Absurde Teater Flashcards
Noem die temas in Afspraak met Godot:
- K - verlies aan kommunikasie
- W - wag is ‘n noodsaaklike kenmerk*
- V - die vyandigheid van die heelal
- H - hoop
- E - die eksistentiele krisis van lewe en dood
- T - tyd en futiliteit van wag
- V - verstandelike en fisiese agteruitgang
- D - die dood*
- K - kapitalisme
- A - Aftakeling*
- K - die mens is in konflik
*vervat in die ander temas
Verduidelik die tema van die vyandige heelal
Die wêreld word as koud, swygsaam en onverskillig beskou.
Lewe is hopeloos en sinneloos.
- Beklemtoon deur dooie, leë omgewing
- Die boom simboliseer ontworteldheid in hulle apatiese, statiese lewensstaat
Verduidelik die tema van die eksistensiële krisis van lewe en dood:
Die dood word ervaar as:
- Verlossende element uit vyandige heelal
- Die mens se vyand
Verduidelik die tema van hoop
Die mens hoop op iets wat sy lewe betekenis en sin kan gee. Dit word die oorheersende krag in sy lewe.
Hy hoop om sodoende die dood te ontsnap
Simbole van hoop:
- Die klein seuntjie as boodskapper
- Die blare aan die boom
Verduidelik die tema van aftakeling
Daar is deurentyd
- kommunikasiegapings
- fisiese aftakeling
- verlies aan geheue
Bespreek die tema van tyd
“Tyd is ‘n pion waar selgs vorentoe skuiwe moontlik is”
Tog is dit eintlik ‘n illusie:
hy dink hy beweeg vorentoe, maar in die tussentyd is hy besig om agtertoe te beweeg, na die dood
Verduidelik die tema van die mens vasgevang in verhoudings:
Verhoudings kom neer op uitbuiting, maar beide die onderdrukker en die onderdrukte is vasgevang.
Kapitalisme word gekritiseer omdat dit die mens weerhou van die kern van sy bestaan
Verduidelik die tema van die dood:
Paradoks van die dood:
- Eenkant: mens se grootste vyand
- Anderkant: enigste ontsnapping
Bedryf Een:
- Vladimir en Estragon oorweeg selfmoord, omdat hulle verveeld is
- Die sentrale boodskap word vroeg ingelei: “Niks om te doen nie”
- Impliseer: mens leef nie vir vandag nie, maar is gedurig besorg oor wat in die toekoms sal gebeur en dit is dus nie ‘n verrassing dat hy sy lewe wegwens nie
Verduidelik die tema van verlies aan kommunikasie
Agv Geheueverlies kan die karakters nie oor die verlede praat nie:
- Pogings om sin te maak uit die situasie gee anleiding tot onlogiese en meganiese taal
- tsv baie praat, word daar ten einde besef dat min gese is
- Oomblikke van stilte
- Stellings wat greduseer word van volledige sinne tot monosillabiese woorde en uitdrukkings
dui op afwesigheid van betekenis
Bespreek die tema van Fisiese en verstandelike agteruitgang:
- Vladimir en Estragon ly aan fisiese en verstandelike siektes
- dus kan die liggaam nie vir ewig optimaal funksioneer nie
- Hartseer realiteit: vind dit moeilik om enigiets te onthou
- Liggame kom voor as onbetroubare masjien
Bespreek die tema van kapitalisme
Dié tema ontwikkel uit onderstrome en geimpliseerde stellings:
- verhoog die idee dat wêreldse besittings die mens net vervreem van sy fundamentele aard
Bespreek die tema van die futaliteit van wag
Die verbygang van tyd word duidelik deur afwagting op Godot se aankoms
Hulle wag verniet, dus is hulle lewe betekenisloos soos die dood self
Tyd hou die karakters gevange
Enigste teken van tyd wat verbygaan is die boom wat ‘n paar nuwe blare bykry teen die tweede bedryf, sowel as die fisiese verandering in Pozzo en Lucky.
Dit bekletoon die eindeloosheid van die proses van wag
Die lyding en manier waarop daar gewag word soos deur die karakters en gehoor ervaar word, saam konstante herhaling van tyd, maak die tyd tydloos.
Noem kenmerke van Absurde Teater:
- Breë komedie, dikwels soortgelyk aan Vaudeville, gemeng met gruwelike of tragiese beelde;
- karakters is gevang in hopelose situasies gedwing tot herhalende of sinnelose optrede
- dialoog is vol clichés, woordspelings, en **nonsens, **onlogiese gesprekke en onderbeklemtoning
- Gebrek aan definitiewe plot struktuur, en “plots” wat sikliese of onnodig uitgebreid is,
- ‘n parodie of ontslag van realisme en die konsep van die “well-made play”.
- Ondersoek van die relatiwiteit van die waarheid
- Futiliteit
- Die mensdom se vergeefse stryd teen die noodlot
- Ontoereikendheid van kommunikasie
- Non-sequiturs
- Onstabiliteit van die karakters / gebrek aan duidelike karakterisering
- Afwesigheid, leegheid, leegte, en onopgeloste raaisels is sentrale kenmerke in baie Absurde plotte
- Dikwels is daar ‘n dreigende buitenste krag/mag wat ‘n raaisel bly