Die Sederberge is nie vir sissies nie - Willem Fransman Flashcards
Wie is die buitevertelling se protagonis?
Gerrie
Waarmee word Gerrie gekonfronteer?
moeilike omstandighede (situations) en toestande (conditions)
Wie is Gerrie se antagonis?
Koue en die berg en die luiperd
Wie is die binnevertelling se protagonis?
Oom Tiekie
Watter stelsel word deur die Algeria-bosboustasie beampte 👮 verteenwoordig?
Apartheid
Wie is die hoofkarakter(ronde karakter) in hierdie verhaal?
Gerrie
Watter TWEE gebeurtenisse het ’n verandering in Gerrie teweeg gebring (vormende invloed)?
Die koue en die doodsgevaar
Watter gevare moes oom Tiekie oorkom? Noem TWEE dinge.
1) Die luiperd se aanval.
2) Hy moes in die winter buite slaap.
In watter graad is Gerrie?
Graad 10
Waar het Gerrie-hulle daardie aand geslaap?
In ’n berghut
Waarom was dit koud?
Hulle was bo-op ’n berg en dit was winter.
Wat is die berg se naam wat hul gaan klim het?
Cederberg Sneeukop
Wat impliseer die woorde: “ bergklim is nie vir sissies nie”?
Dit is moeilik om berg te klim.
Die elemente en jagdiere maak dit gevaarlik
Waarom wou Gerrie nie koffie drink nie?
Dit maak hom naar.
Wat het Gerrie gedrink om van die ergste koue ontslae te raak?
Warm sjokolade
Waar sou hul die volgende aand slaap?
Wuppertal
Waarna het die “hoendertjie 🐔“ verwys?
Bottel brandewyn
Het oom Tiekie al voorheen op die berge geslaap? Ja of Nee. Gee ’n rede vir jou antwoord.
Nee. Hy en die studente het omgedraai en huis toe gegaan
Hoe ken oom Tiekie en Gerrie se pa mekaar?
Oom Tiekie het vir sy pa gewerk. Hulle het later vennote geraak
Wat impliseer dat oom Tiekie dalk nie-blank is? Gee TWEE redes.
1) Die Here het hom maar net in die oond vergeet. / Hy is ’n South African of colour.
2) Hy het in ’n lokasie gewoon.