Hoofstuk 17: Maatskappye Finansiele State Flashcards
Redelike weergawe
Finansiële State behoort die finansiële prestasie en kontantvloei van die entiteit redelik weer te gee.
‘n Weergawe van die transaksies in ooreenstemming met die woordomskrywings en erkenningskriteria van bates, last, inkomste en uitgawes word vereis.
Lopende saak
Finansiële state moet op die lopende saak grondslag opgestel word tensy bestuur van plan is om die onderneming te likwideer of bedrywighede te staak.
Onsekerhede in verband met handeslbedrywighede moet geopenbaar word.
Toevallingsgrondslag
Hiervolgens word transaksies verantwoord wanneer dit plaasvind en nie wanneer kontant ontvang of betaal word nie.
Wesenlikheid en toevoeging
Elke wesenlike klas items moet afsonderlik getoon word. Items waarvan die aard of funksie verskil moet afsonderlik aangebied word, tensy dit nie wesenlik is nie.
Verrekening
Bates en laste mag nie teen mekaar verreken word nie, tensy dit deur ‘n spesifieke standaard vereis of toegelaat word.
Gereelde verslagdoening
Finansiële state moet minstens jaarliks opgestel word.
Konsekwente aanbieding
Die aanbieding en klassifikasie van items in die finansiële state moet dieselfde bly in elke rekeningkunde tydperk, sowel as van een tydperk na ‘n ander, behalwe as:
- daar ‘n verandering in die aard van die bedrywighede plaasgevind het
- die verandering ‘n beter openbaarmaking teweeg bring
- ‘n standpunt die verandering vereis.