Selrespirasie💨 Flashcards
Definieer die term ‘Selrespirasie’
Proses in liggaamselle waartydens organiese verbindings afgebreek en energie gelydelik vrygestel word.
Watter grondstowwe word benodig vir Selrespirasie?
• Glukose
• Suurstof
Watter produkte word benodig vir Selrespirasie?
• Koolstofdioksied
• Water
• ATP (energie)
In watter organel vind Selrespirasie plaas?
die Mitochondrium.
Wat is die formule vir Selrespirasie?
C6 H12 O6 + 6O2»_space;> 6CO2 + 6H2O + 38ATP
Noem 4 Verskille tussen aërobiese en anaërobiese respirasie.
• Aërobiese Respirasie.
~ vind in teenwoordigheid van suurstof plaas.
~ produkte is CO2 en water.
~ groot hoeveelhede energie word vrygestel.
~ vind in sitosol EN mitochondrium plaas.
• Anaërobiese Respirasie.
~ vind in afwesigheid van suurstof plaas.
~ produkte is melksuur of CO2 en Etanol.
~ klein hoeveelhede energie word vrygestel.
~ vind SLEGS in sitosol plaas.
Noem 3 ooreenkomste tussen Aërobiese Respirasie en Anaërobiese Respirasie.
• Glukose dien in beide prosesse as ń grondstof.
• CO2 word in beide prosesse vrygestel.
• Energie word in beide prosesse vrygestel.