Geavitasiewet Flashcards
Stel Newton se Universele gravitasiewet
Elke deeltjie in die heelal trek elke ander deeltjie aan met n gravitasiekrag wat direk eweredig is aan die produk van hulle massas en omgekeerd eweredig is aan die kwadraat van die afstand tussen hulle middelpunte
Beskryf gewig
Gewig is die gravitasiekrag, in Newton, wat die Aarde op n voorwerp uitoefen
Beskryf massa
Massa is die hoeveelheid materie in n liggaam gemeet , in kilogram
Verduidelik gewigloosheid
Die sensasie ervaar wanneer alle kontakkragte verwyder word, dus wanneer geen eksterne voorwerpe raak aan n mens se liggaam nie. Bv: in vryval is gravitasiekrag ,wat n nie-kontakkrag is, die enigste krag wat op jou liggaam inwerk en in vryval sal jy n sensasie van gewigloosheid ervaar.