die cheie van lewe Flashcards
Definisie van Anorganiese Verbindings
Anorganiese verbindings: Chemiese verbindings sonder koolstof, nie deur lewende organismes gemaak nie.
Voorbeelde van Anorganiese Verbindings
Voorbeelde: Water en minerale soute.
Belang van Water
Belangrikste anorganiese verbinding vir lewe.
Funksies van Water in Lewende Organismes
Oplosmiddel vir organiese en anorganiese stowwe.
Oplosmiddel
Minerale soute los op in water vir plantwortels.
Medium vir Chemiese Reaksies
Alle chemiese reaksies vind in water plaas.
Reagens tydens Hidrolise
Water breek polimere af tot monomere.
Vervoer
Voedingstowwe en afvalstowwe word in water vervoer.
Smeermiddel
Water vergemaklik kou en sluk prosesse.
Regulering van Liggaamstemperatuur
Sweetverdamping help liggaam afkoel.
Vorm en Stewigheid
diere soos jellyvisse het hidrostatiese skelette (vloeistof gevulde liggame) wat vorm en stewigheid aan hul liggame bied. In die vakuole van plantselle veroorsaak water n druk wat van binne af teen die selwand druk. Die druk word turgordruk genoem en hou plantselle stewig.
Belang van Minerale Soute
Anorganiese stowwe in rotse en grond, noodsaaklik vir lewe.
Absorpsie van Minerale
Plantwortels absorbeer minerale soute uit die grond.
Makrovoedingstowwe
Minerale soute in groot hoeveelhede benodig
Mikrovoedingstowwe
Minerale soute in klein hoeveelhede benodig.
Bemestingstowwe
Aanvulling van minerale tekorte in grond.
Risiko van Oorbenutting
Swaar reën kan minerale uitspoel, lei tot eutrofikasie.
Fosfaat en Algebloei
Toename in fosfaat veroorsaak algebloei.
Ontbinding en Suurstoftekort
Ontbinding put water se suurstofvoorraad uit.
Impak op Waterplante
Algebloei veroorsaak dood van waterplante.
Eutrofikasie Definisie
Toename in voedingsstowwe in ‘n ekosisteem.
Oorsake van Eutrofikasie
Kunsmisgebruik, stedelike afvloeiing, en industriële aktiwiteite.
Gevolge van Eutrofikasie
Algebloei, suurstoftekort, en sterftes van waterorganismes.
Beheer van Eutrofikasie
Beperking van kunsmisgebruik en waterbestuurspraktyke.
Herstel van Ekosisteme
Regulerende maatreëls vir herstel van eutrofikasie-geaffekteerde gebiede.
wat is die definisie van n verbinding?
n suiwer stof wat uit ander eenvoudiger stowwe(elemente) opgebou is.
noem 7 basiese eienskappe van lewe wat n lewende organisme vertoon.
voortbeweging, respirasie, prikkelbaarheid, groei, voortplanting, ekskresie, voeding
wat is n sel?
die kleinste eenhied van lewe wat organelle bevat.
wat is n weefsel?
n groep eenders gedifferensieerde selle wat n gemeenskaplike funksie verrig.
wat is n orgaan?
n groep verskillende weefsels wat saamwerk om n geeenskaplike, spesifieke funksie te verrig.
definieer en gee 2 voorbeelde van anorganiese verbindings.
chemiese verbindings wat nie die element koolstof bevat nie en nie deur lewende organismes vervaardig word nie, bv. water en minerale soute.
definieer en gee 2 voorbeelde van organiese stowwe.
chemiese verbindings wat die element koolstof bevat en word deur lewende organismes vervaardig, bv. koolhidrate en lipiede.
wat is die chemikaliee wat gebruik word om vir stysel te toets?
jodium oplossing
wat is die chemikaliee wat gebruik word om vir glukose te toets?
benedict-oplossing
noem drie groepe koolhidrate, met drie voorbeelde by elk.
monosakkariede, bv. glukose, fruktose en galaktose
disakkariede, bv. maltose, sukrose, laktose
polisakkariede, bv. stysel, glikogeen, sellulose
noem 3 voedings funksies van water
dien as oplosmiddel, voorsien n vloeistofmedium waarin chemiese reaksies plaasvind, dien as n reagens tydens hidrolise
watter bestandeel van rooibloedliggaampies bevat yster?
hemoglobien
noem 1 siekte wat in mense veroorsaak as gevolg van n tekort van yster.
anemie of bloedarmmoede
wat is versadigte vette? gee 2 voorbeelde
versadigde vette is hoofsaaklike van dierlike oorsprong en is vaste stowwe teen kaer-tempratuur bv, botter en varkvet.
wat is onversadigde vette en gee 2 voorbeelde
onversadigde vette is van plantaardige oorsprong en is n vloeistof teen kamertempratuur bv. olyfolie en sonneblom olie
definieer aterosklerose
hoe vlakke van cholestrol in die bloed veroorsaak vetaanplaksels in slagare, wat dit vernou. hierdie vernouing staan bekend as aterosklerose en bloedplaaitjies pak hier saaam om n bloedklont te vorm.
beskryf die rol van cholestrol in n hartaanval.
indien n kroonslagaar blokkeer word deur n bloedklont wat as gevolg van aterosklerose gevorm word, ontvang die hartspierweefsel nie suurstof nie en kan nie funksioneer nie. dit gee aanleiding tot n hartaanval.
beskryf die rol van cholestrol in angina.
indien die kroonslagaar gedeeltelik geblokkeer word deur n bloedklont wat as gevolg van aterosklore gevorm is, is daar beperkte suurstoftoevoer na die hart. die persoon word baie gouer moeg en tydens strawwe oefening of stres kan n pyn op die bors ervaar word.
gee die funksie van h2O in die menslike liggaam?
oplosmmiddel/medium vir chemiese reaksies/reagens tydens hidrolise/vervoermmiddel/smeeriddel/reguleer liggaamstempratuur
wat is die funksie can Ca in die menslike liggaam?
bou sterk bene en tande, word benodig vir bloestolling en speel n rol in deurlatendheid van selmembrane.
wat is die funksie van Na in die menslike liggaam?
Na handhaaf die waterbalans in liggaam/help met spiersametrekking en beheer hartritme
noem 3 moontlike redes hoekom bokmelk verdun moet word oordat mensbabas dit kan drink
proteieninhoud te hoog, Na/Ca te hoog en vitamien c te hoog
noem 4 redes hoekom proteiene deur mens babas benodig word.
strukturele koponent van protoplasma en selmembrane. boustof.
speel rol in deurlatenheid van selmembrane.
reserwe-energiebron
noem die siektes toestand wat in n kind kan ontstaan indien daar n tekort aan vitamien C in die dieet is.
skeurbuik.
wat is die algemene doel van vitamiene in die menslike liggaam.
vitamiene is nodig vir normale metabolisme, groei en ontwikkeling van die menslike liggaam.
watter voedingstowwe voorkom kropgeswel(goiter)?
jodium
watter voedingstowwe voorkom bloedarmoede?
yster
watter voedingstowwe voorkom beri-beri?
vitamien B1
water oplosbare vitamiene
B-vitamiene en vitamiene c
vet oplosbare vitamiene
vitamiene A,D,E,K
waarom is dit nodig dat boere op n gereelde basis bemestingstowwe in bewerkte grond, waar gewasse gekweek en gereeld geoes word, moet inwerk?
oorbewerkte grond se minerale soute word uit geput en moet voortdurend aangevul word omm gewasse van die noodsaaklike minerale soute te voorsien.
bespreek die probleem wat ontstaan wanneer kunsmis deur die uitloging in riviere en damme beland.
dit veroorsaak drastiese toename in die groei van varswater alge(algebloei). hierdie drastiese toename in alge blokkeer die sonlig van ander fotosinteerende organismes, wat die dood van baie waterplante tot gevolg het.
hierdie dooie organiese materiaal moet ontbind word, wat lei tot n groot toename in bakteriee.
ontbinding benodig O2
hierdie grootskaalse ontbindingsproses sal die o2-voorraad in die water uitput
groot hoeveelede vis en ander waterorganismes sterf as gevolg van n O2-tekort
hierdie verskynsel staan bekend as eutrofikasie.
watter vitamiene verhoed nagblindheid en xerotalmie(uitdroging van die korneas)? Gee voorbeelde van die bronne waar dit gevind kan word.
n tekort van vitamiene A veroorsaak nagblindheid en korneas. Vitamiene A kan in geelgroente, visolie, lewer, eiergeel
watter vitamiene verhoed beri-beri en in watter bronne kan hierdie vitamiene gevind word?
tekort aan vitamiene b veroorsaak beri-beri, vitamiene b kan in bruin rys, volgraanbrood, suurdeeg en en peulgroente gevind word.
watter vitamiene verhoed skeurbuik en in watter bronne kan hierdie vitamiene gevind word?
skeurbuik word deur n tekort van Vitamiene c veroorsaak en die bronne waarin dit gevind word is sitrusvrugte, tamaties, koejawels, ggroen blaargroente
watter vitamiene verhoed ragitis en in watter bronne kan dit gevind word?
n tekort van vitamine d kan lei tot ragitis en vitamiene d kan in ollierige vis, eiergeel, lewer en melk gevind word.
watter gebreksiekte word deur n tekort aan vitamiene E veroorsaak? in watter bronne kan hierdie vitamiene gevind word?
n tekort aan V E kom slede voor maar kan lei tot neurologiese problee a.g.v swak geleiding van senuwee inpulse. vitamiene E kan in blaaragtige groente, bv. spinasie en kropslaai, sonneblomsaad, volgraan en korringkiem gevind word.
n mikrovoedingstof wat noodsaaklik is vir die vorming van hemoglobien
yster
n makrovoedingstof wat n komponent van ATP is
fosfor
n anorganiese verbinding wat n reagens in hidrolise is
water
n makrovoedingstof wat noodsaaklik is vir die vorming van aminosure, maar nie vir die vorming van koolhidrate en vette nie.
stikstof
n mikrovoedingstof wat in chlorose by plante voorkom
yster
noem 4 funksies van vette in die menslike liggaam
Reserwe-energiebron
Isoleringsmeteriaal
Skokabsorpsie
Strukturele bestandeel van selmembrane
definieer die term ensiem
n biologiese katalisator wat n chemiese reaksie versnel, deur die aktiveringsenergie te verlaag, sonder om self deur die reaksie varander te word.
noem 4 eienskappe van ensieme
Almal is proteiene
Sensitief vir hoe temprature, denatuur by hoe temp en onaktief by lae temp
Sensitief vir pH verandering-denatuur
Substraatspesifiek
definieer “optimumtempratuur”
dit is die tempratuur waarby ensieme die beste funksioneer
definieer katalisators
stowwe wat chemiese reaksies versnel
verduidelik waarom dit ongewoon is om n ensiem van 60 grade te he
ensieme is sensitief vir hoe temprature en denatuur gewoontlik by hoe temprature soos 60 grade
noem 2 ander eienskape van ensieme wat niie klaar hierbo genoem is nie
sensitief vir pH veranderinge en is substraatspesifiek
noem 2 onskadelike produkte waarin waterstofperoksied afgebreek word
water en suurstof
katalase is n ensiem. wat is die funksie van n ensiem?
n ensiem is n biologiese katalisators wat n chemiese reaksie versnel
(vervolgende vraag)watter voordeel hou hierdie funksie, in die vorige vraag benoem, by hierdie spesifieke reaksie vir n mens in?
die giftige stof word so gou as moontlik omgeskakel in onskadelike stowwe wat vergiftiging van liggaamsweefsels voorkom.
(vervolgende vraag)hoe kry die ensiem dit reg om sy funksie te verrig?
die ensiem verlaag die aktiveringsenergie wat nodig is vir die reaksie om plaas te vind.
gee n naam vir die proses waardeur glukose uit die polimeer vrygestel word.
hidrolise
watter deel van n lewendige diersel beheer toe die toegang tot glukosemolekules?
selmembraan
Sommige karnivore produseer nie styselafbrekende ensieme in hulle speeksel nie. gee n rede hiervoor.
karnivore eet vleis, wat geen stysel bevat nie.
aan watter groep organiese verbindings behoort DNA en RNA?
nukleiensure
waar kom DNA voor?
DNA kom in die kernplasma van die selkern voor, waar dit deel uitmaak van die chromatiennetwerk of chromosone(gedurende seldeling)
wat is DNA se funksie(s)?
dra die erflikheidseienskappe en beheer die struktuur en funksies van n sel.
waar kom RNA voor?
RNA kom in die kernliggaampie en kernplasma van die selkern voor, asook in die sitoplasma, waar dit deel uitmmaak van ribosome.
wat is RNA se funksie(s)?
speel n rol in proteiensintese deurdat dit verseker dat die amminosure volgens die instruksies van DNA, in n bepaalde volgorde rangskik
watter lewensnoodsaaklike anorganiese verbinding, wat in al die voedselsoorte voorkom, moet ook daagliks in sy suiwer vorm ingeneem word?
water