Ewewigte Flashcards
Definieer ‘n
Oop sisteem
‘n Sisteem waartoe stowwe bygevoeg kan word of waaruit stowwe verlore kan gaan
Definieer ‘n
Geslote sisteem
‘n Sisteem waartoe stowwe nie bygevoeg of waaruit stowwe nie verwyder kan word nie
Verduidelik ‘n
Omkeerbare proses
Kan 2 teenoorgestelde prosesse ondergaan
Verduidelik wat bedoel word met ‘n
Ewewig
Die hoeveelheid van elke stof bly konstant.
Verduidelik wat bedoel word met ‘n
Statiese Ewewig
Geen prosesse vind plaas nie
Waarneembare eienskappe bly konstant
Verduidelik wat bedoel word met ‘n
Dinamiese Ewewig
- ‘n Omkeerbare proses is teenwoordig
- Sy voorwaartse en terugwaartse prosesse vind teen dieselfde tempo’s plaas
- Waarneembare eienskappe bly konstant
Wanneer is sisteem in dinamiese ewewig?
Die voorwaartse en terugwaartse prosesse gaan voort teen dieselfde konstante tempo
Alle waarneembare eienskappe bly konstant - d.w.s. n**, **T** en **p
Wat word deur die posisie van ‘n dinamiese ewewig aangedui?
Min of meer hoeveel mol daar aan elke kant van die vergelyking by ewewig is.
Toestande benodig om ‘n ewewig in te stel:
‘n Vergelyking (reaksie) moet omkeerbaar wees
Die sisteem moet geslote wees
Verduidelik wat bedoel word met ‘n
Homogeen chemiese ewewig
Alle stowwe in dieselfde fase
Verduidelik wat bedoel word met ‘n
Heterogeen chemiese ewewig
Alle stowwe is nie in dieselfde fase nie
Gee
Le Chatelier se beginsel
As ‘n sisteem in ewewig is en ‘n faktor wat die ewewig beïnvloed word verander, sal die ewewig skuif om die verandering teen te werk
Noem
Faktore wat ewewig beïnvloed:
c - van toepassing op oplossings (aq) en gasse (g)
T - van toepassing op ALLE stowwe
p - van toepassing op gasse
Noem
Faktore wat nie ewewig be_ïnvloed_ nie
Teenwoordigheid van ‘n katalisator
Verandering in hoeveelheid vastestofreagens
Verduidelik ‘n verandering met behulp van Le Chatelier se beginsel as volg:
- Noem die verandering gemaak
- Respons: Le Chatelier se beginsel stel dat die reaksie wat probeer om die verandering te kanselleer, bevoordeel sal word.
- Noem die bevoordeelde reaksie
- Verskuiwing van die ewewigsposisie
Hoe sal die reaksie beïnvloed word as p toeneem?
- molekules word meer ‘saamgedruk’
- ewewig moet verskuif om minder molekules te maak
- tel koëffisiënte van die gasse aan LK en RK bymekaar om te besluit watter reaksie die gewenste respons sal teweegbring
Wat moet uit ‘n Kc-uitdrukking gelaat word?
- Vastestof
- Oplosmiddel
Wat dui ‘n groot Kc-waarde aan?
- Hoë konsentrasie ‘produkte’ in vergelyking met ‘reaktanse’
- Die ewewig lê dus na regs
Wat dui ‘n klein Kc-waarde aan?
Klein konsentraise “produkte” in vergelyking met “reaktante”
Die ewewig lê dus na links
Noem
Faktore wat Kc-waarde beïnvloed
Slegs ‘n verandering in T verander Kc
Hoe kan jy die effek van ‘n verandering in T op die Kc-waarde, voorspel?
Pas Le Chatelier se beginsel toe om vas te stel of verandering in T ‘n verskuiwing in ewewig na links of regs sal veroorsaak (d.w.s. is die voorwaartse reaksie endo- of eksotermies)
As die ewewig na regs verskuif gee dit ‘n hoër Kc en andersom