Elektrochemie Flashcards
Definieer ‘n
Redoksreaksie
‘n Reaksie wat ‘n oordrag van elektrone behels
Definieer
Oksidasie
Die verlies aan elektrone
Definieer
Reduksie
Die wins van elektrone
Definieer ‘n
Oksideermiddel
‘n Oksideermiddel oksideer die ander stof d.w.s. verwyder elektrone van die ander stof
(ondergaan self reduksie)
Definieer ‘n
Reduseermiddel
‘n Reduseermiddel reduseer‘n ander stof d.w.s. gee elektrone aan die ander stof
(ondergaan self oksidasie)
Definieer
Elektrolise
‘n Ontbindingsreaksie
Benodig ‘n ononderbroke stroom elektrisiteit
Definieer ‘n
Elektroliet
‘n Ioniese oplossing / vloeistof wat elektrisiteit gelei en tydens elektrolise opgebreek word.
Definieer ‘n
Anode
Die elektrode waar oksidasie plaasvind
Definieer ‘n
Katode
Die elektrode waar reduksie plaasvind
Is Elektrolise endo- of eksotermies?
Endotermies
Elektriese energie word gebruik om die reaksie te laat plaasvind
Noem die energieomskakeling** tydens elektroliese
Elektriese energie **► **Chemiese energie
Definieer ‘n
Galvaniese sel
‘n Sel wat chemiese energie omskakel na elektriese energie
deur middel van selfonderhoudende (spontane) elektrodereaksies.
Noem die Rangskikking van ‘n galvaniese sel:
2 Halfselle: elkeen met ‘n metaalelektrode wat in kontak met ‘n oplossing van sy eie ione is
Geleidraad: Metaalelektrodes word verbind deur middel van ‘n geleidraad
Soutbrug: Oplossings word verbind deur ‘n soutbrug met ‘n oplossing waarvan die ione nie reageer met die elektroliete van die sel of elektrodes nie.
Verduidelik die chemiese reaksies by die anode van ‘n galvaniese sel:
‘n Stof word geoksideer
Stof met die sterkste reduseervermoë sal die anode wees.
Verduidelik die chemiese reaksies by die katode van ‘n galvaniese sel:
‘n Stof word gereduseer (tree op as oksideermiddel)
Stof met die sterkste oksideervermoë sal by die katode reageer.