Voegwoorde Flashcards
1
Q
Voegwoorde
A
Voegwoorde word gebruik om twee enkelvoudige sinne te verbind. Daar is drie groepe voegwoorde.
2
Q
Groep 1
Maar, en, of, want
A
- Die woordorde bly dieselfde.
- Verander die leestekens.
Ons swem. Dit is warm.
Ons swem, want dit is warm.
3
Q
Groep 2
Daarna, daarom, dan, dus, al
A
- Die werkwoord van die 2de sin word direk na die voegwoord geskryf.
- Verander die leestekens.
Ons speel buite. Dit reen.
Ons speel buite, al reen dit.
4
Q
Groep 3
Dat, nadat, omdat, totdat, voordat, wie
A
- Die werkword van die 2de sin gaan na die einde van die sin.
- Verander die leestekens.
Ek is baie bly. Al my maats speel netbal.
Ek is baie bly, omdat al my maats netbal speel.