Newton Se Wette Flashcards
Normaalkrag
Die krag of komponent van n krag wat n oppervlak op n voorwerp waarmee dit in kontak is, en wat loodreg op die oppervlak is, uitoefen
Wrywingskrag
Die krag wat die beweging van n voorwerp teenwerk en wat prallel met die oppervlak inwerk
Statiese wrywingskrag
Die krag wat die neiging van beweging van n stilstaande voorwerp relatief tot n oppervlak teenwerk
Kinetiese wrywing
Die krag wat die beweging van n bewegende voorwerp relatief tot n oppervlak teenwerk
Newton se eerste wet
N liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen n konstante snelheid volhard, tensy n nie-nul netto krag daarop inwerk
Newton se tweede wet
Wanneer n netto krag op n voorwerp inwerk, versnel die voorwerp in die rigting van die krag teen n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp
Newton se derde wet
Wanneer n voorwerp A n krag op voorwerp B uitoefen, sal voorwerp B gelyktydig n krag van gelyke grootte maar in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uitoefen
Newton se universiele gravitasiewet
Elke liggaam in die heelal trek elke ander liggaam aan met n krag direk eweredig aan die produk van hul massas en omgekeerd eweredig aan die kwadraat van die afstand tussen hul middelpunte
Beskryf gewig
Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerp op of naby sy oppervlak
Beskryf Massa
Massa is die hoeveelheid materie in n liggaam gemeet in kg