Emma. Geo. kwartaal 1 Flashcards
Lyne van Breedtegraad
Dit is denkbeeldige lyne, op ‘n kaart wat die afstand wys, in grade, gemeet
van die ewenaar na die pole.
Loop breedtegraad lyne horisontaal of vertikaal oor die kaart?
• Die breedtegrade loop horisontaal oor die kaart.
Gee n voorbeeld van n denkbeeldig breedtegraad wat die wêreld in twee gelyke dele verdeel.
Die ewenaar
Wat is ‘n Graad van breedtegraad?
‘n Graad van breedtegraad is ‘n meting van afstand oor die aardoppervlak,
van noord na suid.
Wat is die breedtegraad by die ewenaar?
Die ewenaar word gevind by 0◦ breedtegraad
Hoeveel breedtegraad is daar tussen die ewenaar en die Noordpool.
Daar is 90◦ breedtegraad tussen die ewenaar en die Noordpool.
Lyne van Lengtegraad
Lyne van lengtegraad is ook denkbeeldige lyne, maar hulle word van bo na
onder oor die aarde getrek, van noord na suid op ‘n kaart.
Wat noem ons die lengtegraad wat ons op die 0◦ lengtegraad vind?
Die Greenwich Meridiaan
Wat noem ons n ander bekende lengtegraad wat ons op die 180◦ lengtegraad vind?
Die Internasionale Datumlyn.
Is die Internasionale Datumlyn n reguit lyn?
Nee
Gee n rede vir hoekom die Internasionale Datumlyn nie n reguit lyn is nie?
Die rede hiervoor is omdat dit nie deur enige grond of land gaan nie, dus moet
dit hulle ‘mis’.
Die ewenaar verdeel die aarde in twee gelyke helftes. Wat noem ons die twee halfrondes?
Die boonste helfte word die Noordelike Halfrond genoem, en die onderste
helfte die Suidelike Halfrond genoem
Die Greenwich-meridiaan verdeel ook die aarde in links en regs, of eerder in
‘n westekant en ‘n ooskant. Wat noem ons die twee halfrondes?
Die Greenwich-meridiaan verdeel die aarde in ‘n westelike halfrond en ‘n
oostelike halfrond
Omdat die wêreld in werklikheid so groot is, as ons dit op ‘n kaart wil wys,
moet ons die wêreld kleiner maak.
Waar of Onwaar
Waar
Wat noem ons kaarte wat die wêreld wys
kleinskaalse kaarte