Hoofstuk 15: Vennootskappe Flashcards
Vennootskappe
‘n Regsverhouding wat onstaaan as gevolg van ‘n oorkeenkoms tussen minstens 2 of meer persone.
Elke persoon dra kapitaal/arbeid/bevoegdhede by tot ‘n wettige entiteit met die doel om wins te maak.
Redes vir die stigting van ‘n vennootskap
Samevoeging van kapitaal, arbeid en bevoegdhede van individuale persone wat onafhanklik van mekaar nie oor die nodige kapitaal, arbeid en bevoegdhede beskik oom ‘n onderneming te bedryf nie.
Kenmerke van ‘n vennootskap
- 2+ vennote
- Geldige ooreenkoms: wettige doelstellings
- Elke vennoot moet bydra
- Besigheid moet bedryf met die doel om wins te maak
- NIE ‘n afsonderlike regspersoon nie.
- Bates is die gesamentlike eiendom van die vennote
- Venote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die verpligtinge van die vennootskap.
Voordele van vennootskappe
- Eenvoudig om te stig/ontbind
- Verandering in eienaarsamestelling of kapitaalstruktuur kan deur onderlinge ooreenkoms aangebring word
- Groter kapitaalbedrag kan byeengebring word.
- Tegniese bekwaamheid/kennis kan tot voordeel van die vennote gebruik word
- Kollektiewe besluitneming deur meer persone kan sake-risiko’s minimaliseer
Nadele van vennootskappe
- Vennote is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die verpligtinge van die vennootskap
- Kontinuïteit van die vennootskap as ‘n lopende saak is direk afhanklik van die persoonlike verhouding en lewensverwagting van die onderlinge vennote
- Oordraagbaarheid van eienaarskap is beperk
- Optrede van een vennoot het die mag om vennootskap te ondbind
Noodsaaklike aspekte in die vennootskapsooreenkoms:
- Aard van die besigheid
- Aspekte met betrekking tot die daaglikse bestuur
- Bydra van elke vennoot
- Wyse waarop winste & verliese verdeel word
- Bepalings in verband met kapitaalveranderinge in die toekoms
- Onttrekkings wat gemaak mag word
- Rente ontvangbaar/betaalbaar op kapitaal en/of ontrekkings
- bepalings ivm lenings env voorskotte aan/van vennote
- pligte en vergoeding van vennote
- prosedures vir die beslegting van geskille
- prosedures vir toetrede/uittrede van vennote
- prosedures met ontbinding
Finansiele inskrywing: Bydraes in die vorm van kontant
Dt Kontant
Kt Kapitaalrekening
Lopende rekening: Vennote
‘n Rekening waarin alle transaksies, behalwe kapitaalbydraes, kapitaalontrekkings, lenings en voorskotte aangetoon word.
(deel van ekwiteit in balansstaat)
5 Voorbeelde van items in die lopende rekeninge:
- Winsdeel van vennote
- Salarisse en bonusse betaal aan vennote
- Ontrekkings (kontant of goedere) deur vennote
- Rente op kapitaal en lopende rekeninge toegestaan aan vennote
- Rente op onttrekkings gehef van vennote
Kapitaalrekening: vennote
Die fondse/bydraes wat deur die vennote in die besigheid bele is. Verteenwoordig die belang van elke vennoot in die bates van die onderneming.
3 Tipes onttrekkings by vennootskappe
- Kapitaalonttrekkings
- Kontantonttrekkings
- Onttrekking van goedere teen kosprys.
Finansiele inskrywing: Onttrekkings van goedere teen kosprys
Dt - onttrekkings
Kt - voorraad
Dt - lopende rekening
Kt - onttrekkings
Lening deur vennoot
Word as deel van die krediteure van die onderneming beskou. Vorm nie deel van die kapitaalbydrae van die vennoot nie.
Waarom word lenings deur vennote apart van kapitaalbydrae beskou?
‘n Lening oor ‘n bepaalde termyn teen ‘n bepaalde rentekoers terugbetaalbaar is, terwyl kapitaal nie terugbetaalbaar is nie, tensy die vennote anders ooreenkom.
Verdelingsrekening
‘n Geriefsrekening waarin die verdeling van winste tussen vennote gedoen word.
Reserwes
Winste wan in die verlede gemaak is en wat aan die vennote behoort maar nie aan hulle uitgekeer is nie.
2 tipes reserwes by vennootskappe:
- Algemene reserwe
- Ongerealiseerde winste/verliese
Algemene reserwe
Winste word nie verdeel nie, maar in ekwiteit gehou as ‘n reserwe, wat later gebruik kan word om uitbreidings te finansie of aan vennote uitgekeer word om hul kapitaal te verhoog.
Ongerealisteerde winste/versliese
By ‘n verandering in die kapitaalstruktuur van ‘n vennootskap word die vennootskap se bates herwaardeer om die werklike waarde van die vennootskap te bepaal. Die ongerealiseerde winste/verliese wat onstaan met die herwaardasie van bates word toegedeel na die kapitaalrekeninge van die vennote, volgens hul ou winsdelingsverhoudings.
Hoe verskil die state van ‘n venootskap met die van ‘n eenmansaak
- Samestelling van ekwiteit in die balansstaat bestaan uit kapitaal en lopende rekeninge
- Vennootskap het ‘n staat van verandering in ekwiteit, wat ‘n verdelingsrekening insluit.
Stap 1 met verandering in vennote:
- Bereken die werklike waarde van die vennootskap en bepaal die korrekte belang van die “ou” vennote in die netto bates van die vennootskap:
- Deel enige reserwes wat bestaan in die vennootskap toe aan die vennote
- Herwaardeer bates
- Bereken klandisiwaarde
- Hierdie inskrywings raak slegs die kapitaalrekeninge van die “ou” vennote in hul winsdelingsverhouding
Stap 2 met verandering in vennote
- Stel die verandering (toetrede/dood/uittrede) te boek
- Kapitaalstorting deur nuwe vennoot of uitbetaling van ou vennoot se belang
Hierdie inskrywing affekteer slegs die kapitaalrekening van die vennoot wat toetree, uittree of dood is.
Stap 3 met verandering in vennote
- Stel vas wat die nuwe vennootskapsooreenkoms bepaal met betrekking tot die waardes waarteen reserwes en bates in die rekords getoon moet word.
- Skep weer algemene reserwe
- Herwaardeer bates
- Hierdie inskrywing affekteer die “nuwe” vennote se kapitaalrekening
2 Maniere waarop n nuwe vennoot tot die vennootskap kan toetree:
- Deur ‘n belang direk van een of meer van die vennote aan te koop
- Deur kontant en/of bates tot die vennootskap by te dra vir die verkryging van ‘n belang.