Evolusie Flashcards
homoloë strukture
soortgelyke struktuur, posisie en ontwikkeling, maar nie noodwendig selfde funksie, bv voorste ledemate van werweldiere; afkomstig van ‘n gemeenskaplike voorvader
analoë strukture
soortgelyke strukture wat dieselfde doel dien, wat ontwikkel het in soortgelyke omgewings in verskillende organismes bv vlerke van insekte en vlermuise; geen gemeenskaplike voorvader
filogenie
studie van die evolusionêre verwantskappe tussen spesies
patrone in die boom van lewe: stasis/ekwilibrium
geen verandering in ‘n spesie oor ‘n lang tyd
patrone in die boom van lewe: lynsplitsing
spesiasie - een of meer nuwe spesies ontwikkel oor tyd uit ‘n voorvaderspesie
kladogenese
‘n evolusionêre splitsings-gebeurtenis waar die ouer spesies in twee onderskeie spesies split om ‘n klade te vorm
klade
‘n lewensvormende groep wat uit ‘n gemeenskaplike voorvader en al sy afstammelinge bestaan - voorgestel deur een tak met sy sytakke op ‘n kladogram
anagenese
‘n voorouerspesie ondergaan geleidelike verandering oor tyd totdat die afstammelinge duidelik verskil van die voorouerspesie en as ‘n nuwe spesie gesien kan word
adaptiewe radiasie
divergensie (lynsplitsing op ‘n kladogram) uit ‘n enkele stam om uit ‘n enkele voorouer oorsprong tot baie nuwe spesies te gee; vind plaas as toegang tot ‘n nuwe habitat en hulpbronne verkry word
neigings wat in makro-evolusie voorkom
toenemende kompleksiteit van lewensvorme
toenemende liggaamsgrootte van lewensvorme
koers van verandering in evolsie: gradualisme
beweer dat spesies geleidelik deur klein veranderinge oor lang periodes ontwikkel
koers van verandering in evolsie: gepunktueerde ekwilibrium
lang periodes waar spesies nie verander nie (ekwilibrium), afgewissel (gepunktueer) met kort tye waar vinnige veranderinge deur natuurlike seleksie plaasvind; skielike omgewingsveranderinge (soos vulkaniese uitbarstings en meteoriete) versnel evolusie omdat spesies vinnig by nuwe omgewings moet aanpas
natuurlike seleksie
die proses waardeur die natuur individue vir oorlewing kies wat die beste by omgewingstoestande aanpas en gevolglik die grootste nageslag sal lewer; oorlewing van die geskikste
Darwin se vier waarnemings
- meer nageslag word gevorm as wat vereis word
- natuurlike variasie kom binne bevolkings voor
- veranderings in die omgewing lei tot differentiële voortplanting (oorlewing van die geskikste)
- eienskappe is oorerflik
4 meganismes van evolusie
natuurlike seleksie
poliploidie
genevloei
genetiese dryf
poliploidie
vermeerdering van twee basiese stelle chromosome deur hibridisering tussen twee (meestal plant) spesies
genevloei
beweging van gene tussen bevolkings, vind plaas deur migrasie van organismes of migrasie van gamete (stuifmeel)
genetiese dryf
proses wat lukrake (random) veranderinge in die voorkoms van sekere eienskappe in ‘n bevolking verminder (die rol wat toeval speel om te bepaal of ‘n gegewe eienskap na die volgende generasie oorgedra word of nie); belangrik in klein bevolkings
kunsmatige seleksie
proses van seleksie en teling van organismes met verlangde eienskappe om ‘n nageslag met eienskappe te lewer wat vir die mens tot nut sal wees
inteling
paring van geneties naby-verwante individue; veroorsaak verlies aan genetiese diversiteit, lei tot homosigositeit wat die kans kan verhoog dat die nageslag deur nadelige resessiewe gene geaffekteer kan word
uitteling
die voortbring van ‘n nageslag uit die paring of teling van geneties onverwante individue; lei tot toename in genetiese diversiteit wat kans op evolusie vergroot, bevorder heterosigositeit
stigterseffek
die verlies van genetiese variasie wanneer ‘n klein hoeveelheid individue van ‘n groot bevolking ‘n nuwe kolonie stig (as gevolg van migrasie of geografiese isolasie)
konvergente evolusie
die proses waar spesies wat nie verwant is onafhanklik soortgelyke eienskappe ontwikkel, bv vlerke van insekte, voëls en vlermuise
divergente evolusie
die proses waardeur ‘n eienskap wat by ‘n gemeenskaplike voorvader voorgekom het mettertyd in verskillende variasies verander, bv ledemate van gewerlweldes