GTA Opstel Flashcards

1
Q

Introduction

A

Ek weet jy is baie lief vir musiek! Ek is seker jy sal met my saamstem dat musiek n mens beide kan troos en inspireer. Hier dink ek veral aan Ek sal nie bang wees nie deur Joe Niemand en Johannes Kerkorrel se Energie. Hierdie twee liedjies was ware onthullings in my lewe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Paragraph 1:

A

Ek vind hierdie jaar emosioneel uitputtend. Die volume skoolwerk sowel as almal se hoë verwagtings van my laat my dikwels bedruk voel. Al wat ek dan doen is om na die liedjies te luister, en my gemoedstoestand verander heeltemal. Hierdie liedjies verskil heeltemal van mekaar. Die kalm stemming van die musiek en die wonderlike lirieke van Ek sal nie bang wees nie troos en laat my altyd goed voel. “Ek sal nie bang wees nie” want God sal “my kom haal/ uit diepste donker plekke”. God was nog altyd daar vir my, hy was nog altyd “my bergvesting / my toevlug op wie ek vertrou”. In sulke tye van spanning stel God ons geloof op die proef.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Paragraph 2:

A

Aan die die ander kant, is die opgewekte stemming en die lirieke van Energie inspirerend. In die verlede was ek ‘n skaap, omdat ek die skare gevolg het. Maar nie meer as gevolg van hierdie liedjie nie. Ek hoef nie na ander mense se pype te dans nie, want ek is nie n ‘marionet’ nie. Niemand het die reg om my lewe vir my te lei nie. Ek moet ontslae raak van my “apatie” en my lewe met Energie en individualiteit aanpak. Ek moet “vrae vra/ oor die dinge wat my” pla.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Paragraph 3:

A

Omdat musiek die hartseer en pyn in my lewe verlig, gaan ek eenmaal n maand n ‘musiekbyeenkoms by die skool vir matrieks reel. Almal wat moedeloos, bedruk en hartseer voel kan dit bywoon, en hulle eie musiek wat hulle troos of inspireer, saambring. Hopelik besef almal dat dwelms en drank nie die antwoord vir hulle probleme is nie, hulle kan die antwoord in die lirieke van liedjies vind!

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Conclusion:

A

Albei liedjies gee my dus redes waarom ek nie moedeloos en bedruk hoef te wees nie. Ek sal probeer om die lewe ten volle te leef en soms “probeer anargie”. Ek hoop dat jy van my idee hou en dat musiek so ‘n groot invloed op jou lewe kan hê soos wat dit op myne het!

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly