Mynbou en die Omgewing Flashcards
Oopgroefmynbou
Mynbou wat grond en rots van ń groot stuk van die aardoppervlak af verwyder
Skag
ń Gat wat onder die grond afgaan
Tonnels
Horisontale gange wat deur rotse loop
Ventilasie
ń Manier om verkoelde vars lug in klein plekke soos ń myn te bring
Ventelasiepype
Pype wat lug in die myntonnels en skagte vervoer
Hysbak
ń Ligtoestel wat mynwerkers en stukke rots in ń mynskag vervoer
Dakstutte
Stukke hout of metaal wat keer dat die dak van die tonnel ineenstort
Impak
Die uitwerking of krag wat iets op iets anders het,soms groot skade
Plantegroei
Plante,onder meer grassoorte,bosse en bome
Chemikalieë
Sterk stowwe wat in mynbou nywerhede en landbou gebruik word
Besoedeling
Om skade aan lug,water of grond te veroorsaak met vullis en chemikalieë
Afvalmateriaal
Goed wat mense weggooi en nie gebruik nie
Afvalverwydering
Wat mense met hul afval doen (goed wat hulle nie gebruik nie)