Voortplanting van Rhizopus Stolonifer Flashcards
Onder watter omstandighede vind ongeslagtelike voortplanting plaas?
Onder gunstige toestande
Wat gebeur tydens die eerste stap van ongeslagtelike voortplanting?
Die punt van die sporangiofoor verskyn bo die substraat
Wat gebeur met die sporangiofoor sodra dit bo die substraat verskyn tydens ongeslagtelike voortplanting?
Die punt van die sporangiofoor verdik met sitoplasma en selkerne
Wat vorm ‘n spoor?
Elke selkern en ‘n bietjie sitoplasma
Wat vorm tussen die sporangium en sporangiofoor?
Kollumella
Wat doen die kollumella nadat dit gevorm het?
Druk in die sporangium in en laat die sporangium oopbars
Hoe word die spore versprei?
Deur wind en water
In watter toestande vind geslagtelike voorplanting plaas?
In ongunstige toestande
Wat gebeur tydens die eerste stap van geslagtrelike voortplanting?
Hifes van die twee miseliums groei na mekaar
Wat word dit genoem wanneer die hifes van twee miseliums na mekaar toe groei?
Gametofore
Wat gebeur met die gametofore?
Hul punte verdik met sitoplasma en selkerne
Wat word dit genoem wanneer die punte van die gametofore afsluit?
Gametangiums
Wat vorm die gamete?
Sitoplasma en selkerne
Die skeiding tussen die gametangiums verdwyn nou. Wat gebeur met die gamete?
Die gamete versmelt om sigote te vorm
Wat word hierdie sigote genoem?
Isogamete
Wat gebeur sodat ‘n sigospoor kan vorm?
‘n Beskermende omhulsel vorm
Wat is kenmerkend van die sigospoor?
Oorleef ongunstige omstandighede
Wat gebeur met die res van die swam sodra die sigospoor vorm?
Die res van die swam gaan dood
Wat gebeur met die sigospoor sodra die toestande weer gunstig is?
Die sigospoor bars oop en en ‘n hife met ‘n sporangium groei uit wat d.m.v. ongeslagtelike voortplanting spore vorm