Materie en Materiale: Sure en Basisse Flashcards
wat is ‘n suur? (4 punte)
Sure proe suur. Sure is algemeen. Sure word as bytmiddels geklassifiseer. Bytmiddels is ‘n chemiese middels wat ander stowwe kan wegvreet of wegbrand.
Noem twee tipes sure met voorbeelde
Huishoudelike sure: suurlemoensap asyn suur melk Mineraalsure: Soutsuur (swembadsuur) Swawelsuur (battery suur) Salpetersuur
Noem die eienskappe van sure
Proe suur
kan ander stowwe wegvreet of wegbrand
kan ander stowwe van kleur laat verander bv. beetsap en tee.
verander die kleur van indikator, bv. lakmoes word pienk.
KAN ‘N BASIS NEUTRALISEER
los maklik in water op
Hoekom is die verdunning van sure gevaarlik?
die temperatuur van suuroplossings styg wanneer dit met water verdun word. sterk sure se temperatuur stug baie vinnig baie hoog so die suur kan uit die beker spat of die houer kan bars.
Verdunning: Suur by die water of water by die suur?
ALTYD SUUR BY DIE WATER
Wanneer vorm basisse
‘n metaal in suurstof brand–metaaloksied
‘n metaaloksied in water oplos–metaalhidroksied
Noem die eienskappe van basisse
voel seperig
proe bitter
kan ander stowwe van kleur laat verander bv. beetsap en tee
verander die kleur van ‘n indikator, bv lakmoes word blou.
KAN SUUR NEUTRALISEER
Watse tipe reaksie vind plaas tussen metaal en suur
Eksotermiese, dit stel energie vry in die vorm van hitte vry
gee die definisie van neutralisasie
‘n Chemiese reaksie waartydens ‘n suur met ‘n basis reageer om ‘n sout en water as produkte te vorm.
suur+basis—>a
suur+b—>sout+water
a. sout+water
b. metaaloksied
Neutralisasie-reaksies het die volgende eienskappe:
- die suurheidsgraad van ‘n suur verlaag en die Ph verhoog
- die basiese eienskappe van ‘n alkali verlaag en die Ph verlaag
- energie word in die vorm van lig en hitte vrygestel. dis ‘n eksotermiese reaksie
- Die suurmolekule verloor ‘n waterstof tydens neutralisasie
- Tydens die reaksie vervang die metaal van die basiese metaaloksied die waterstof in die suur om sout te vorm
- Die waterstof vanaf die suur en die suurstof vanaf die metaaloksied (basis) vorm water.
noem ‘n toepassing van neutralisasie in die daaglikse lewe
Suurreen: Doen akt 11 op bl 204-205
metaaloksied+water–> ?
metaalhidroksied
Is metaaloksied ‘n suur of basis?
alkalies (basis)
suur+metaaloksied–> ?+?
sout+water