Aanbieding van Finansiele state (IAS 1) Flashcards
Algemene kenmerke vir aanbieding
Redelike weergawe en voeldoening aan IFRS'e Lopende saak Toevallingsbasis Wesenlikheid en samevoeging Verrekening Gereeldheid van verslagdoening Vergelykende inligting Konsekwente aanbieding
Redelike weergawe
word bewerkstellig deur getroue weergawe. Moet korrek volgens definisies ens erken word
Lopende saak
Die entiteit sal in die toekoms bly voortbestaan. Die state hoef dus nie ogestel te word met die veronderstelling dat die entiteit sy bedrywighede in die nabye toekoms sal moet staak nie
Toevallingsbasis
Wanneer die transaksie voorkom en nie wanneer die vergoeding ontvang is nie.Slegs die waarde van die spesefieke termyn word in berekening gebring waar kontant vooruit ontvang is
Wesenlikheid en samevoeging
Verwys na die aard en omvang. Elke klas items moet afsonderlik getoon word in die SFP
Verrekening
- Bates en laste mag nooit teen mekaar afgespeel word nie, teensy standpunt of vertolking dit toelaat
- Inkomstes en uitgawes nooit teen mekaar vereken word teensy standpunt of vertolking dit toelaat
- Winste, verliese en uitgawes wat nie wesenlik is nie, en op dieslfde items betrekking het mag teen mekaar vereken word
- Verrekening word vereis indien die wese van die transaksie of item beter reflekteer sal wees
Gereeldheid van verslagdoening
Minstens jaarliks
Vergelykende inligting
Vorige jare se bedrae, omskrywings en verduidelikings moet altyd ingesluit word teensy n standaard of vertolking anders vereis
Konsekwente aanbieding
Alle items moet dieselfde aangebeid en hanteer word jaar na jaar. Konsekwentheid van tyd en konsekwentheid van openbaarmaking