Semantiek Flashcards
Semantiek
Studie van betekenis van taal sonder om konteks in ag te neem
Soorte semantiek
a) Leksikale semantiek:
Die betekenis van woorde en die verhoudings tussen woorde
b) Komposisionele semantiek:
Die betekenis van frases en sinne (sintaktiese eenhede groter as ’n woord)
c) Pragmatiek:
Taalkundige betekenis in konteks.
Wat weet jy as jy ‘n woord ken?
• Klankvorm (fonologie)
-Jy ken dit vasgestelde klankvorm
• Vaste betekenis (semantiek)
-Jy ken die betekenis wat verteenwoordig word deur hierdie vasgestelde klankvorm
• Kategorie (sintaksis)
Jy ken die woordskategorie (maw jy weet waar in ‘n sin jy dit kan gebruik)
• Ander vorme (morfologie)
-Jy ken die ander vorme wat die woord kan aanneem deur die byvoegsel of verweidering van morpheme.
Konnotasie vs. denotasie
Denotasie = waarna woorde verwys in die regte wêreld Konnotasie = die emosionele, stilistiese en sosiale betekenis wat met die woord geassosieer word
Soorte antonieme
i. Binêre / komplementêre antonieme
dood – lewendig
getroud – ongetroud
oop – toe
man – vrou
ii. Omgekeerde / verwante antonieme (teenoorgesteldes)
vader – seun
A is die vader van B B is die seun van A
gee - ontvang
iii. Gradeerbare antonieme: betekenisse verteenwoordig verskillende waardes op ’n skaal – meer van een is minder as die ander, en omgekeerd
Semantiese beheersing
- die objekte waarna in werklikheid na verwys word.
- wanneer ’n woord twee betekenisse het.
- wanneer woorde dieselfde betekenis het.
- wanneer woorde teenoorgestelde betekenisse het .
- dubbelsinnigheid, wat dikwels deur homonieme veroorsaak word.
Poliseme
• Poliseme = selfde uitspraak, selfde spelling, verwante betekenis .
Argumentstruktuur
• Onoorganklike werkwoorde neem slegs een argument / NP, ’n onderwerp
Lauren het gearriveer
• Oorganklike werkwoorde neem 2 argumente / NPs, ’n onderwerp en ’n voorwerp
Lauren soen die kat
• Dubbelobjek-werkwoorde neem 3 argumente / NPs, ’n onderwerp, ’n voorwerp en ’n indirekte objek
Lauren gee vir die meisie ’n hondjie
Mentonomia vs. Retroniem
Metonomia: ’n Woord of frase word met ’n ander een vervang waarmee dit ’n noue verwantskap het.
Vra om haar hand
Ons daaglikse brood
Die soldaat het lood geëet
Retroniem: ’n Nuwe woord of frase wat geskep is vir ’n ou voorwerp of konsep waarvan die oorspronklike naam nou vir iets anders gebruik word, of nie meer uniek is nie (= teenoorgestelde van terugvorming).
munisipale water (weens boorgatwater)
lae vet-melk (weens vetvrye melk)
Tematiese rolle
AGENT: Die argument / NP wat die aksie uitvoer wat deur die werkwoord beskryf word (dis vir gebeurtenis ww).
ERVAARDER: Die argument / NP wat sintuiglike inset(te) ontvang (dis vir toestanfd ww).
TEMA: Die argument / NP wat die aksie “ondergaan” (tipies die direkte objek) wat deur die werkwoord beskryf word deur die werkwoord.
ONTVANGER: Die ding / mens wat die doel is as dit kom by ww wat te doen het met ‘n verandering van eienaarskap (dikwels gepaard met “aan” of “vir).
BRON: Die plek / mens waar af aksie wat deur die werkwoord beskryf word ontstaan (dikwels gepaard met “van”).
DOEL: Die eindpunt van die verandering van plek of rigting wat deur die werkwoord beskryf word (dikwels gepaard met “na”) (dikwels die indirekte objek)
INSTRUMENT: Die ding wat gebruik word om die aksie wat deur die werkwoord beskryf word te bewerkstellig (dikwels gepaard met “met”).
Soorte parafrases
- Leksikale parafrase word veroorsaak deur die gebruik van sinonieme
Sy is ’n pediater
Sy is ’n kinderdokter - Strukturele parafrase kom voor as daar bepaalde sintaktiese verskille tussen twee of meer sinne is wat nie die betekenis essensieël beïnvloed nie.
Hy het die boek geskryf
Die boek is deur hom geskryf
Soorte dubbelsinnigheid
Leksikale
Strukturele
Dubbelsinnigheid
- Anomalie (geen interpreteerbare betekenis nie). Bv. Kleurlose groen idees slaap verwoed.
- Metafore (interpretasie vereis kreatiwiteit) Bv. ’n Droefheid gelede
- Idiome (betekenis is vasgestel en nie ’n deel van die geheel nie) Bv. Twee rye spore loop.