Hoekom ons noodhulp moet leer Flashcards
Noem 6 nuttige nommers om langs die telefoon te hou
- ) die dokter
- ) die polisie
- ) die ambulans
- ) die tandarts
- ) die noodnommers vir gas en elektrisiteit
- ) die apteek
Deur _____ te bly terwyl jy oor die ________ praat, kan jy help om ‘n lewe te red.
Deur kalm te bly terwyl jy oor die telefoon praat, kan jy help om ‘n lewe te red.
Hoekom moet ons noodhulp leer? Noem 2 redes.
Sodat, indien jy en jou vriende in ‘n ongeluk betrokke is, jy sal weet wat om te doen.
Deur voorbereid te wees, kan jy dalk help om iemand
se lewe te red!
Wat moet jy doen voordat jy die polisie, brandweer of ambulans bel?
Maak seker dat jy al die nodige inligting het.
Watter inligting het jy nodig voordat jy die polisie, brandweer of ambulans bel?
- ) presies waar die beseerde persoon is
- ) wie beseer is
- ) wat gebeur het
Waarteen sal jy die nooddienste ook moet waarsku?
Enige gevare, soos
- ) mistigheid
- ) brand
- ) gevaarlike chemiese stowwe
op hul pad na die ongelukstoneel.
Hoe behandel mens om sny- en skaafplekke?
- ) Was en spoel jou hande onder skoon, lopende water
- ) Tik die snyplek droog met ‘n skoon lap
- ) Bedek die snyplek met ‘n steriele lap. Hou die lap met ‘n verband of kleefpleister op sy plek
Wat moet mens doen na jy ‘n snyplek met ‘n steriele lap bedek het?
Hou die lap met ‘n verband of kleefpleister op sy plek
Hoe behandel mens groot wonde?
- ) Verwyder enige klere wat die wond bedek
- ) Druk direk op die wond met ‘n skoon lap. As jy nie ‘n skoon lap het nie, druk met jou hand daarop
- ) Indien moontlik, lig die beseerde deel bo die persoon se kop. (Dit verminder die hoeveelheid bloed wat na die beseerde deel gepomp word)
- ) As iets soos ‘n stukkie glas in die wond vassit, moenie dit uithaal nie, want dit help dalk om die wond toe te hou. Probeer om rondom die wond te druk om dit wat in die wond vassit so styf moontlik daar te hou.
Wat moet jy doen as jy ‘n groot wond moet behandel, maar jy het nie ‘n skoon lap by jou nie?
As jy nie ‘n skoon lap het nie, druk met jou hand daarop
Hoekom moet jy die beseerde deel bo die persoon se kop lig wanneer jy ‘n groot wond behandel?
Dit verminder die hoeveelheid bloed wat na die beseerde deel gepomp word
As iets soos ‘n stukkie glas in ‘n groot wond vassit, moet jy dit uithaal? Verduidelik jou antwoord.
Nee. Dit help dalk om die wond toe te hou. Probeer om rondom die wond te druk om dit wat in die wond vassit so styf moontlik daar te hou.
Hoe weet jy as iemand ‘n gebreekte been het?
Let op na
- ) kneusings
- ) swelsels
- ) ledemate wat in ongemaklike posisies gedraai is
Hoe behandel mens gebreekte bene?
- ) Vra ‘n volwassene om ‘n ambulans te bel
- ) Moenie die persoon beweeg nie
- ) Hou die beseerde deel van die liggaam stil totdat hulp opdaag
- ) Ondersteun die beseerde deel met komberse of handdoeke
- ) Moenie dat die persoon enigeiets eet of drink nie
Wanneer iemand gebreekte bene het, moet hy/sy nie beweeg word nie behalwe as …
… hy ‘n op ‘n gevaarlike plek is, byvoorbeeld as hy in die pad lê
Wanneer iemand gebreekte bene het, ondersteun mens die beseerde deel met __________ of __________
komberse of handdoeke
Waar of Vals?
Wanneer iemand gebreekte bene het, moet mens vir die persoon iets gee om te eet en drink.
Verduidelik jou antwoord.
Vals. Hy kan dalk ‘n operasie moet ondergaan wanneer hy by die hospitaal kom.