Hoofstuk 2 - Tradisionele Koste Flashcards
Absorpsie koste
- Is om te bepaal wat die volle produksie koste per eenheid is
Marginale kosteberekening
Slegs veranderlike koste word as koste van verkope opgeneem en ʼn bydrae word bereken.
Vaste koste word hanteer as periodekoste.
Produkkoste =
word aan individuele produk gekoppel
Direkte Materiaal
Direkte Arbeid
Direkte uitgawes
Geabsorbeerde
produksie bokoste
Periodekoste =
Word ten volle in staat van wins of verlies
vir ʼn periode gehef
administratiewe koste
verkoops- en verspeidingskoste
Finansieringskoste
Wat is die groot verskil tussen absorpsie en marginale koste
- is die behandeling van vaste produksie bokoste
Hoe hanteer Absorpsie koste, vaste produksie bokoste
- Dit word gesien as n produk koste en
- is ingesluit in die volle produksie koste per eenehid
Hoe hanteer Marginale koste, vaste produksie bokoste
- word gesien as n periode koste en
- word nie in die volle produksie koste per eenheid ingesluit nie
- maar word in staat van wins of verlies gesit
ABSORPSIEKOERS
(𝑇𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒 𝑏𝑜𝑘𝑜𝑠𝑡𝑒)/(𝐵𝑒𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑏𝑠𝑜𝑟𝑝𝑠𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑠𝑖𝑠)
Hoe word bokoste toegedeel aan produkte, om eenheidsprys te kry?
Eenhede geproduseer
Masjienure
Arbeidsure
Absorpsiekoers Formule
(𝑇𝑜𝑡𝑎𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒 𝑏𝑜𝑘𝑜𝑠𝑡𝑒)/(𝐵𝑒𝑔𝑟𝑜𝑡𝑒 ℎ𝑜𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙ℎ𝑒𝑖𝑑 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 𝑎𝑏𝑠𝑜𝑟𝑝𝑠𝑖𝑒 𝑏𝑎𝑠𝑖𝑠)
Illustrasie 1_Bl. 43
SVP Bpk. vervaardig n aantal verskillende produkte, elke produk gaan deur die twee produksie koste sentrums naamlik, masjinering en opstelling. Begrote inligting vir die volgende periode is soos volg:
Begroting produksie bokoste
- Masjinering R42 000
-Opstelling R48 000
-Totaal R90 000
Masjien ure
-Masjinering 28 000
-Opstelling 4 000
-Totaal 32 000
Arbeidsure
-Masjinering 6000
-Opstelling 42 000
-Totaal 48 000
Bereken die bokoste absorpsiekoers?
Bokoste absorpsiekoers=
Masjien departement:
= 42 000 / 28,000 masjien ure
= R1,5 per masjien uur
Opstelling:
= 48 000 / 42,000 arbeidsure
= R1,14 per arbeids uur
Voorbeeld 1
Die volgende koste inligting is ingesamel:
Koste
Direkte materiaal R4 per kg
Direkte arbeid R22 per uur
VC bokoste R6 per direkte arbeidsuur
Die vaste produksie bokoste sal R400 000 wees in totaal. Bokoste word geabsorbeer op ʼn per eenheid basis.
Elke eenheid gebruik 3kg materiaal en benodig 2 ure direkte arbeid.
Verkope en produksie was begroot teen 20 000 eenhede, maar slegs 16 000 eenhede is geproduseer en 14 000 eenhede verkoop.
Stel standaardkoste kaart op en waardeer die eindvoorraad, maak gebruik van absorpsiekoste metode?
Standaardkoste kaart
Direkte materiaal per eenheid R12
Direkte arbeid per eenheid R44
Veranderlike bokoste per eenheid R12
Vaste bokoste per eenheid R20
= R88 per eenheid
Eindvoorraad = 16 000 – 14 000 = 2 000
2000 x R88 = R176 000
(DM = 3kg x R4 per kg = R12
DA = 2 ure x R22 per uur = R44
VC = 2 ure x R6 per uur = R12
FC = 400 000 / 20 000 = R20
Volles koste = R88)
ABSORPSIEKOERS
Voorafbepaalde absorpsiekoers
Kan soms oor of onder toegedeel word
Aan die einde van die periode moet bepaal of te veel of te min geabsorbeer is.
Oor / (Onder) toegedeelde absorpsie koers
Bokoste geabsorbeer (begrote koers x werklike aktiwiteitsvlak)
Werklike bokoste
Oor / (onder) geabsorbeerde bokoste
ABSORPSIEKOSTE STAAT VAN WINS OF VERLIES (Formaat)
Verkope
Min: Koste van Verkope
Beginvoorraad
+ Produksiekoste
(vervaardigigngskoste)
-Eindvoorraad
(Onderverhaling) of Oorverhaling van vervaardigingsbokoste
= BRUTO WINS
Min: Verkoop-, verspreiding- en admin koste:
Veranderlik
Vas
= NETTO WINS / (VERLIES)