Ebw Flashcards
Moderne samelewing
n Geïndustrialiseerde samelewin wat tegnolgie gebruik om produkte vir handel te prodiseeer.
Tradisionele samelewing
n Samelewing waarin gemeenskappe basisiese metodes gebruik om te jag en kos te versamel. Tradisionele samelewing het n gebrek aan tegnologie en die meeste van hille aktiwiteite is bestaansaktiwiteite.
Ruilhandel
n Vorm van handel waar mense goedere ruil sonder om geld te gebruik.
Kommoditeite
Artikels wat mense gebruik om te ruil.
Stille ruilhandel
n Soort ruilhandel waar handelaars kommoditeit ruil sonder om met mekaar te praat of interaksie met mekaar te hê.
Promesses (skuldbewyse)
Notas wat wetlik bindend is en wat koper gebruik om onvoorwaardelik aan verkopers te belowe dat hulle spesifieke bedrae geld binne n spesifieke tyd sal betaal.
Betaalmiddel
n Medium vir ruiltransaksies.
Verteenwoordigende geld
Geld soos papiergeld wat die geld wat jy in die bank het verteenwoordig.
Surplus
Wanneer daar n groter aanbod van iets is as wat die vraag daarna is; wanneer jy meer het as wat jy nodig het
Verstedeliking
Die beweging van mense van landelike gebiede na stede, en die groei wat stede as gevolg hiervan ondervind.
Ruilmiddel
n rol van geld wat beteken jy kan dit verhandel of ruil vir goedere en dienste.
Verekeningseenheid
n Rol van geld wat beteken dit is n standaardmaarstaf van hoeveel goedere en dienste werd is
Waardedraer
n Rol van geld wat beteken dit behou sy waarde oor tyd; dit dra gestoorde waarde.
Verbruikers ekonomie
n Ekonomie waarin besighede verbruikers aanmoedig om soveel moontlik geld te bestee om hulle produkte te koop
Globalisering
Die proses waardeur besighede, kulture en gemeenskappe meer verbind word en onderling afhanklik raak van mekaar ad gevolg van kommunikasie en reistegnologie.