KW3: Bronne van Energie Flashcards

1
Q

Wat is Hernubare energie?

A

Dit is bronne van energie wat herwin of hergebruik kan word.

Bv. hout

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Was is Nie-hernubare energie?

A

Dit is bronne van energie wat nie herwin kan word nie. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid en as dit op is, is dit op.

Bv. fossielbrandstowwe en kernbrandstowwe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is fossielbrandstowwe?

A

Dit is stowwe wat oor miljoene jare gevorm het van die oorblyfsels van prehistoriese plante en diere.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Gee drie voorbeelde van fossielbrandstowwe.

A
  1. Steenkool
  2. Olie
  3. Aardgas
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Wat is kweekhuisgasse?

A

Dit is ‘n mengsel van gasse in ons atmosfeer wat help om die aarde se temperatuur te beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Hoe dra mense by tot aardverwarming?

A

Mynwese en Landbou dra by tot die vrystelling van metaan gasse in the atmosfeer. Ontbossing lei tot te veel afkap van bome. Gesamentelik skep dit ‘n wanbalans in die hoeveelheid kweekhuisgasse in die atmosfeer wat direk lei tot ‘n verhoging in die aarde se temperatuur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is Kernbrandstowwe?

A

Dit is stowwe soos Uraan wat gebruik word om energie op te wek deur kernreaksies te laat plaasvind soos om die kerne uitmekaar te breek (splitsing) of teen mekaar te laat bots (samesmelting).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Noem ‘n paar voordele van die gebruik van kernbrandstowwe in plaas van fossielbrandstowwe.

A
  1. Kernbrandstowwe laat nie kweekhuisgasse vry nie.
  2. Daar is geen rookbesoedeling nie.
  3. Kernkragstasies kan enige plek opgestel word.
  4. ‘n Baie klein hoeveelheid radioaktiewe materiaal kan ‘n groot hoeveelheid energie vrystel.
  5. Die prys van uraan wissel nie so baie soos steenkool en olie nie - dus ekonomies meer betroubaar
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die nadele van die gebruik van kernbrandstowwe?

A
  1. Die radioaktiewe kernafval wat geproduseer word is baie gevaarlik.
  2. Kernkragstasies is duur om te bou.
  3. Daar is veiligheidsvrese oor wat kan gebeur as ‘n kernkragstasie nie behoorlik in stand gehou word nie.
  4. Daar is vrese oor die algemene gesondheid van die werknemers wat daar werk vir ‘n lang tydperk.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Noem 4 voorbeelde van Hernubare bronne van energie.

A
  1. Windkrag
  2. Hidrokrag
  3. Sonkrag
  4. Biobrandstof
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Wat is Biobrandstowwe?

A

Dit is enige brandstof wat uit plant- of dierlike afval gemaak word.

Bv. Beesmis kan gebruik word om metaan te vervaardig wat dan elektrisiteit kan opwek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat is metaan?

A

Dit is ‘n gas wat vrygestel word deur ontbindende plantaardige of dierlike afval en raak deel van die kweekhuisgasse in die atmosfeer wat lei tot aardverwarming.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem een voordeel en een nadeel van die gebruik van hernubare energiebronne.

A

Voordeel:
Dit sal nie opraak nie en is dus volhoubaar.

Nadeel:
Dit stel nie soveel energie vry soos nie-hernubare bronne nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem een voordeel en een nadeel van die gebruik van nie-hernubare energiebronne.

A

Voordeel:
Dit bevat groot hoeveelhede energie.

Nadeel:
Dit stel ‘n oormaat kweekhuisgasse vry wanneer dit verbrand word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly