Poppespel en Ontwikkeling Van Drama Vaardighede (Neutrale Posisie, Vertroue En Resonansie) Flashcards

1
Q

Noem die 4 verskillende tipes poppe

A

Vingerpoppe, marionette, lewensgrootte poppe en handpoppe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Beskryf die rol van vertroue in drama.

A

Vertroue is ongelooflik belangrik in drama. Nie net versterk dit die bande tussen die groeplede nie, maar dit is ook een van die maniere waarop jou kommunikasie en luistervaardighede die effektiefste ontwikkel. Dit moedig ook spanwerk aan, (en almal weet ‘n goeie toneel bestaan uit ‘n goeie span akteurs.)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat is neutrale posisie?

A

‘n Postuur waarin daar geen aanduiding van karakter is nie. Hierdie postuur dra geen spanning nie, maar is wel vol selfvertroue, ontspanne en in beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Beskryf hoe lyk dit as iemand ‘n neutrale posisie/ postuur handhaaf. (10)

A
  1. Jou kop sweef in die rigting van die dak.
  2. Jou ken is in lyn met die vloer.
  3. Die agterkant van jou nek is na boontoe verleng.
  4. Jou skouers is nie voorentoe of agtertoe gestoot nie.
  5. Jou rug is wyd.
  6. Jou ruggraat is verleng
  7. Jou hande hang los langs jou sye.
  8. Jou knieë is nie “gesluit” nie.
  9. Jou bene is los.
  10. Jou voete is onder jou heupe geplaas en na vorentoe gedraai.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Definieer resonansie.

A

Die versterking van klank.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Beskryf hoe jou liggaam resonansie handhaaf.

A

Ons liggaam werk soos ‘n luidspreker om die vibrasies wat ons stembande produseer te versterk deur die resonansieholtes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Noem die 4 hoof liggamsholtes waar klank versterk word.

A
  1. Borsholte
  2. Mondholte.
  3. Keelholte
  4. Neusholte
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat bepaal wat mense hoor t.o.v van jou stem?

A

Die grootte en vorm van die resonansieholtes.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat moet ons doen om resonators in te oefen?

A

Ons moet die holtes groter maak om ‘n harde en duideliker klank voort te kan bring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Beskryf ‘n oefening wat mens kan doen om resonansie te verbeter:

A

× Staan met jou voete heupwydte uitmekaar en jou rug reguit. Laat sak jou skouers, stoot dit terug en laat jou arms los langs jou sye hang.
× Sug hardop en laat al die lug uit jou longe uit.
× Haal deur jou neus asem en spreek die “ffff” klank uit wanneer jy uitasem.
× Haal weer deur jou neus asem en spreek hierdie keer die “vvvv”- klank uit wanneer jy uitasem.
× Haal weer asem en asem uit deur kort “f-v-f-v-f-v”-klanke te maak.
× Asem uit, maak jou mond wyd oop en laat jou kakebeen sak.
× Maak die volgende geluide “hah, hoe, ha,hie-ie, ha, hoe, ha, hie-ie.”
× Probeer om op so ‘n manier te praat dat mense aan die agterkant van die vertrek jou kan hoor, dit word die projektering van jou stem genoem (jy mag nie skree nie) herhaal 5 keer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Kyk na die prente op die laaste bladsy en beskryf wat gebeur met die stembande.

A

Linkerkantste prent
Stembande is oop sodat asemhaling kan plaasvind. Lug beweeg deur die larinks sonder om die stembande te vibreer.

Regterkantste prent
Stembande is toe sodat jy kan praat. Dit beteken die lug vanuit jou longe moet oor die stembande beweeg. Dit veroorsaak vibrasies wat klanke kan produseer

(Leer ook boonste skets op laaste blaai.)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly