Australië en Asië Ikone Flashcards

1
Q

Die Sydney Operahuis

A

In die hawe van Sydney, die grootste stad in Australië

Dit is een van die mees kenmerkende en beroemde geboue van die 20ste eeu
Die dramatiese ontwerp stel seile voor wat in die wind beweeg
Dit is ook een van die besigste sentrums van uitvoerende kuns ter wêreld
Dit bied verskillende geleenthede aan
Die Konsertsaal kan meer as 2600 mense huisves en die Operateater 1500
Die kompleks bestaan uit vyf hoofteaters, repetisie-studios, ‘n opnamestudio, kafees, restaurante, kroeë en ‘n biblioteek, asook etlike kleiner plekke vir konferensies en vergaderings

Ikoon?
Dit is een van die groot ikoniese geboue van die 20ste eeu

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Ayers Rock / Uluru-Kata Tjuta Nasionale Park*

A

Suidwes van Alice Springs, Australië in die Uluru-Kata Tjuta Nasionale Park

Die wêreld se grootste inselberg, wat “eilandberg” beteken
Dit staan 348m bo die woestynoppervlak uit en het ‘n omtrek van 9,4km
Die rots is min of meer in die middel van Australië en is een van die land se mees herkenbare fisiese kenmerke
Dit is in 1873 deur Europeërs ontdek
‘n Diep oranje-rooi is
Dit bevat baie grotte en antieke skilderye wat van kulturele en godsdienstige belang is vir die Australiese inboorlinge, die eerste inwoners van Australië
Die terrein word besit deur die Anangu-inboorlinge en hulle het dit volgens ‘n 99-jaar-huurkontrak aan die Australiese regering verhuur
Een van die voorwaardes is dat geen toeristestruktuur op of naby die rots toegelaat word nie
Nog ‘n voorwarde is dat niemand die rots mag uitklim nie

Ikoon?
Hierdie is ‘n plek van groot kulturele en godsdienstige belang vir die inheemse Australiese inboorlinge
Dit is ‘n baie herkenbare kenmerk van die landskap en word nou met Australië verbind

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die Groot Muur van China

A

Dit strek rofweg oos tot wes oor die noordelike grens van China

Die Muur wentel vir meer as 6500km oor woestyne, grasvelde, berge en plato’s
Die Muur is meer as 2000 jaar gelede begin, maar baie dele van die oorspronklike Muur het verdwyn
Die langste deel van die Muur is gedurende die Ming-dinastie gebou om die Han Chinese teen die invallende Mongole uit die noorde te beskerm
Die Ming het ingewikkelde boumetodes, stene en bakstene in konstruksie gebruik, wat dit baie sterk en duursaam gemaak het
Dit is die langste en grootste militêre konstruksie op aarde en bestaan uit baie wagtorings en vestings
Die dele naaste aan Beijing is gerestoureer en is ‘n top-toerisme-attraksie

Ikoon?
Die Muur is die grootste mensgemaakte struktuur op aarde
Dit word al langer as 2000 jaar met die Chinese verbind
Die Muur is een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Die Taj Mahal (Agra)

A

Naby die stad Agra in Indië geleë

Dit word beskou as een van die mooiste stukke argitektuur ter wêreld
Dit is deur ‘n Mongoolse keier gebou as ‘n deftige grafkelder vir sy derde en gunsteling vrou wat gesterf het toe sy geboorte aan hul 14de kind gegee het
Dit is gebou met wit marmer en is versier met edelstene en halfedelstene van regoor Asië
Dit het ‘n reuse sentrale koepel, is oktogonaal in vorm en word deur vier torings omring
Aan die een kant van die kompleks is ‘n groot toegangshek van rooi sandsteen en aan die ander kant ‘n moskee, ook van rooi sandsteen. Albei is versier met dieselfde wit marmer waarvan die gemaak is
Dit is geleë in wonderskone, perfek simmetriese tuine en weerkaatsende poele

Ikoon?
Dit word beskryf as die “juweel van Moslem-kuns en een van die universeel bewonderde meesterstukke van die wêreld se erfenis”
Dit word erken as een van die beste stukke argitektuur ter wêreld
Dit is ingesluit as een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Berg Fuji

A

Op die eiland Honsjoe, in Japan

Op 3776m is dit die hoogste berg in Japan
Dit word as ‘n aktiewe vulkaan geklassifiseer, met ‘n lae risiko van uitbarsting
Fuji het laas in 1707 uitgebars, maar min skade is aan die omliggende terrein of die berg self aangerig
Die Berg het ‘n merkwaardige simmetriese keël, wat vir etlike maande van die jaar met sneeu bedek is
Dit is die hoofsimbool van Japan
Gedurende die somer is dit ‘n gunsteling plek vir bergklimmers omdat dit vier redelik maklike roetes he

Ikoon?
Dit is die onderwerp van tallose skilderye en poskaarte wat Japan uitbeeld
Berg Fuji is aanbeveel vir toekomstige insluiting as ‘n wêrelderfenisterrein weens sy kulturele en artistieke waarde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Berg Everest

A

In die Himalaja-gebergtes op die grens tussen Nepal en Tibet

Wêreld se hoogste berg – 8848 meter
In 1856 is vasgestel dat die hoogste punt op die aarde se oppervlak is
Daar is twee hoofroetes tot bo-op die berg
Die klimtog na die bopunt is nie besonder moeilik nie. Hoogtesiekte (veroorsaak deur ‘n tekort aan suurstof), sterk winde en slegte weer is die hoofgevare waarmee klimmers te doen kry

Ikoon?
Dit die hoogste punt op die aarde se oppervlak (aka hoogste berg)
Dit is ook omdat dit ‘n ikoon in die wêreld van bergklim is

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Drywende Markte

A

Daar is dwarsdeur Thailand drywende markte

Wys toeriste hoe die lewe ‘n eeu gelede moes gewees het
In die dae voor snelweë, supermarkte en motors, het boere hul bote volgelaai met hul oes van vrugte, blomme en groente en daarmee na die naaste dorp geroei, waar hulle hul produkte aan die plaaslike inwoners verkoop het
Vandag oorleef slegs ‘n paar van hierdie drywende markte, hoofsaaklik as gewilde toeriste-attraksies as gevolg van hul uniekheid, verskeidenheid en ongelooflike kleure en geure

Ikoon?
Hulle was eens ‘n kenmerk van die daaglikse lewe in Thailand
Hulle is nou ‘n toeriste-attraksie wat nou met Thailand verbind word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly