Newton se Wette Flashcards
Gewig
Die gravitasiekrag wat die aarde uitoefen op enige voorwerk op of naby sy oppervlak
Normaalkrag
Die loodregte krag uitgeoefen deur ‘n oppervlak op ‘n voorwerp wat daarmee in kontak is
Wrywingskrag
Die krag wat die beweging van ‘n voorwerp teenstaan en parallel aan die oppervlak inwerk waarmee die voorwerp in kontak is
Newton se eerste wet
‘n Voorwerp sal aanhou in sy toestand van rus of uniforme snelheid tensy ‘n netto of resultante krag daarop inwerk
Traagheid
Die eienskap van ‘n voorwerp wat veroorsaak dat dit ‘n verandering in sy toestand van rus of uniforme beweging teenstaan
Newton se tweede wet
Wanneer ‘n netto krag, Fnet, toegepas word op ‘n voorwerp met massa, m, versnel dit in die rigting van die netto krag. Die versnelling, a, is direk eweredig aan die netto krag en omgekeerd eweredig aan die massa (Fnet = ma)
Newton se derde wet
Wanneer voorwerp A ‘n krag uitoefen op voorwerp B, Sal voorwerp B terselfdetyd ‘n teenoorgestelde gerigte krag uitoefen van dieselfde grootte op voorwerp A.