Materie en Materiale: Metale en Nie-Metale Flashcards
Indikators definisie
Chemiese stowwe wat van kleur verander wanneer dit met ‘n suur of alkali in aanraking kom
Benoem die indikators se kleure in: (rooi lakmoespapier) suur basis neutrale medium
suur: rooi
basis: blou
neutraal: pers
Benoem die indikators se kleure in: (blou lakmoespapier) suur basis neutrale medium
suur: rooi
basis: blou
neutraal: pers
Benoem die indikators se kleure in: (broomtimolblou) suur basis neutrale medium
suur: geel
basis: blou
neutraal: groen
Benoem die indikators se kleure in: (fenolftaleien) suur basis neutrale medium
suur: kleurloos
basis: pienk
neutraal: kleurloos
Benoem die indikators se kleure in: (universiele indikator) suur basis neutrale medium
suur: rooi, oranje, geel
basis: blou, pers, violet
neutraal: groen
Verduidelik pH kortliks. (3 punte)
pH is ‘n numeriese waarde (0-14) wat die graad van suur- of basiseienskappe van ‘n stof aandui.
suur- laer as 7
neutraal- 7
basis- bo 7
Watter elemente kom die meeste op die aarde voor?
Metale
Metaaloksied definisie
Die produk wat vorm as ‘n metaal met suurstof reageer.
Wat beteken korrosie en gee die definisie
Wegvreting. Dis die proses waar die blootgestelde oppervalk van ‘n metaal met suurstof reageer om metaaloksied te vorm.
Noem twee voorbeelde van korrosie (wegvreting)
Natrium+suurstof —> natriumoksied
sink+suurstof —> sinkoksied
magnesium+suurstof —> magnesiumoksied
Wat is roes?
Dit is ‘n stadige chemiese reaksie van yster met suurstof wat met water verbind om ysteroksied te vorm
Chemiese vergelyking vir roes
4Fe+3O2+xH2O—>2Fe203 (maal) xH2O
wat is nodig vir yster om te roes
water
suurstof
Wat beinvloed die tempo van roes?
Soute in die water bv. by die see (vinniger)
Lae pH- suurder toestande (vinniger)
onsuiwerhede in yster (stadiger)
die hoeveelheid suurstof en en ander ione met die yster in kontak kom (vinniger)