Momentum En Impuls Flashcards
Definieer momentum
Die produk van n voorwerp se massa en sy snelheid
Newton se tweede wet in terme van momentum
Die netto krag wat op n voorwerp inwerk, is gelyk aan die tempo van verandering van momentum van die voorwerp in die rigting van die netto krag
Definieer impuls
Die produk van die netto krag wat op n voorwerp inwerk en die tyd wat die netto krag op die voorwerp inwerk
Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum
Die totale lineêre momentum in die geïsoleerde sisteem bly konstant(behoue)
Wat word bedoel met projektiel
N voorwerp waaraan n beginsnelheid gegee is en wat dan slegs onder die invloed van die gravitasiekrag beweeg
Definieer vryval
Beweging waartydens die enigste krag wat op n voorwerp inwerk, die gravitasiekrag is