Westminste-paleis)

A

In Londen, Engeland

Is die klok wat die werklike uur aankondig deur een keer, twee keer, ens. te lui
Die kloktoring is deel van die Westminster-paleis, die tuiste van due Huise van die Britse Parlement in Londen, Engeland
Die klok is die grootste luiende klok met vier gesigte ter wêreld
Die klok en toring het so nou verbind met Londen geword, dat ‘n regisseur van ‘n film net ‘n skoot van die klok en die toring hoef te wys en die gehoor sal dadelik weet die agtergrond is in Londen
In 2012, om die 60-jaar van die heerskappy van koningin Elizabeth II te herdenk, het die Britse parlement die kloktoring tot die Elizabeth-toring gedoop

Ikoon?
Daar is baie min besienswaardighede wat so nou aan ‘n spesifieke stad verbind is as wat die Big Ben aan Londen is
Die Big Ben is al vir meer as 150 jaar so nou verbind aan Londen, en dus aan Engeland

20
Q

Buckingham Paleis

A

In Londen, Engeland

Buckingham-paleis is die amptelike woning in Londen van die koningin van Engeland
Dit was oorspronklik ‘n dorpshuis vir die hertog van Buckingham, maar is later deur koning George III gekoop as ‘n huis vir sy vrou, koningin Charlotte
Dit is gemeubileerd en versier met kosbare kunswerke wat deel vorm van die koninklike versameling
Buckingham-paleis is elke jaar in Augustus en September oop vir die publiek, met 18 kamers wat besigtig kan word
‘n Deel van die kosbare kunsversameling word in die “Queen’s Gallery” ten toon gestel
Die Aflos van die Wag (“Changing of the Guard”) – om 11:30 elke dag gedurende Mei, Junie en Julie is die Soldate van die Lyfwag in hul helder rooi en swart uniforms op parade buite die paleis

Ikoon?
Wanneer die koningin en koninklikes deur die publiek gesien wil wees, verskyn hulle op die balkon aan die voorkant van die paleis
As mens dus aan die Engelse koningshuis dink, dink jy aan Buckingham-paleis

21
Q

Die Toring van Londen

A

In Londen, Engeland

Is gebou deur Willem die Veroweraar, die Normandiese koning wat die laaste militêre leier was om die Engelse te verslaan
Die Toring van Londen is dus ‘n monument vir die feit dat die Engelse nog nooit verslaan is sedert dit gebou is nie
Oor die jare is die Toring uitgebrei en dit bestaan vandag uit etlike geboue binne twee kringmure om dit te verdedig
Gedurende die Elisabethaanse era, het dit ‘n dieretuin gehuisves wat ‘n baie gewilde attraksie was
Vandag dien dit as die militêre hoofkwartier vir verskeie regimente
Die kroonjuwele word hier vir veilige bewaring gehou en dwarsdeur die jaar aan die publiek vertoon

Ikoon?
Die Toring van Londen is al amper 2 000 jaar nou aan die Engelse geskiedenis verbind
Die feit dat dit gebou is deur die laaste man wat die Engelse verslaan het, vestig dit as ‘n ikoon vir die ontembaarheid van die Engelse nasie

22
Q

Die Londen Brug

A

In Londen, Engeland

Die eerste brug oor die Teems is meer as 2 000 jaar gelede deur die Romeinse veroweraars gebou
Later, gedurende die Middeleeue, is ‘n groter brug gebou, wat vir langer as 600 jaar gestaan het tot dit begin verswak het, wat aanleiding gegee het tot die kinderliedjie “Londen Bridge is Falling Down”
‘n Klipboog-brug is gebou om dit te vervang en in 1831 geopen
Teen die einde van die 19de eeu het sowat 8 000 mense die brug elke uur te voet en 900 in voertuie oorgesteek. Dit het beteken dat nagenoeg 100 000 mense die brug gedurende die loop van ‘n dag oorgesteek het
Dit is verkoop aan ‘n Amerikaner wat die hele brug, klip vir klip, na die Havasu-meer in Arizona, VSA versend het waar dit as ‘n toeriste-attraksie herbou is
-Die huidige Londen-brug, wat in 1973 deur koningin Elizabeth geopen is, is gebou van voorgespanne beton-kokerleêrs, wat daarvaan ‘n baie stewige en sterk stuur maak

Ikoon?
Londen-brug was vir eeue die enigste manier om die Teems in die stad van Londen oor te steek en dit het sy ikoniese status meegebring.