Elektrisiteit En Magnetisme Flashcards
Stroom
Die tempo waarteen lading vloei
Weerstand van n geleier
Die verhouding tussen die potensiaalverskil oor die eindpunte vd geleier en die stroom wat deur die geleier vloei.
Ohm se wet
Die stroomsterkte wat deur n weerstand vloei is direk eweredig aan die potensiaalverskil tussen die punte, mits temp van weerstand konstant bly.
EMK
Totale hoeveelheid energie wat n sel aan 1 coulomb lading kan verskaf
Faraday se wet
Die geinduseerde EMK is direk eweredig aan die tempo v verandering in die magnetiese vloed (magnetiese fluks)
Fleming se regterhandreel
Hou die duim en 1ste 2 vingers van die regterhand loodreg tot mekaar.
Indien die wysvinger in rigting van magneetveld wys en die duim in rigting van geleier.
Dan wys die middelvinger in rigting vd geinduseerde konvensionele stroom.
Magnetiese vloed
Aantal magneetveldlyne wat deur n eenheidsoppv gaan
Basiese beginsel van dinamos
N bewegende geleier in n magneetveld induseer n stroom in die geleier.
Fleming se linkerhandmotorreel
Hou duim en 1ste 2 vingers vd linkerhand loodreg tot mekaar.
Indien wysvinger in rigting vd magneetveld wys en middelvinger in rigting vd konvensionele stroom.
Dan wys die duim in rigting v beweging v geleier.
Gelykstroom
Stroom wat slegs in een rigting vloei
Stroom v battery
Wisselstroom
Stroom waarvan die rigting daarvan verander
Potensiaalverskil
Die hoeveelheid arbeid wat verrig word per coulomb lading om dit tussen 2 punte te laat beweeg