Vektore In Twee Dimensies Flashcards
Resultant
Die vektorsom van twee of meer vektore ,dit is n enkele vektor wat dieselfde effek het as twee of meer vektore saam
Normaalkrag
Die krag of komponent van n krag wat n oppervlak op n voorwerp wat darmee in kontak is, en wat loodreg op die oppervlak is, uitoefen
Wrywingskrag
Die krag wat die beweging van n voorwerp teenwerk en wat parallel aan die oppervlak werk
Statiese wrywingskrag
Die krag wat die neiging van beweging van n stilstaande voorwerp relatief tot die oppervlak teenwerk
Kinetiese wrywingskrag
Die krag wat die beweging van n voorwerp relatief tot die oppervlak teenwerk
Stel Newton se eerste bewegingswet
n Liggaam sal in sy toestand van rus of beweging teen konstante snelheid volhard tensy n nie-nul resulterende/netto krag daarop inwerk
Traagheid
Die weerstand van n voorwerp teen enige verandering in sy toestand van beweging
Stel Newton se tweede bewegingswet
Wanneer n resulterende/netto krag op n voorwerp inwerk, sal die voorwerp in die rigting van die krag versnel teen n versnelling direk eweredig aan die krag en omgekeerd eweredig aan die massa van die voorwerp
Stel Newton se derde bewegingswet
Wanneer voorwerp A n krag op voorwerp B uitoefen, oefen voorwerp B gelyktydig n krag van gelyke grootte in die teenoorgestelde rigting op voorwerp A uit
Beskryf Gewig
Gewig is die gravitasiekrag, in Newton (N), wat die aarde op n voorwerp uitoefen
Beskryf Massa
Massa is die hoeveelheid materie in n liggaam gemeet in kilogram (kg)
Stel Newton se Universele gravitasiewet
Elke deeltjie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met n gravitasiekrag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig is aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte
Verduidelik gewigloosheid
Die sensasie ervaar wanneer alle kontakkragte verwyder word, dus wanneer geen eksterne voorwerpe raak aan n mens se liggaam nie. Bv: in vryval is gravitasiekrag ,wat n nie-kontakkrag is, die enigste krag wat op jou liggaam inwerk en in vryval sal jy n sensasie van gewigloosheid ervaar.