Rol van virusse in ekologie Flashcards
Wat veroorsaak virusse?
Siektes
Wat is griep?
Dit is die infeksie van die slymvliese in die asemhalingstelsel
Wat is die simptomes van griep?
Loopneus Nies Koors Lyfseer Hoofpyn Sekondêre bakteriese infeksies soos longontsteking
Wat is die behandeling vir griep?
Antibiotika vir sekondêre infeksies
Koorsmiddels
Vaksinering vir voorkoming
Geen kuur of direkte behandeling van virusse nie
Wat is masels?
Infeksie wat immuunstelsel afbreek
Wat is die simptomes van masels?
Koors Droë hoes Rooi oë Witterige vlekkies in mond Rooi uitslag agter ore Sekondêre infeksies
Wat is die behandeling vir masels?
Koorsmiddels
Vaksinering as voorkoming
Geen kuur of direkte behandeling van virusse nie
Hoe word griep versprei?
Deur nies, hoes aan lug oorgedra
Hoe word masels oorgedra?
Deur die lug
Aansteeklik tot 3 dae na die uitslag verdwyn
Wat is waterpokkies?
Dit is ‘n infeksie in die vel
Wat is die simptome van waterpokkies?
Koors
Donkerrooi kolletjies met blasies
Jeukerige rofies as blasies uitdroog
Wat is die behandeling vir waterpokkies?
Middels om die jeuk te verlig
Hoe word waterpokkies versprei?
Deur die lug
Aansteeklik vanaf blasies vorm tot rofies afval
Wat is VIGS?
Verworwe immuuniteitsgebreksindroom
Immuunstelsel word afgebreek deur MIV-virus(menslike immuuniteitsgebrek virus)
Wat is ‘n pandemie?
‘n Siekte wat wêreldwyd versprei