Voortplanting van spirogyra Flashcards
Geslagtelike voortplanting vind plaas by spirogyra. In watter omstandighede vind voortplanting plaas?
In ongunstige toestande
Wat word beskou as ongunstige omstandighede?
Hitte
Vinnig vloeiende water
Tekort aan water
Skaduwee
Wanneer vind geslagtelike voortplanting plaas?
Wanneer twee filamente langs mekaar lê
Wat gebeur wanneer twee filamente in kontak is?
‘n Verbinding vorm
Wat gebeur wanneer daar ‘n verbinding vorm tussen die twee filamente?
Die selinhoud krimp en vorm gamete
‘n Verbindingsbuis vorm tussen twee selle
Die twee selle is nou isogamete
Nadat ‘n verbindingsbuis vorm tussen die twee selle, wat gebeur met die gamete?
Een gameet beweeg deur die buis na die ander en versmelt met mekaar. (Bevrugting vind plaas)
Wat vorm nadat ‘n bevrugting plaasgevind het?
‘n Sigoot
Wat word gevorm om die sigoot te beskerm?
‘n Beskermende omhulsel word gevorm
Wat word die beskermde sigoot genoem?
Sigospoor
Watter vermoë het die sigospoor?
Kan ongunstige omstandighede oorleef
Wat gebeur wanneer toestande weer gunstig is?
Die sigospoor bars oop en ‘n nuwe filament groei uit
Wanneer die toestande weer gunstig is, vorm ‘n nuwe filament, maar wat gebeur daarna?
Die filament plant ongeslagtelik voor deur fragmentasie
Wat is fragmentasie?
Die filament breek op in stukke en elke stuk verleng deur mitose