Mis Flashcards

1
Q

dWaarom vertel Konstabel die vroue van die sonsverduistering in Mis?

A

Miem wou weet wat die oorsaak van Konstabel se blindheid was.

Sy het gevra of hy van altyd af blind was

hy het haar geantwoord deur van die sonsverduistering te vertel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Verduidelik die storie wat Konstabel van die sonsverduistering vertel.

A
  • Die konstabel het as jong seun eendag sy ouers gesoek en gesien hulle hou elk ‘n skerf gerookte glas voor hulle gesigte.
  • Hy het kombuis toe gegaan en by tant Hannie ‘n glasskerf gekry sodat hy ook daardeur na die sonsverduistering kon kyk.
  • Sy broer het ook ‘n glasskerf gekry.
  • Die konstabel en sy broer het op die dak geklim.
  • Die wind het aan die konstabel geruk en hy het geskrik en sy glasskerf laat val.
  • Die konstabel het met sy blote oog na die son gekyk en, as gevolg daarvan, blind geword.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Bespreek die simboliese betekenis van die sonsverduistering.

A

Die konstabel se bisarre vertelling van die sonsverduistering gaan saam met gedruis van wind, val van kwepers soos hael en blomme wat wegvlieg gepaard.

Hierdie beelde is misterieus en word soos ‘n onwerklike droom aangebied

Terwyl die konstabel die storie van die sonsverduistering vertel, word die gevoel dat iets abnormaals wat besig is om te gebeur, aan die gehoor oorgedra.

  • Gewoonlik assosieer ons die son met lig en lewe.
  • Volgens Griekse mitologie word die son ook met manlikheid geassossieer: Apollo word gesien as die manlike songod, terwyl Artemis die vroulike maangodin is.

Die maan en donkerte hou met mekaar verband, en op simboliese vlak word die maan as die vroulike element dus verbind met donkerheid – die donkerwêreld van die onderbewussyn, dit wat ons nie alleenlik met die intellek kan peil nie.

  • Konstabel vertel dat die maan tydens ‘n sonsverduistering oor die son gly. Wanneer dit gebeur, word die son as rasionele manlike, simbolies versoen met die irrasionele, donker vroulike kant.
  • Meisie dans aan die einde uit in die donker wêreld in en word deur die konstabel gevolg. Dit dui op die versoening tussen die irrasionele (maan, vroulike) en rasionele (son, manlike).
  • Sy beweeg van Miem se rasionele wêreld na die irrasionele sirkusagtige droomwêreld van Konstabel.

Dus is Konstabel se vertelling van die sonsverduistering aan die begin van die toneelstuk simbolies van wat in die finale oomblikke van die toneelstuk gebeur.

  • Die konstabel het blind geword gedurende die sonsverduistering, maar in die toneelstuk sien ons dat sy blindheid verdwyn in die nag/donker as hy tot nar transformeer.
  • Bedags in die son is die konstabel blind/kan hy nie sien nie. Hy is onvolmaak.
  • Hy kan net in die aand sien, in die vroulike lig van die maan, omdat hy saam met die vroulike volledig mens word.
  • Net soos die vereniging van die manlike (son) en vroulike (maan) tydens ‘n sonsverduistering, word die konstabel en Meisie aan die einde van die toneelstuk verenig wanneer hulle saam wegloop.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Gee VIER moontlike betekenisse van die titel, Mis.

A
  • Mis as bemesting.
  • Mis kan ook dui op mistigheid/onduidelikheid.
  • Die uitdrukking: Jy het dit mis (jy is verkeerd)
  • Dit kan ook dui op die aards-alledaagse, selfs boersheid. Die emmer wat menslike uitskot stort, is simbolies hiervan.
  • Mis kan ook na Nagmaal (Roomse Mis) verwys.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Bespreek hoe betekenis van mis as bemesting in die teks toegepas word.

A
  • Meisie en Miem maak ‘n lewe uit die mis wat hulle aan boere verkoop.
  • Die mis is vir Meisie ‘n groot frustrasie, want sy kla teenoor die konstabel dat die mis baie sleg ruik en dat dit vlieë lok.
  • Sy voer dit aan as rede waarom daar nie kêrels by haar kom kuier nie.
  • Sy plant rose voor haar kamervenster om die misreuk te verdryf.
  • Hierdie mis kan dan ook dui op vrugbaarheid. Miem sê bv. dit is vroeglente en almal wil hulle grond bewerk.
  • In ‘n simboliese sin groei Meisie as ‘n blom tot bevryding uit hierdie mis.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Bespreek hoe die betekenis van mis as mistigheid in die teks toegepas word:

A
  • Dit is simbolies van Miem en Gertie se onvermoë om die werklikheid te sien.
  • Hulle leef in hul eie eng wêreldjie waarin alles vir hulle ‘n bedreiging inhou en
  • as hulle iets nie verstaan nie (soos die verdwyning van die meisies), heg hulle vinnig hul eie interpretasie daaraan.
  • Hulle staar hulle blind teen die feite/realiteite soos een wat deur ‘n mistigheid na iets kyk.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Bespreek hoe die betekenis van mis as “verkeerd” in die stuk uitgebeeld word:

A
  • Beide Miem en Gertie het dit mis as hulle dink die ander meisies is vermoor.
  • Hulle het dit ook mis as hulle dink hulle kan regtig die ‘boosheid’ waarvoor hulle so bang is, besweer deur deure en vensters te grendel.
  • Hulle het dit mis as hulle glo dat die Konstabel hulle regtig gaan beskerm.
  • Dit gaan om ‘n ‘misverstaan’ van sake.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Bespreek hoe die betekenis van mis as “alledaagse boersheid” in die stuk uitgebeeld word:

A
  • Die emmer wat menslike uitskot stort, is simbolies hiervan. Dit besmet hul hele bestaanswêreld.
  • Voorbeelde hiervan in die toneelstuk is dat Gertie onbeskaamd vir Miem en Meisie van die ‘fratse’ in die sirkus vertel.
  • Ook Miem wat van haar korset ontslae raak en vir die Konstabel sê dat sy ‘n man mis (omdat haar man 7 jaar gelede ‘opgegaan’ het), is redelik boers en grof.
  • Wanneer Miem vir Meisie aan Konstabel wil verkoop deur hom van die breedte van haar heupe te vertel, sien ‘n mens dat die boerse onderstroom in die toneelstuk in kontras staan met Miem en Gertie se Calvinistiese moraliteit.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Bespreek hoe die betekenis van mis as “die nagmaal” in die stuk na vore gebring word?

A
  • Die betekenis van Meisie se voorstellingsrok (wat aan die einde van die toneelstuk gedra word), is relevant.
  • Na jou voorstelling, aanvaar die kerk ‘n persoon as ‘n volwassene, en dan kan jy Nagmaal begin gebruik. Jy is dus in die oë van die kerk volwasse.
  • Meisie se ma sien haar nie in dieselfd lig nie en oorbeskerm haar eerder.
  • Die reinheid wat die wit rok suggereer, kan wys op die huwelik, wat opsigself weer die begin van ‘n nuwe lewe is.
  • Vir die Christen is Nagmaal die begin van nuwe lewe - die dood en opstanding van Christus, en lewe vir ons.
  • Dit sluit aan by Miem se verwysing dat haar man, Gabriël, ‘opgegaan’ het. (Amper ‘n soort hemelvaart). Sy glo ook dat hy hulle nie in die steek sal laat as iets verkeerd loop nie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Bespreek hoe die sakke mis simbolies in Mis gebruik word:

A
  • Die sakke mis sluit aan by die bekrompe, eng en geïsoleerde lewe wat Meisie het waarvan sy wil ontsnap.
  • Sy het nie ‘n normale jongmeisielewe nie, omdat daar nie kêrels vir haar kom kuier nie.
  • En as daar kêrels kom kuier, jaag die stank van die mis hulle weg.
  • Haar kanse van ontsnapping uit haar geïsoleerde lewe is baie min en die altyd teenwoordige sakke mis, simboliseer dit.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Bespreek hoe die appel simbolies in Mis gebruik word:

A

Die appel is simbolies die vrug van verleiding.

  • Daar is ‘n appel in die konstabel se sak, en wanneer hy dit uithaal en eet, word dit ‘n simboliese vooruitwysing na die feit dat Konstabel Meisie gaan ‘verlei’ om die huis te verlaat – net soos Eva in die paradys verlei is om verbode vrugte te eet.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Beskryf die maatskaplike en ekonomiese toestande van die Groot Depressie waarteen die drama Mis afspeel.

A
  • Op ‘Swart Donderdag’, 25 Oktober 1929, het die New Yorkse aandelebeurs in Wall Street in duie gestort.
  • Die pryse van landbouprodukte het in duie gestort.
  • Die landboubedryf die swaarste getref.
  • Wol, een van die land se grootste uitvoerprodukte, het feitlik waardeloos geword. Ander landbouprodukte het gevolg.
  • SA is ook deur een van die grootste droogtes ooit geteister.
  • Baie boere het in die verlede, hul plase oorgekapitaliseer.
  • Boere het bankrot gespeel toe die banke die verbande begin opeis het.
  • Boere het geen heenkome gehad nie en het na stede begin trek op soek na werk.
  • Industrieë is net so swaar getref.
  • Werkloosheidsyfer het die hoogte ingeskiet.
  • Mense het na myne begin trek in die hoop om werk te kry, en die ondergrondse werk het gesondheidsrisiko’s ingehou.
  • Dit was die begin van die ‘armblankevraagstuk’.

Mis speel in die Depressiejare af toe die Afrikaner groot armoede beleef het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Verduidelik hoe Miem deur die Groot
Depressie beïnvloed is:

A
  • Miem moet sonder haar man ‘n sukkelbestaan op die kleinhoewe voer.
  • Sy en Meisie werk goiingsakke aanmekaar wat hulle vol mis maak en dan aan die boere verkoop vir ‘n inkomste.
  • Miem moet noodgedwonge die leiding in die huishouding neem, omdat Gabriël op die solder is.
  • Sy mis haar man en mansgeselskap en erken aan die konstabel dat dit vir haar moeilik is om so sonder ‘n man te bly.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Verduidelik hoe Meisie deur die Groot Depressie beïnvloed is:

A
  • Agv armoede is daar nie geld vir Meisie vir mooi rokke en dinge waarvan ‘n jong meisie hou nie. Sy kry net een nuwe rok per jaar.
  • Sy leef afgesonderd saam met haar ma omdat al haar tyd in beslag geneem word deur haar take by die huis.
  • Sy moet Miem help om goiingsakke vol mis te maak, die huis aan die kant te maak en a.g.v. die stank van die mis elke dag klere was en stryk.
  • Sy het nie veel van ‘n sosiale lewe nie omdat die mis se stank enige voornemende kêrels afskrik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Verduidelik hoe Gabriël deur die Groot Depressie beïnvloed is:

A
  • As gevolg van die Depressie het Gabriël sy familieplaas en al die diere (vark, skaap en bees) verloor.
  • Hy het net genoeg geld oorgehad om ‘n kleinhoewe en die pondokkie/huisie te koop waar hulle tans bly.
  • Dit is as gevolg van die armoede van die Depressie dat Gabriël op die solder sit.
  • Hy kon nie die finansiële terugslag hanteer nie en het ontsnap na die solder.
  • Dit is sy manier van bevryding en om die realiteit van sy situasie te ontvlug.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Waarom sal Gertie sê ‘jy weet vanaand is nie ‘n aand om alleen te wees nie’?

A
  • Dit is die aand van 31 Augustus.
  • Op hierdie nag het daar elke jaar vir die afgelope twee jaar ‘n jong meisie verdwyn.
  • Die vrees dat dit weer gaan gebeur veroorsaak dat Gertie na Miem se huis toe vlug.
17
Q

‘n Uil wat roep, is tradisioneel ‘n teken van onheil.
Verduidelik hoe die verwysings na uile by die tema van beswering in Mis aansluit.

A
  • Miem glo alles buite die huis is boos en onveilig.
  • Sy en Gertie glo aan ‘n moordenaar wat gaan toeslaan.
  • Meisie moet beskerm word teen die bose/onheil wat buite rondloop.
  • Miem wil die bose besweer deur Meisie binne die huis te hou om haar veilig te hou.
  • Nadat sy die uil gehoor en dit as ‘n teken van onheil geëien het, vlug Gertie na Miem se huis vir beskerming teen die boosheid wat gaan toeslaan.
  • Dit is ironies aangesien ‘die bose’ (Konstabel) juis toeslaan in die plek wat sy as ‘n veilige hawe sien (Miem se huis.)
  • Meisie is so bang, dat sy alle vreemde geluide wat van buite af kom vrees.
  • Die uil wat sy voor haar venster buite die huis hoor, word deel van die onheil/bose wat besweer moet word.
  • Teen die slot van die drama weet ons dat die roep van die uil buite Meisie se venster ‘n waarskuwingsteken was.
18
Q

Bespreek hoe die geluid van die wind gebruik word om atmosfeer en betekenis oor te dra.

A
  • Die klank van die wind dra by om die gemoedstemming te weerspieël.
  • Dit beklemtoon die onheil wat buite rondbeweeg.
19
Q

Noem die 3 tipes wind wat in Mis aangetref word:

A

  • *Huil**wind
  • *Sagte** vlae wind
  • *Harde** vlae wind
20
Q

Bespreek hoe die huilwind gebruik word om atmosfeer en betekenis oor te dra:

A
  • Die huilwind beeld Meisie se melancholiese/hartseer gemoedstoestand uit en verleen ‘n spookagtigheid aan die drama.
  • Dié wind klink soos fluisterstemme of soos lokkende roepstemme van buite af.
21
Q

Bespreek hoe die sagte vlae wind gebruik word om atmosfeer en betekenis oor te dra:

A
  • Hierdie vlae wind klink soos sagte, lokkende roepstemme van buite af.
  • Dit simboliseer Meisie se behoefte om vry te wees, om na buite te gaan.
  • Dat die wind in vlae waai, toon dat haar behoefte net soms na vore kom.

Sagte vlae wind wat met Meisie se vertelling saamgaan oor hoe sy die sirkus skelm besoek het.

22
Q

Bespreek hoe die harde vlae wind gebruik word om atmosfeer te skep en betekenis oor te dra:

A
  • Harde vlae wind tydens Konstabel se vertelling van die sonsverduistering.
  • Hierdie wind gee ‘n bisarre gevoelswaarde aan die vertelling.
23
Q

Waarom sal Meisie vreesbevange wees nadat sy deur die gordyn geloer het?

A

Haar ma (Miem) het haar ten strengste verbied om na die sirkusliggies te kyk.

24
Q

Bespreek hoe die sagte lig van die olielamp gebruik word om die tema daarvan te versterk.

A
  • Die lig van die olielamp kom voor in Miem se kombuis.
  • Dit verteenwoordig haar kille rasionaliteit van reëls en dogma.
  • Die lig skyn in Miem se domein/gebied, maar dis ‘n flou lig van die lamp. Dit kan op swak insig dui.
  • Die stel sal belig word deur ‘n gedempte lig en kolligte sal die area van die olielamp belig sodat dit suggereer dat lig daardeur skyn.
25
Q

Bespreek hoe die flikkerende sirkusliggies in die toneelstuk gebruik word om die tema daarvan te versterk.

A
  • Die gebruik van lig simboliseer ook die sagter, spookagtiger en geheimsinnige, lokkende lig van ‘n sensuele droomwêreld.
  • Dit word uitgebeeld deur die flikkerende sirkusliggies.
  • Dit lok Meisie na die donker daar buite vanuit die beskermende lig van haar ma.
  • Hierdie lig is net so bedrieglik soos Miem se beskermingsdrang self, want die lig is nie volgoende nie.
  • Die sirkusliggies verteenwoordig dus die irrasionele.
26
Q

Wat het Meisie by die sirkus gesien?

A

Meisie het ‘n kulkunstenaar en ‘n meisie (sy assistent) sien optree.

Die meisie moet in ‘n kis klim en die man saag dan deur die kis. Daar is bloed aan die saag. Nadat hy sy mantel oor die kis gegooi het en towerwoorde gesê het, is die meisie weer heel.

Die man maak dan ‘n kou oop en veelkleurige voëls vlieg daaruit.

27
Q

Waarom mag Meisie nie praat oor wat sy by die sirkus gesien het nie?

A
  • Miem het haar verbied om oor die sirkus te praat.
  • Miem glo dat alle dinge buite die huis boos en onveilig is.
  • Sy sien die sirkus as ‘n teken van boosheid en owerspel, en van dekadensie.
  • In haar opinie moet die sirkus besweer word, want dit is iets waarteen almal beskerm moet word.
  • Miem wil vir Meisie beskerm teen hierdie onheil en vir haar ‘n ‘veilige vesting’ bied. Sy grendel alles dig om die boosheid buite te hou.
  • Die vorige keer toe Meisie ongehoorsaam was aan Miem en na die sirkus gaan kyk het, was Miem so ontsteld dat sy vir ‘n week lank siek was – so domineer en manipuleer Miem vir Meisie om weg te bly van die sirkus af.
28
Q

Verduidelik die simboliese betekenis van Meisie se ervaring by die sirkus.

A
  • Meisie beleef hierdie ervaring as vreesaanjaend, maar tog ook fassinerend. Meisie se sirkuservaring weerspieël die tema van bevryding. Sy het die sirkus ervaar as ‘n magiese skouspel waarin spel en werklikheid deur ‘n knap oëverblindery saamsmelt tot ‘n droomwêreld waarin die onmoontlike moontlik word.
  • Die towenaar se kulkuns kan slegs werk as hy die gevange meisie in die kis op ‘n meedoënlose manier benader en daarna weer heel maak. Hierdie gebeure wys dus na die einde van die toneelstuk wanneer Konstabel, as ‘n nar, Meisie op ‘n wrede manier weglok om van haar ‘n vry mens te maak.
  • Die helderkleurige voëls wat uit die kou wegvlieg nadat die meisie uit die kis bevry is, versterk verder die tema van bevryding.
29
Q

Verduidelik Konstabel se impak op Gertie

A

Alhoewel Gertie verby haar hubare jare is, reageer sy soos ‘n jong meisie in hierdie toneel.

  • Sy giggel en deins terug.
  • Later sien ons dat sy amper jaloers reageer op Konstabel se teenwoordigheid in ‘n poging om sy aandag te kry. Sy probeer sy aandag op subtiele wyse bekom deur allerei gunsies. (Sy tel sy stok op, gee koffie aan, ens.)
  • Sy probeer alles in haar vermoë om die ander weg te kry sodat sy alleen met hom kan wees.
  • As Meisie en Konstabel alleen buite is, roep sy hulle in onder die dekmantel dat Meisie sal siek word in die aandlug.
  • Sy wil nog seksueel begeerlik voorkom.
  • Konstabel is bewus van Gertie se verskuilde begeertes, en hy vertel haar van sy ervaring met tant Hannie en begelei haar verbaal in haar fantasiespel as Hannie.
  • Hy dring deur haar konserwatiewe uiterlike en bring dit aan die lig dat sy in werklikheid ‘n onderdrukte en seksueel gefrustreerde vrou is.
  • Hy transformeer haar in hierdie oomblikke van ‘n onaansienlike oujongnooi na ‘n begeerlike warmbloedige vrou, totdat die fantasiespel onderbreek word.
  • Hy lê dus Gertie se Calvinistiese skynheiligheid bloot – uiterlik is sy konserwatief, maar haar innerlike begeerte na seksuele bevryding word deur Konstabel se karakter aan die lig gebring.
30
Q

Verduidelik Konstabel se impak op Miem

A
  • Konstabel verpersoonlik vir Miem die redder uit gekneldheid.
  • Sy sien in hom ‘n moontlike huweliksmaat vir Meisie en feil Meisie skaamteloos aan hom op.
  • Ten spyte van die konserwatiewe beeld wat Miem deurgaans volhou, bring Konstabel haar valse moraliteit aan die lig. Iemand wat regtig so eng soos sy is, sal nie haar dogter op so ‘n blatante manier aan ‘n vreemdeling ‘verkoop’ nie.
  • Konstabel is ook die een wat die seksuele frustrasies wat sy beleef blootstel - sy bieg teenoor Konstabel oor gevoelens wat laatnag in ‘n man se geselskap in haar wakker word.
  • Verder wys Konstabel haar geestelike blindheid uit – aan die einde gebeur juis dít wat sy gevrees het: Meisie verlaat haar. Konstabel wat so deur haar vertrou is, word die adder in die boesem. Sy was te ‘blind’ om dit in te sien.
31
Q

Bespreek die simboliese betekenis van blomme in die drama.

A
  • Daar is etlike blomverwysings in die drama, nl. ‘n blom, blombolle, lente, vrugbaarheid, rose, roosbome, die geur van blomme, vrugtebome wat al bot, die welriekende aandblom. Meisie beveg die stank van die mis deur roosbome onder haar venster te plant.
  • Die blomverwysings dui ook op Meisie as ontluikende blom uit die mis. Dit is simbolies van die seksueel ontwakende meisie (wat vrugbaarheid inhou), en haar maagdelike onskuld. Sy hou die belofte van seksuele bevrugting in.
  • Teenstellend met Meisie wat as ontluikende blom gesien kan word, is Gertie op simboliese vlak die verwelkte blom. Sy wil nog seksueel begeerlik voorkom, en probeer dus innerlike bevryding vind in haar fantasiespel as Hannie. Aanvaar antwoorde wat verwys na lente is die begin van nuwe lewe.
32
Q

Bespreek die betekenis daarvan dat die toneelstuk op die laaste aand in Augustus afspeel.

A
  • Dit is die vooraand van 1 September – lentedag.
  • Lente impliseer nuwe lewe; begin; groei.
  • Albei vorige geheimsinnige verdwyings het ook op die nag van dieselfde datum plaasgevind.
  • Dit impliseer dat hierdie meisies bevry word van hul knellende bestaan en ‘n nuwe lewe tegemoetgaan.
33
Q

Bespreek die betekenis daarvan dat die toneelstuk spesifiek in die aand plaasvind.

A
  • Dit nogal beduidend dat die gebeure in die aand en dan later die nag 24:00 afspeel – die kwade uur van die nag.
  • Dit is egter ook die tyd van die towerwêreld.
  • ‘n Mens sou hier kon verwys na Aspoestertjie wie se koets en perde ook presies om 24:00 sou verander/transformeer.
  • Dit versterk die tema van Meisie se bevryding en transformasie.
34
Q

Bespreek die binneruim

A
  • Die ruimte soos ons dit op die verhoog sien, stel die kombuis van ‘n uiters armoedige huisie voor.
  • Dit is duidelik dat dit in die vroeër jare afspeel: kleredrag, meubels, koolstoof, ens. dui daarop. Die trap na Gabriel se solderkamer.
  • Die huisie is van sink gebou. Daar is deure wat na ander dele lei, bv. die gangdeur wat na die res van die huis lei soos die slaapkamers wat dikwels ter sprake kom.
  • Dan is daar die agterdeur wat na buite lei (vryheid) en die valdeur in die plafon waar Gabriël al jare lank woon (gevangeskap).
35
Q

Bespreek die gesuggereerde binneruimte:

A
  • Hierby sou die solder ook genoem kon word.
  • Al wat van die solder sigbaar is, is net die valdeur.
  • Dit is egter ‘n belangrike ruimte, want Pa (Gabriël) woon al sewe jaar lank daar.
36
Q

Bespreek die gesuggereerde buiteruimtes:

A
  • Hierdie vrolike, misterieuse sirkusruimte met sy liggies staan direk in kontras met die benouende, dofverligte binneruimte.
  • ‘n Ander gesuggereerde buiteruimte is die werf om die huisie. Die kleinhuisie is daar en die hope mis lê daar.