Newton se bewegingswette Flashcards
normaalkrag
die krag of komponent van n krag wat n oppv op n voorwerp uitoefen en wat loodreg op die oppv is
wrywingskrag
die krag wat die beweging van n voorwerp teenwerk en wat parallel met die oppv inwerk
statiese wrywingskrag
die krag wat die neiging van beweging van n stilstaande voorwerp relatief tot n oppv teenwerk
kinetiese wrywing
die krag wat die beweging van n beweegende voorwerp relatief tot die oppv teenwerk
newton se 1ste bewegingswet
n voorwerp sal in n toestand van rus of beweging teen n konstante snellheid volhard, tensy n eksterne netto krag daarop inwerk
traagheid
die weerstand van n voorwerp teen enige verandering in sy toestand van beweging
newton se 2de bewegingswet
wanneer n netto krag op n voorwerp inwerk, sal die voorwerp in die rigting van die krag versnel teen n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp
newton se 3de bewegingswet
wanneer voorwerp A n krag op voorwerp B uitoefen, oefen voorwerp B gelyktydig n krag van gelyke grootte in die tenoorgestelde rigting op voorwerp A uit
versnelling
die tempo van verandering van n voorwerp se snellheid