Kinematika Flashcards
Vektor
Fisiese hoeveelheid wat beide grootte en rigting het, bv gewig (eenhied newton N)
Skalaarhoeveelheid
Fisiese hoeveelheid wat slegs grootte het, bv massa (eenheid kilogram kg)
Resulterende vektor
Die enkele vektor wat dieselfde effek het as die oorspronklike vektore wat saam inwerk
Afstand
Die lengte van die pad afgelê (skalaarhoeveelheid)
Verplasing
‘n Verandering in posisie (vektorhoeveelheid wat wys vanaf begin na finale posisie
Spoed
Die tempo waarteen afstand verander (skalaarhoeveelheid)
Snelheid
Die tempo waarteen posisie verander OF die tempo van verplasing OF die tempo van verandering van verplasing (vektorhoeveelheid)
Versnelling
Die tempo waarteen snelheid verander