Pragmatiek Flashcards
Pragmatiek
Die studie van betekenis in konteks
Soorte kontekse
DRIE SOORTE KONTEKSE wat ons in Pragmatiek bestudeer:
Fisiese konteks: Die konkrete omgewing waarin die gesprekke plaasvind. Dit sluit die omgewingstoestande in en enige details wat belangrik mag wees tot die interaksie.
Sosiale konteks: Wie die deelnemers is en die aard van hul verhoudings.
Kulturele konteks: Norme wat gedeel word deur die gemeenskap en kultuur. Maniere van praat, interakteer, optree en dink wat as gepas beskou word in daardie omgewing.
Etnografie
ETHNOGRAFIE het ten doel om te verstaan hoe groepe mense hul eie sosiale realiteite verstaan en beskou.
- Dit word gedoen deur:
- die observering van deelnemers
- onderhoude
- -opnames van verskeie sosiale interaksies
Kommunikatiewe bevoegdheid
Dit het ook vereis om te weet hoe om taal toepaslik te gebruik in verskillende kontekste:
Bv. Om respek, beleefdheid, ooreenstemming ens. te wys… =KOMMUNIKATIEWE BEVOEGDHEID
Kommunikatiewe bevoegdheid analise
Eenhede van analise vir KOMMUNIKATIEWE BEVOEGDHEID:
• Taalgemeenskappe – Taalgebruik in ‘n kerk/studiegroep.
• Kommunikatiewe situasies- Totale konteks
• Kommunikatiewe geleenthede– Die hele situasie wat oppgebreek word bv. dosent groet klas aan begin en einde.
• Kommunikatiewe optredes- Kop knik in die klas.
Spraakgemeenskap
SPRAAKGEMEENSKAP
- “gemeenskap wat reëls deel vir die uitvoering en interpretasie van taal, en reëls vir die interpretasie van ten minste een spraakvariëteit” (Hymnes,1972:54)
Waarheidskondisionele semantiek
As jy weet wat die betekenis van ’n sin is, weet jy of die sin waar of vals is, of eerder, jy weet watter omstandighede (bekend as “waarheidsvoorwaardes”) die sin waar is.
Speaking Raamwerk
Setting / Omgewing – waar en wanneer die geleentheid plaasvind.
Participants / Deelnemers – wie deelneem in die interaksie en wat hul rolle is.
Ends / Doelstellings – wat is die doel en bedoelde uitkoms van die geleentheid.
Act sequence / Volgorde van optrede – watter kommunikatiewe optrede die geleentheid beslaan en die volgorde waarin hulle uitgevoer word.
Key / Toon – emosionele toon en wyse van praat wat in die interaksie gebruik word.
Instrumentalities / Instrumentaliteite - watter taalvariëteite, style en modusse gebruik word vir kommunikasie.
Norms / Norme – die sosiokulturele reëls en norme wat intree tydens die kommunikasie.
Genre – kyk na die kommunikatiewe geleentheid en hoe die interaksie tipies gestruktureer is.
Tipes Deiksis
a. Deiksis van persoon (’n uitdrukking wat gebruik word om na ’n persoon te verwys):
My, jou, hom, daardie man
b. Deiksis van plek (‘n uitdrukking gebruik om na ‘n plek te verwys):
Hier, Daar, Daardie rigting
c. Deiksis van tyd (’n uitdrukking gebruik om na ’n tyd te verwys) :
Nou, Dan, Vanaand, Daardie dag
Deur die gebruik van aanwysende lidwoorde soos “hierdie” en “daardie” kan enige naamwoord in ’n deiktiese uitdrukking verander word.
Soorte kontekse
- Talige konteks (sinsintern/ekstern) - gebonde
- Situasionele konteks -vry
Beginsels van komposisionaliteit
-Die beginsel van komposisionaliteit verklaar dat die betekenis van ’n sin van die betekenis van sy dele en hoe hulle struktureel kombineer afgelei word.
Grice se gespreksgrondreels
- Die grondreël van toepaslikheid:
“die bydra van die laaste spreker sal tot die verdere ontwikkeling van die gesprek relevant wees”
-Gee inligting wat relevant is tot die gesprek. - Die grondreël van kwantiteit:
“die spreker sal die luisteraar met voldoende informasie voorsien, nie meer nie, nie minder nie”.
-Moenie te veel/te min inligting gee nie. - Die grondreël van kwaliteit:
‘die spreker bied informasie aan wat tot die beste van hul kennis korrek is, en nie opsetlik informasie wat verkeerd is verskaf nie’
-Moenie jok of inligting weerhou nie. - Die grondreël van wyse:
Wees kortstondig, vermy dubbelsinnigheid en onduidelikheid.
-Moenie onduidelike antwoorde gee nie of deurmekaar instruksies gee ni
Implikatuur vs. Presupposisie
Implikatuur- voorstel
Presupposisie- aanname
Lokusie, illokusie, perlokusie
Lokusie = die letterlike betekenis van die uiting Illokusie = die spreker se bedoeling, wat met die uiting bereik moet word Perlokusie = die effek van die uiting op die luisteraar
Vrae van etnograwe?
Watter tipe kommunikatiewe geleentheid is dit?
Waaroor gaan dit en waarom gebeur dit?
Watter soorte oortuigings en praktyke word daarmee geassosieer?
Waarom is die geleentheid belangrik (of nie) vir die deelnemers?
Waar en wanneer vind dit plaas?