Pulse en Golwe Flashcards
Puls
- ‘n Enkele versteuring in ’n medium
Transversale Puls
’n Puls waarvan die deeltjies van die medium loodreg beweeg met die rigting van voortplanting van die puls
Amplitude
Maksimum versteuring van ’n deeltjie vanaf sy rus of ewewigsposisie
Konstruktiewe Interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls die kruin van ’n ander puls kruis om ’n puls met ’n groter amplitude te vorm.
Superponering
Die algebraise som van die amplitudes van twee pulse wat dieselfde posisie beklee op dieselfde tyd
Transversale Golf
’n Golf waarvan die deeltjies van die meidum loodreg vibreer met die bewegingsrigting van die golf
Destruktiewe Interferensie
Die verskynsel waar die kruin van een puls met die trog (buik) van ’n ander kruis wat ’n kleiner puls of verkleinde amplitude tot gevolg het
Golflengte
Die afstand tussen twee opeenvoolgende punte in fase
Frekwensie
Die aantal golwe per sekonde verby ’n punt
Periode
Die tyd wat dit neem om een volledige golf te voltooi
Kruin
Hoogste punt (piek) op ’n golf
Trog
Laagste punt op ’n golf
In Fase
Twee punte in fase word geskei deur ’n heelgetalveelvoud (1;2;3; …) volledige golwe
Uit Fase
Punte wat nie geskei word deur ’n heelgetal volledige golflengtes nie
Golfspoed
Die afstand beweeg deur ’n punt op die golf per eenheidstyd