Menslike Hulpbronne Flashcards
Wat is die definisie van Werwing?
Proses wat besighede gebrek om openings in die besigheid the identifiseer en die beste kandidaat daarvoor te lok.
Mik om die kandidaat te vind met nodige kennis om die pos te vul.
Besighede kan interne/eksterne werwing gebruik, afhanged van die vereistes van die opening.
Dis n deurlopende proses as werknemers bevorder word of die werk verlaat.
Beskryf die Werwings Prosedure.
MHB berei n posbeskrywing voor om werwings behoeftes te identifiseer.
MHB moet die posbeskrywing en posspesifikasies aandui om die geskikte kandidaat te kry.
Berei n posontleding voor wat die posbeskrywing en posspesifikasies insluit.
Besluit op Interne-werwing om die geskikte kandidaat in die besigheid te kry.
As Interne-werwing onsuksesvol is moet eksterne-werwing oorweeg word.
As eksterne-werwing gedoen word moet die werwingsbron gekies word bv koerant.
Berei n advertensie voor met die relevante inligting.
Plaas advertensie in toepaslike media wat sal verseker die beste kandidaat doen aansoek.
Wat is die verskil tussen posbeskrywing en posspesifikasies?
Posbeskrywing:
Beskryf pligte/verantw van spesifieke werk.
Skriftelike beskrywing van die werk se vereistes.
Beskryf die sleutelprestasie areas vir die spesifieke werk.
Posspesifikasies:
Spesifiseer die minimum aanvaarbare kwalifikasies nodig vir die werk.
Skriftelike beskryfwing van die spesifieke ervaring nodig vir die werk.
Beskryf die sleutelvereistes van die persoon wat die posisie sal vul.
Wat is Interne Werwing? Noem die bronne.
Interne Werwing: Gebruik van Interne bronne om vaketures in die besigheid te adverteer.
Bronne: Oorvertel, Besigheids nuusbrief, kennisgewing bord van die besigheid, koppejag, interne bulletins, interne bestuursverwysings, Aanbevelings van huidige werknemers.
Eksterne Werwing: Gebruik van Eksterne bronne om vaketures buite die besigheid te adverteer.
Bronne: Werwingsagentskap, advertensieborde, plakate, koppejag, gedrukte-, sosiale-, elektroniese- media, netwerke.
Wat is die Voordele en Nadele van Interne Werwing?
VOORDELE:
- Vinniger om poste te vul, maklike plasing want bestuur ken klaar die werknemer se vaardighede en sterkpunte.
- Bied geleenthede vir loopbane binne die besigh.
- Opleiding is nie altyd nodig want werknemer her reeds begrip van die besigheid.
- Verminder die kanse om werknemers te verloor omdat toekomstige loopbaan vooruitsigte beskikbaar is.
NADELE:
- Aansoeke is beperk tot bestaande personeel.
- Kan deur toemaak vir nuwe idees van buitestaanders.
- Werknemers wat nie bevorder word nie kan gedemotiveerd voel.
- Bevordering van werknemer kan jaloesie onder werknemers veroorsaak.
Wat is die Voordele en Nadele van Eksterne Werwing?
VOORDELE:
- Groter aantal kandidate om van te kies.
- Nuwe kandidate bring nuwe idees na die besigh.
- Beter kans om geskikte kandidaat te kry met vaardighede wat nie baie opleiding kort nie.
- Min konflik wat huidige werknemers mag he wat ook aansoek gedoen het vir pos.
NADELE:
- Kan baie duur wees bv advertensie in koerante.
- Inligting oor CV’s kan onbetroubaar wees.
- Baie ongeskikte aansoeke kan die keuringsproses vertraag.
- Nuwe kandidate kan lank vat om aan te pas by nuwe werk omgewing
Verduidelik die Keurings Prosedure.
- Ontvang dokument bv aansoekvorms, sorteer volgens kriteria van werk.
- Evalueer CV en skep n kortlys/sif aansoeke.
- Gaan inligting en kontakverwysings na in CV’s.
- Doen voorlopige siftende onderhoud om aansoeke wat ongeskik is vir die werk te identifiseer, al voldoen hulle aan die vereistes.
- Toets kandidaat wat aansoek doen vir senior bestuurpos om te verseker beste kandidaat word gekies.
- Voer onderhoud met kortlys kandidate uit.
- Bied werk aan gekose kandidaat, skriftelik.
- Sifting as deel van die keurings Prosedure.
Wat is die Doel van n onderhoud?
- Verkry inligting oor sterk en swakpunte van elke kandidaat.
- Help werkgewer om ingeligte besluite te neem oor mees geskikte kandidaat.
- Om kandidaat se geskiktheid vir die werk te bepaal.
- Evalueer vaardighede en persoonlike eienskappe van die aansoeker.
Wat is die Rol van die Onderhoudvoerder Voor die onderhoud?
- Moet kern stel vrae ontwerp op grond van vaardighede wat benodig word.
- Kontrolleer CV van elke kandidaat vir enige jets wat moontlik verduidelik moet word.
- Bespreek en berei voor n lokaal vir die onderhoud.
- Stel onderhoud datum en verseker dat elke onderhoud op dieselfde dag plaasvind.
- Lig alle kortlys kandidate in kennis van datum en plek van die onderhoud.
- Beplan program vir onderhoud en bepaal die the wat aan elke kandidaat toegeken moet word.
- Lig alle paneellede in wat die onderhoud voer oor die datum/plek van die onderhoud.
Wat is die Rol van die Onderhoudvoerder Tydens die onderhoud?
- Ken elke kandidaat dieselle hvlh tyd toe.
- Stel lede van die onderhoudspaneel bekend aan elke kandidaat.
- Stel die kandidaat gerus.
- Verduidelik die doel van die onderhoud aan die paneel en die kandidaat.
- Moenie die ondervraagde mislei nie.
- Vermy diskriminerende vrae.
- Verskaf geleentheid vir ondervraer om vrae te vra.
- Sluit die onderhoud deur die kandidaat te bedank vir die onderhoud.
Wat is die Rol van die Kandidaat Tydens die onderhoud?
- Groet die onderhoudvoerder met die naam, stewige handdruk en glimlag.
- Luister noukeurig na vrae voor jy reageer.
- Maak oogkontak en hou goeie lyftaal.
- Vra duidelikheids vrae.
- Wees neskurig en toon belangstelling in besigheid.
- Toon respek, behandel onderneming met nodige belang.
- Wees eerlik oor flute en se hoe jy dit hanteer het.
- Ken jou sterk en swakpunte en wees bereid om dit te bepreek.
Wat is in n Dienskontrak?
- Datum van indiensneming.
- Vergoeding.
- Verlof.
- Kontrakperiode.
- Proeftydperk.
- Titel/posisie.
- Byvoordele/toelaes.
- Posbeskrywing.
- Posspesifikasie.
Gee 6 redes hoekom n Dienskontrak sal eindig.
- Onbevredigende werksuitvoering
- Wangedrag
- Bedanking
- Aftrede
- Aflegging
- Afsterwe
Wat is die Regsvereistes van n Dienskortak?
- Werkskontrak is n ooreenkoms tussen n werknemer en werkgewer en is wetlik bindend
- Werknemer en werkgewer moet instep op enige verandering in die kontrak.
- Werknemer en werkgewer moet die kontrak teken.
- Dienskontrak moet die etiese en gedragskode insluit
Verduidelik wat Induksie is.
- Nuwe werknemers moet vertroud wees met nuwe fisiese omgewing.
- Verseker dat werknemers goed vertroud is met besigheid veiligheid regulasies en reels.
- Werknemers moet ingelig word oor prosedures van die besigheid.
- Moet Basiese kennis he van wat in die werk verwag word.