Elktrostatika Flashcards
Tribo-elektriese Lading
’n Tipe kontak elektrifisering waarin sekere materiale elektries gelaai word nadat hulle in kontak kom met verskillende materiale en word dan geskei (soos wanneer gevryf). Die polariteit en sterkte (grootte) van die ladings geproduseer verskil afhangend van die tipe materiale
Behoud van Lading
Die netto lading van ’n geisoleerde (geslote) sisteem bly konstant gedurende enige fisiese proses, bv as twee ladings kontak maak en dan skei
Kwantifisering van Lading
Alle ladings in die heelal bestaan uit integrale (heelgetal) veelvoude van die lading op een elektron, dit is 1,6×10^(-19)C
Polarisasie
Die gedeeltelike of volledige skeiding van positiewe en negatiewe elektriese ladings in ’n sisteem