Hoofstuk 16: Maatskappye Flashcards
Kenmerke van ‘n maatskappy
- Entiteitsvorm geskik vir klein tot groot sake-ondernemings
- Enige getal aandeelhouers
- Regsentiteit met eiendomsreg van sy eie bates en aanspreeklik is vir sy eie laste
- Onbeperkte voortbestaan
- Oordraagbare eienaarskap (sonder verandering aan kapitaalstruktuur)
- Natuurlike persone, trusts en ander regsentiteite mag aandeelhouers wees
Voordele van maatksappye
- Afsonderlike regspersoonlikheid
- Onafhanklike voortbestaan van aandeelhouers
- Aandeelhouers -> beperkte aanspreeklikheid m.b.t. maatksappy bedrywighede
- Maklik om eienaarskap te verander deur die verkoop van aandele
- Belastingkoers (28%) mag laer wees as ‘n individu se belastingkoers
Nadele van maatskappye
- Skeiding tussen eienaars en bestuur
- Omvattende regulasies en prosedures ter beskerming van aandeelhouers
- Statutêre oudit van finansiele jaarstate vir publieke maatskappye
- Maatskappye is kompleks om te stig en te ontbind
Hoe word oprigtingskostes geboek?
Direk teen ekwiteit (behoue verdienste)
Dt - Behoue verdienste
Kt - Bank/Krediteur
Regte van ‘n aandeelhouer
- Stem op algemene jaarvergaderings
- Reg op inligting van die maatskappy
- Reg om te deel in winste wat deur middel van dividende uitgekeer word
- Reg om te deel in die finale verdeling van netto bates by likwidasie van ‘n maatskappy
Gemagtigde aandelekapitaal
Die maksimum aandelekapitaal wat ‘n maatskappy gemagtig is om uit te reik in terme van die akte van orpigting.
Stel te boek: uitreiking van aandele
Dt - Bank
Kt - Gewone aandelekapitaal
Stel te boek: koste wat aangegaan word met die uitreiking van aandele
Direk teen behoue verdienste afgeskryf:
Dt - Behoue verdienste
Kt - Bank/krediteur
3 Stappe in die teboekstelling van die uitreik van aandele uitgereik deur ‘n prospektus:
1 - Aansoeke word ontvang (deur prokureurs) en tjeks in ‘n trustrekening gedeponeer
2 - Aandele word toegeken, en aansoekgelde na die bankrekening oorgeplaas
3 - Terugbetaling van onsuksesvolle aansoeke. Onsuksesvolle beleggers word terugbetaal uit die trustrekening.
Publieke uitreik van aandele Stap 1:
Stel ontvangs van aansoeke te boek
Dt - Trustrekening
Kt - Aansoekerekening
Publieke uitreik van aandele Stap 2:
Stel toekenning van aandele te boek
Dt - Bank
Kt - Trustrekening
Dt - Aansoekrekening
Kt - Gewone aandelekapitaal
Publieke uitreik van aandele Stap 3:
Stel terugbetaling van onsuksesvolle aansoeke te boek
Dt - Aansoekrekening
Kt - Trustrekening
Reserwes
Deel van die ekwiteit van ‘n maatskappy. Bestaan uit winste wat nog nie verdeel is nie.
Gerealiseerde winste
Winste voortgebring deur transaksies waar vergoeding deur die maatskappy ontvang gaan word of reeds ontvang is.
Ongerealiseerde winste
Winste wat onstaan wanneer ‘n bate herwaardeer word.
Stel te boek:
Wins vir die jaar na belasting afsluiting
Dt - Wins- en verliesrekening
Kt - Behoue inkomste
Dividende
Deel van winste wat aan aandeelhouers uitbetaal word.
Vereistes vir die verklaring en betaling van dividende
- Die dividend moet deur ‘n direksie besluit gemagtig word
- Maatskappy moet solvabiliteit- en likiditeitstoets slaag onmiddellik na uitkering plaasgevind het.
- Gewone dividende mag slegs verklaar word nadat voorsiening gemaak is vir alle agterstallige dividende op kuulatiewe voorkeuraandele en huidige tydperk dividende op nie-kumulatiewe voorkeuraandele.
Inskrywing vir datum waarop dividende verklaar word
Dt - Dividende
Kt - Dividend betaalbaar (Las)
Inskrywing op datum waarop dividend betaal word
Dt - Dividend betaalbaar (Las)
Kt - Bank
Inskrywing vir die afsluiting van die dividendrekening na behoue verdienste
Dt - Behoue verdienste
Kt - Dividende
Wanneer word die 2 voorlopige belastingbetalings aan SARS gemaak
- 6 maande na die begin van die finansiele jaar
- Laaste dag van die finansiele jaar
Stel te boek: Boorlopige inkomstebelastingbetalings
Dt - SARS/Inkomstebelasting betaalbaar
Kt - Bank
Stel te boek: Inkomstebelastinguitgawe op die laaste dag van die finansiele jaar
Dt - Inkomstebelastinguitgawe
Kt - SARS/Inkomstebelasting betaal
Stel te boek: SARS belastingverpligting aanslag ontvang
Indien Ondervoorsien:
- Dt Inkomstebelastinguitgawe
- Kt SARS/Inkomstebelasting betaalbaar
Indien Oorvoorsien:
- Dt SARS/Inkomstebelasting betaalbaar
- Kt Inkomstebelastinguitgawe
Stel te boek: Boetes/Rentes op SARS rekening
Dt - Boetes/rentes
Kt - SARS/Inkomstebelasting betaalbaar