KW3: Potensiele en Kinetiese Energie Flashcards
Verduidelik wat is Potensiele Energie en gee ‘n voorbeeld.
Potensiele Energie is die energie wat in ‘n stelsel gestoor word.
Bv. Kos, fossielbrandstowwe, ‘n beker wat opgelig word
Verduidelik wat is Kinetiese Energie en gee ‘n voorbeeld.
Kinetiese energie is die energie van ‘n bewegende voorwerp.
Bv. ‘n hond wat hardloop, ‘n kar wat ry, ‘n kind wat ‘n bal gooi
Wat is ‘n stelsel?
Dit is ‘n stel dele wat saamwerk as ‘n eenheid of geheel. ‘n Verandering in een deel van die stelsel het ‘n uitwerking op die ander dele in die stelsel.
Noem die 3 verskillende tipes Potensiele Energie
- Elastiese PE (bv. wanneer jy ‘n rubberrekkie uitrek)
- Posisionele PE (bv. ‘n fotoraam wat op ‘n kas staan)
- Chemiese PE (bv. hout wat brand of kos wat ons eet)
Noem die 4 verskillende energie stelsels
- Meganiese stelsels
- Termiese stelsels
- Elektriese stelsels
- Biologiese stelsels
Wat is die 3 stappe van Energie-oordrag in ‘n stelsel?
- Invoer-energie: Waar kom die energie vandaan?
- Energie oordrag: Beweeg die energie van een stelsel na ‘n ander?
- Uitvoer-energie: Waarheen gaan die energie?
In watter eenheid word Energie gemeet?
Joules (J)
Noem die Wet van Energiebehoud.
Energie kan nie geskep of vernietig word nie. Dit kan sleg omgesit word van een vorm na ‘n ander.