Klein Geloof Flashcards
Poetry
Na wat verwys die titel?
Verwys na die dinge wat die spreker geglo het toe sy nog klein was; die geloof in dinge toe jy klein was.
Wat beteken die woord “kleingelowig”
Dit beteken dat jy nie altyd vas in iets glo nie, jou geloof in iets is nie groot nie, sy glo nie meer in die goed waarin sy geglo het toe sy klein was nie.
Tot watter besef bring sy ons in die eerste vier reëls?
Noem 5 dinge
Die dinge waarin sy as kind geglo het, het nooit werklik bestaan nie.
- feetjies en kabouters nie bestaan nie.
- hulle het ‘n tuinkabouter gehad, wat nie meer daar is nie.
- daar is nie regtig ‘n kersvader nie.
- daar is nie ‘n tandemuis nie.
- daar is nie iets soos ‘n padda wat in ‘n prins verander nie.
Wat kan ons moontlik daarin lees as sy sê: “Paddaprinse is amfibieë.”
3 marks
- dit net in sprokies is dat die regte man opdaag.
- sy nog nie haar liefde gevind het nie.
- sy negatief teenoor die romantiese fantasie van paddaprinse is.
“Armstrong was die man op die maan”
- die man op die maan bestaan nie regtig nie.
- die enigste man is deur die mens self daar geplaas, die ruimtereisiger, Neil Armstrong.
Wat noem ons “melkweg”
Neologisme/Nuutskepping
Identifiseer die beeldspraak in bogenoemde reël en verduidelik dit
4 marks
- dis ‘n metafoor
- die melkweg word vergelyk met melk en ‘n melkskommel wat sleg/suur geword het.
- die lewe en haar drome is nie meer so wonderlik soos wat sy gedink het dit sal wees kleintyd nie.
“drake is dinosourusse”
Wat beteken drake in stories?
Drake was reuse-figure wat gewoonlik doodgemaak moes word om iemand se lewe te red.
1 mark
“lugkastele is argitektuur”
Wat beteken dit en hoe dit is vir die digter?
mense se drome oor al die wonderlike dinge wat met hulle sal gebeur. Sy het nie meer lugkastele nie, lugkastele is geboue hoog in die lug wat deur argitekte ontwerp is.
“ek het al my sprokies brand gesteek”
Wat beteken dit?
Hiermee bedoel sy nie noodwendig dat sy haar storiekboeke verbrand het nie. Sy glo nie meer in kinderverhale nie.
“Realisme, Feite, Wetenskap:
EK KAN BEWYS!”
1) Wat beteken hierdie?
2) Wat is die rol van die hoofletters en uitroep teken
1) Sy het nou realistiese denke. Sy glo feite en wetenskap, want sy kan bewys dat dit regtig.
2) Hoofletters beklemtoon hoe belaglik haar kinderfantasieë was. Die uitroepteke beklemtoon dit nog meer, asof sy dit uitskreeu.
“Maar waarom slaap ek met my lig nog aan”
1) Wat rol speel ‘maar’ in die gedig
2) Wat is die kontras?
3) Waar of Onwaar “Die kontras is tussen lig en donker” Verduidelik?
1) Maar dui ‘n wending aan en wys na ‘n skerp kontras met wat sy pas tevore gesê het.
2) Sy het net gesê sy glo nie meer aan monsters en dinge van ‘n kind nie, maar nou lyk dit of daar nog steeds dinge is waarin sy glo.
3) Waar. Kinders slaap met ‘n lig aan omdat hulle bang is.
“stoei met monsters onder my bed”
1) Wat beeldspraak is hierdie and wat is dit ‘n beeldspraak vir?
2) Wat beteken hierdie versreel?
1) Dit is ‘n metafoor vir dinge wat haar pla
2) Sy het nog nie al haar kindervrese ontgroei nie. Dis asof sy sê, ek is nou groot en behoort nie meer bang te wees nie, maar ek is nog bang.
“en waarom bid ek elke dag
dat die Prins op die donkie my moet red?”
1) Hoekom is “Prins” met ‘n hoofletter geskryf?
2) Na wat verwys die “donkie”?
3) Waar of Onwaar: “Die digter glo nie meer nie”. Verduidelik
1) Omdat dit verwys na Jesus
2) Dit verwys na die donkie waarop Jesus by Jerusalem ingery het
3) Onwaar. Sy het nog nie haar geloof verloor nie. Sy het wel fantasieë prysgegee, maar haar geloof is nie ‘n fantasie nie en is onwrikbaar.
Wat is die twee betekenisse van ‘Klein Geloof’?
Sy het klein geloof in kinderfantasieë en sy glo soos ‘n kind in God