Gaswisseling🫁 Flashcards
Onderskei tussen Asemhaling, Gaswisseling en Selrespirasie.
> Asemhaling: die meganiese proses waartydens lug in en uit die longe beweeg.
Gaswisseling: die uitruiling van suurstof en koolstofdioksied oor ń gaswisselingsoppervlak.
Selrespirasie: die geleidelike vrystelling van energie uit organiese verbindings in die teenwoordigheid van suurstof.
Waarom is gaswisseling noodsaaklik?
> die hooffunksie van die asemhalingstelsel is om suurstof uit die atmosfeer op te neem en dit beskikbaar te stel aan die selle.
koolstofdioksied word deur die selle vrygestel en moet met behulp van gaswisseling verwyder word.
verhoogde CO2-konsentrasie in die liggaam kan die pH van die liggaamsvloeistowwe gevaarlik laat daal
Noem en beskryf die vereistes vir ń doeltreffende gaswisselingsoppervlak.
> Gaswisselingsoppervlak moet groot wees vir maksimale gaswisseling om plaas te vind.
Gaswisselingsoppervlak moet dun wees vir vinnige en maklike diffusie.
Gaswisselingsoppervlak moet klam wees
(O2 en CO2 moet deur membraan diffundeer)
Gaswisselingsoppervlak moet ń vervoerstelsel hê vir doeltreffende vervoer van gasse.
Gaswisselingsoppervlak moet goed beskermd wees.
Wat is die doel van asemhaling?
> Dit verskaf Suurstof(O2) aan die liggaam vir Selrespirasie.
Dit verwyder koolstofdioksied (CO2) uit die liggaam.
Wat word die twee openinge in die farinks genoem?
Die Buise van Eustachius.
Wat is die funksie van die Epiglottis?
Sluit die lugpyp gedurende die slukproses.
Wat is die funksie van die C-vormige kraakbeenringe?
Hou die lugweg oop.
Hoe is die alveoli aangepas om sy funksie te verrig?
> Beskik oor ń groot gaswisselingsoppervlak.
Die wande is dun sodat osmose oor kort afstande kan plaasvind.
Beskryf die proses van inaseming.
• Diafragma trek saam en word platter.
• Borsholte word van bo na onder vergroot.
• Uitwendige tussenribspiere trek saam.
• Ribbes beweeg op- en uitwaarts.
• Borsholte vergroot van kant tot kant en voor na agter.
• Abdominale spiere verslap.
• Totale volume van borsholte vergroot
• Druk in borsholte en longe verlaag.
• Elastiese longe sit uit.
Beskryf die proses van uitaseming.
• Diafragma verslap.
• Borsholte word van bo na onder verklein.
• Uitwendige tussenribspiere verslap.
• Ribbes beweeg af- en uitwaarts.
• Borsholte verklein van kant tot kant en voor na agter.
• Volume van borsholte verklein.
• Druk in borsholte en longe verhoog.
Beskryf die wisseling van O2 in die alveoli.
> ingeasemde lug in die alveoli besit ń hoër O2-konsentrasie as die bloed in die omringende kapillêre bloedvate.
diffusiegradiënt onstaan tussen die lug in die alveoli en bloed in die kappilêre bloedvate.
O2 los in ń dun lagie vog, wat die alveoli uitvoer op. Diffundeer deur plaveiselepiteelwande van die alveoli en endoteelwande van die kapillêre bloedvate tot in die bloed.
Beskryf die wisseling van CO2 in die alveoli.
> bloed wat alveoli vanaf weefsels bereik, besit ń hoër CO2-konsentrasie as die lug in die alveoli.
diffusiegradiënt onstaan tussen bloed in kapillêre bloedvate en lug in alveoli.
CO2 diffundeer vanaf bloed in kapillêre bloedvate deur endoteelwande van die kapillêre bloedvate en dun plaveiselepiteelwande van die alveoli tot in die lug van alveoli.
Beskryf die wisseling can O2 in die weefsels.
> geoksigineerde bloed bereik die weefsels.
bloed in kappilêre bloedvate besit ń hoër CO2-konsentrasie as die selle van die weefsels.
diffusiegradiënt onstaan tussen bloed in kapillêre bloedvate en selle.
O2 diffuneer deur die endoteelwande van die kapillête bloedvate tot in die weefselvloeistof wat die selle omspoel, tot in die selle.
Beskryf die wisseling van CO2 in die weefsels.
> selle besit ń hoër CO2-konsentrasie as die bloed in die kapillêre bloedvate.
diffusiegradiënt onstaan tussen die selle en die bloed in die kapillêre bloedvate.
CO2 diffundeer vanuit die selle tot in die weefselvloeistof vanwaar dit tot in die bloed van die kapillêre bloedvate diffundeer.
Beskryf die vervoer van suurstof (O2) in die bloed.
> Suurstof diffundeer vanuit die lug in die alveoli na die kapillêre bloedvate toe en verbind met Hemoglobien om Oksihemoglobien te vorm.
Baie klein gedeeltes van die suurstof los op in die bloedplasma.