Noord-Afrika en Die Midde-Ooste Ikone Flashcards

1
Q

Die Groot Piramides van Giza* en die Sfinks

A

In Egipte buite Kairo in Giza

Daar is drie groot piramides by Giza
Die grootste word die Groot Piramide van Khufu genoem, en daat gemeen dit is as ‘n grafkelder vir die farao Khufu gebou
Dit is 146,5m hoog en was vir bykans 3800 jaar die hoogste mensgemaakte struktuur wêreld
Dit is van reuse kalkklip-blokke gebou
Dit is bedek met ‘n omhulsel van spesiaal gebeitelde kalkklip om daaraan ‘n gladde oppervlak te verleen. Aardbewings het die omhulsel laat losgaan en vandag sien ons die rowwe binnegedeelte van die piramides
Van die Sewe Wonders van die Antieke Wêreld, is die piramides die enigste wat nog staan
Die Sfinks is ‘n reuse standbeeld met die kop van ‘n man en die liggaam van ‘n leeu
Daar word aanvaar die kop is die ewebeeld van Khafre, die seun van Khufu, wie se piramide naby geleë is

Ikoon?
Hierdie is die oudste oorlewende mensgemaakte strukture wat met Egipte geassosieer word

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Die Koepel van die Rots

A

In die ou deel van Jerusalem op die Tempelberg, Israel

Tempelberg is een van die heiligste plekke vir twee gelowe, Judaisme en Islam.
Volgens albei die gelowe en die Christelike geloof, is dit waar Abraham bereid was om sy seun Isak te offer
Vir die Jode is dit waar die Tweede Tempel gebou is en waarop die Allerheiligste gestaan het, die plek waar die Verbondsark bewaar is
Vir die Moslems is die rots waarop die moskee gebou is, die plek waar die Profeet Mohammed hemel toe gegaan het
Toe Israel deur die Moslems oorwin is, is die Koepel van die Rots, ‘n moskee, op ‘n heilige plek gebou
Ditis aanvanklike deur suiwer goud bedek, maar is vandag met goue verf geverf
Nie-Moslems moet spesiale toestemming kry om die Tempelberg-area te betree en word nie binne die tempel toegelaat nie
Jode word nie by die Tempelberg toegelaat nie, uit vrees dat hulle op die terrein van die Allerheiligste sal trap

Ikoom?
Die rots waarop die Koepel van die Rots gebou is, is ‘n plek van uiterste godsdienstige belang en is ‘n ware godsdienstige ikoon

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Die Klaagmuur (Westelike Muur)

A

Tempelberg, Israel

Bekend as die Klaagmuur, is deel van ‘n muur in Jerusalem langs en onder die Koepel van die Rots
Dit is een van die belangrikste Joodse godsdienstige terreine omdat dit naby aan die terrein bekend as die Allerheiligste is
Jode kom hierheen om te bid, te weeklaag en te kla oor die verlies aan hul heilige Tempel
Die muur word ook Klaagmuur genoem
Nog ‘n naam daarvoor is die Hek van Genade en dit word beskou as een van die ingange na die Hemel
Dit het ‘n gebruik geword vir aanbidders om Gebedsbriewe in krake in die Muur te los

Ikoon?
Hierdie is ‘n plek van uiterste godsdienstige belang vir die Jode en is as sodanig ‘n ware godsdienstige ikoon

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Petra

A

In suidwes-Jordanië

Petra is ‘n hele stad waarvan die helfte uit rots gebou en gekerf is
Petra is Grieks vir “rots”
Dit is in ‘n woestyn geleë en om die stad te onderhou, is ‘n vindingryke waterbestuurstelsel geskep wat van seisoenale reëns in damme en reservoirs bewaar het
Die Nabateërs het die stad gebou
Destyds was dit ‘n belangrike handelspos tussen die Weste en China, Indië en Arabië
Die stad was feitlik onbekend aan die Westerse wêreld tot dit in 1812 deur ‘n Westerse ontdekkingsreisiger aan die Weste bekend gestel is
Dit is weens die prag en seldsaamheid daarvan een van die Nuwe Sewe Wonders van die Wêreld

Ikoon?
Die ouderdom, skoonheid, indrukwekkendheid en seldsaamheid daarvan maak dit ‘n ikoon van die mens se vindingrykheid en kreatiwiteit

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Mekka

A

In sentraal wes-Saoedi-Arabië, nie ver van die Rooi See nie

Mekka is die heiligste stad van die Islam-geloof omrede dit naby aan die geboorte en ontwikkeling van die Islam-geloof gekoppel is
Die Profeet Muhammad was hier gebore en het as ‘n jong man onthullings vanaf God via die Aartsengel Gabriel in ‘n nabye grot ontvang
Mekka huisves die “Grand Mosque”, wat die grootste moskee in die wêreld is
Waar ook al hulle is, draai Moslems na die Kaaba in Mekka terwyl hulle daaglikse gebede aanbied
Die Kaaba is die heiligste terrein in die Islam-geloof en elke bekwame Moslem word verwag om die Mekka ten minste een keer in hul leeftyd te besoek en sewe keer om die Kaaba te stap om aan die Swart Steen te raak as hulle kan
Hierdie pelgrimstog staan bekend as die Hajj
Die Hajj vind een keer ‘n jaar plaas, gedurende die twaalfde maand van die Moslem-kalender

Ikoon?
Dit is die heiligste plek in die hele Islam-geloof en as sodanig is ‘n ware godsdienstige ikoon
Wanneer Moslems bid, moet hulle in die rigting van Mekka bid
Mekka is dus die middelpunt van die Islamitiese godsdiens

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly