Emma LV. Positiewe selfbeeld Flashcards
Almal se liggaam verander as jy puberteit benader. WAAR OF ONWAAR?
WAAR
Wat is puberteit?
Puberteit is wanneer kinders in volwassenes verander.
Is puberteit maklik of moeilik?
Sommige kinders vind dit maklik en ander baie moeilik.
Hoe hanteer n mens puberteit?
Die beste manier om te hanteer, is om te verstaan wat met jou liggaam gebeur.
Liggaamsveranderinge in seuns
- Gedurende adolessensie word seuns groter en word hul bors en skouers gewoonlik verbreed.
- Hul stemme word ook dieper.
- Seuns ontwikkel hare op hul gesig, onder arms en rondom geslagsdele.
- Hulle begin spermselle produseer.
- Spermselle word deur die manlike geslagsdele in ‘n vloeibare semen geëtikuleer. • Baie adolessente seuns ervaar ejakulasie tydens slaap.
- Nie alle seuns bereik terselfdertyd puberteit nie.
Liggaamsveranderinge in meisies
- Rondom 10-13 begin meisies borste ontwikkel, hul heupe word wyer en hulle groei hare onder hul arms en om hul geslagsdele.
- Hulle begin ook menstrueer.
- Menstruasie is die liggaam se manier om ontslae te raak van eiers wat nie bevrug is nie.
- Baie meisies ervaar krampe en rugpyn.
Sommige veranderinge tydens puberteit is soortgelyk vir seuns en meisies. WAAR OF ONWAAR?
WAAR
Die rol van die media en die samelewing op die liggaamsbeeld
• Die mense wat ons in die media sien, het ‘n make-up toegepas deur professionele persone en hul foto’s is geredigeer. • Die media verkoop perfeksie. • Tendense in mode en style word deur die media bepaal.
Selfbeeld
Om regtig gelukkig te wees, moet jy ‘n goeie selfbeeld hê.
Wenke vir ‘n positiewe selfbeeld
• Aanvaar jou liggaam soos dit is. • Eet gesond en oefen dikwels. • Maak jouself mooi netjies. • Herinner jouself aan al die dinge waarvoor jy goed is. • Hou van mense vir hul persoonlikhede.
Vermoëns
Vermoëns is dinge wat jy kan doen
Skep gelkeenthede
- Dit is belangrik om jou vermoëns te ken en geleenthede te skep om jou potensiaal te verwesenlik.
- Stel doelwitte om jou te help om jou potensiaal te bereik.
- Stel kort- en langtermyndoelwitte vir jouself.