Absurde Teater Flashcards
Gee jou opstelinleiding vir Absurde teater: Die agtergrond
Aburdisme was ‘n reaksie op die tye. Na die einde van 1945 en die Tweede Wêreldoorlog: Lewe het alle betekenis verloor Algemene gevoel van hopeloosheid en sinloosheid Twyfel aan geloof (Alleen gevoel in ‘n wêreld sonder God) Twyfel aan dit waarin hy voorheen onwrikbaar geglo het. Gruweldade van die Tweede Wêreldoorlog - Uitwissing van 6 miljoen Jode & atoombom -, het hul laat twyfel aan geloof en waardes. Dramaturge is beinvloed deur die eksistensiële filosowe wat die mens se bestaan as onlogies, doelloos, arbitrêr en wreed gesien het.
Gee jou opstelinleiding vir Absurde teater: hoe die absurde gevoel weerspieel is:
Absurde dramaturge weerspieël gevoel van leegheid, wanhoop en futliteit in hul dramas deur die karakters, die vorm en struktuur van die dramas en hul temas, ruimtes en inkleding.
Verduidelik die struktuur van Absurde teater
Geen eienskappe van die ‘well made play’ nie. Geen krisis wat deur die intrige veroorsaak word nie, Nie ‘n tradisionele klimaks nie, geen ontdekkings of wendings geen goedgeronde/drie-dimensionele karakters nie. Intrige/plot voldoen nie aan die tradisionele struktuur nie. Die eenheid van tyd, handeling en plek word ontwrig en verplaas met ‘n wêreld wat nie in harmonie is nie. Dit is nie logies of linieêr nie, Herhalend om te wys dat ‘n lewe sonder betekenis, sonder ‘n fokus is. Sikliese struktuur kommunikeer die tekort aan ontwikkeling of resolusie/oplossing. Nie verbind tot die voorstelling van gebeure, die vertel van ‘n storie of die uitbeelding van ‘n karakter nie, maar wel tot die voorstelling van individue binne ‘n situasie. Die struktuur gee aan die gehoor die ervaring van ‘n lewe wat binne ‘n sinlose heelal gelei word.
Verduidelik die karakters binne Absurde teater
Karakters verteenwoordig abstraksies van die menslike natuur en ingeteldheid Nie ‘n spesifieke patroon nie, maar die mensdom in die algemeen. Verskyn gereeld in pare, gebaseer op die paar-/dubbel-vertonings van Vaudeville of die ‘music hall’ komediante. Baie keer in ‘n meester/slaaf-verhouding. Deur die dualitiet/tweeslagtigheid word ‘n funksionele mens in ‘n disfunksionele wêreld geskep. Beide is op mekaar aangewese, afhanklik van mekaar, en kan dikwels nie ‘n bestaan sonder die ander oorleef nie. Nie gode of helde nie. Eerder anti-held wie se karakter uit gebreke bestaan. Vergroot Nie ‘n spesifieke identiteit nie Word gereeld as vervelig beskou. Gehoor word nie ingelig oor die karakters se geskiedenis/verlede nie – hulle het geen verlede nie en ons kry geen aanduiding van wat hul toekoms mag inhou nie. Nie ‘regte’, oortuigende karakters nie, want dit is irrelevant tot die begrip van die drama. In Beckett se Afspraak met Godot is die karakters twee boemelaars. Met kontrasterende persoonlikhede. Hul verbintenis met mekaar word op gewoonte gebaseer. Hulle is slagoffers van ‘n onaangename, gure omgewing en kom voor as gevange binne hul situasie.
Verduidelik die taal binne Absurde teater
Taal fokus op die onvermoë van taal om die gaping tussen karakters te oorbrug. Innerlike leegheid van die karakters word weerspieël in hul betekenlose gebabbel en clichés. Taal is onpersoonlikend, outomaties en betekenisloos. Praat sonder invloed. Nuwe woorde word geskep om poging om te kommunikasie te wys; Banale daaglikse gesprekke word gemeng met literêre taal Woordspeling, clichés, slag en herhaling word vermeng met poëtiese taal Skielike verandering in die linguistiese styl breek die atmosfeer van die oomblik
Verduidelik die dialoog in Absurde Teater
• Onvoltooide sinne • Non sequiturs (‘n stelling of gevolgterkking wat nie logies volg op wat vooraf gesê is nie) • Pouses • Meganiese herhalings • Clichés • Onlogiese monoloë • Foutiewe taalgebruik • Weerspreking • Stiltes is soos die gesproke woord ‘n belangrike vorm van kommunikasie Betekenlose gesprekke en oppervlakkige kommentaar word gesien as ‘n ontvlugting van die verveling van die lewe; Satire word gebruik om met die menslike kondisie te spot; Komedie, tragedie en humor word vermeng, Kontraste word gebruik om sekere kwessies te benadruk Geen sentimentaliteit oor die menslike kondisie word uitgespreek nie stigometie (‘n vinnige wisseling in dialoog) word gebruik; Halende dialoogstyl word aangewend om die sikliese aard van die lewe te beklemtoon; Nou en dan is daar kragtige toesprake wat fokus op die realiteit van die menslike kondisie.
Verduidelik die dramatiese handeling in Absurde Teater
• Tradisionele dramatiese handeling ontbreek. • Die intrige volg nie die tradisionele struktuur en vorm nie. • Handel nie oor ‘n afgeronde storie nie en bestaan nie uit ‘n begin, middel en einde nie. • Handeling is doelbewus on-dramaties. Nie logies of lineêr nie, maar sirkulêr en herhalend om te wys dat ‘n lewe sonder betekenis nie ‘n fokus het nie of direk na ‘n spesifieke doelstelling beweeg nie. • Is nie begaan oor die voorstelling van gebeure, of die vertelling van ‘n storie nie, of die uitbeelding van ‘n karakter nie, maar dit gaan eerder oor die aanbieding van idividue binne ‘n sekere situasie/omstandighede. • Oppervlakkige handeling is niks meer as ‘n ‘dekmantel’ vir stagnering nie. • Konflik is meestal intern en speel uit as ‘n futiele (sinlose) stryd tussen tyd en ewigheid. • Dikwels geskryf sonder ‘n storielyn of intrige (plot) wat daardoe bydrae om die idee te beklemtoon dat alle mense slagoffers is van ‘n betekenislose bestaan waarin tyd en ontwikkeling geen ware betekenis of waarde het nie.
Verduidelik die algemene temas in Absurde Teater
• Ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd). • Gevoel van die tragiese pyn en kompleksiteit wanneer die mens bewus word van sy eie self in die meedoënlose proses van herstel en afbreek wat voorkom met die verloop van tyd (tyd). • Kompleksiteit van kommunikasie tussen mense (taal). • Oneindige soeke na realiteit in ‘n wêreld waarin alles onseker is en waar die grens tussen droom en werklikheid voortdurend skuif. • Tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfbedrog van vriendskap. • Die mens se vrees in die aangesig van totale betekenisloosheid. Totale vormloosheid van die heelal en al die gebeure waaruit dit saamgestel is. • Die mens is alleen, verlore in ‘n wêreld waarin God hom verlaat het. • Wetenskap en rede (die verstand) is bedrieglik (illusies). • Die natuur het sy wraak geneem op die mens. • Die enigste sekerheid is die dood, dit is die finale daad van absurditeit. • Kommunikasie is nie langer moontlik nie.
Temas in Afspraak met Godot: Die vyandige heelal
In Afspraak met Godot beeld Beckett die wêreld uit as ‘n koue, passielose, stil ruimte van onsekerheid. Binne hierdie konteks word Beckett se idees van die lewe aangebied dat alle dinge uiteindelik tot ‘n einde moet kom.
Temas in Afspraak met Godot: Dood
Die idee van die dood in die drama word op ‘n paradoksale manier aangebied. Aan die een kant is die dood die mens se grootse vyand, ‘n einde aan alles. Aan die ander kant is dit die enigste ontsnapping of manier van ontsnapping van die vyandige heelal. Die absurditeit van die dood word beklemtoon in Bedryf Een wanneer Vladimir en Estragon selfmoord oorweeg omdat hulle niks meer het om te doen nie. Die sentrale boodskap word vroeg in die drama deur Estragon se woorde ingelei: ‘Niks om te doen nie’. Dit impliseer dat in plaas daarvan om vir vandag te lewe, is die mens gedurig besorg oor wat in die toekoms sal gebeur en dit is dus nie ‘n verrassing dat hy sy lewe wegwens nie.
Temas in Afspraak met Godot: Hoop
Die konsep van hoop kom waar die twee hoofkarakters wat, alhoewel bevrees en onseker oor hul situasie, bereid is om te wag vir iemand om betekenis en doen aan hul lewe te bring. Die karakters wag vir ‘n teken wat aandui dat hulle van die dood vrygeskeld word en dat daar inderdaad ‘n toekoms sal wees.
Temas in Afspraak met Godot: Verlies aan kommunikasie
As gevolg van hul geheuverlies, kan die karakters nie oor die verlede praat nie. Hulle pogings om sit te maak uit hul situasie gee aanleiding daartoe dat hulle onlogiese en meganiese taal gebruik. Ten spyte daarvan dat die karakters baie praat, besef die gehoor dat hulle teen die einde van die drama min gesê het. Die oomblikke van stilte, saam met die stellings wat gereduseer word van volledige sinne tot enkel, monosillabiese woorde en uitdrukkings, dui op die afwesigheid van betekenis.
Temas in Afspraak met Godot: Fisiese en verstandelike agteruitgang
Die feit dat beide Vladimir en Estragon aan fisiese en verstandelike siektes ly, dui daarop dat die liggaan nie vir ewig optimaak kan funksioneer nie. Die hartseer realiteit is dat hulle moeilik vind om enigiets te kan onthou, en hul liggame kom voor as ‘n betroubare masjien.
Temas in Afspraak met Godot: Kapitalisme
Die tema van kapitalisme, wat ontwikkel uit onderstrome en geimpliseerde stellings, verhoog die idee dat wêreldse besittings die mens net vervreem van sy fundamentele aard.
Temas in Afspraak met Godot: Tyd en die futaliteit van wag
Die verbygang van tyd word duidelik wanneer die karakters in afwagting wag op Godot se aankoms. Die feit dat hulle verniet wag, maak hulle lewe betekenisloos soos die dood self. Tyd hou die karakters gevange, alhoewel dit voorkom of hulle vooruit in tyd beweeg, beweeg hulle terug na hulle dood. Die enigste teken dat tyd verbygaan, is die boom wat ‘n paar nuwe blare bygekry het teen die Tweede Bedryf, sowel as die fisiese veranderinge in Pozzo, wat blind geword het, en Lucky, wat stom geword het. Dit beklemtoon die eindeloosheid van die proses van wag. Die lyding en die manier waarop daar gewag word soos deur die karakters en die gehoor ervaar word, saam met die konstante herhaling van tyd, maak die tyd tydloos.