Drama Elemente~ (Toneelstukke En Tegniese Hulpbronne) Flashcards

1
Q

Noem en bespreek die 4 teaterstyle in toneelskepping

A

● ‘n Komedie wil mense laat lag, maar dit wil ook die gehoor laat nadink oor die gebeure.
^Komedies maak gewoonlik staat op die gehoor se vermoë om die grappies te vang.
^Die intrige behels gewoonlik een of ander misverstand of die karakters tree op ‘n ongewonde manier op.
^ Daar word gebruik gemaak van oordrywing en die gehoor lag om dat hulle dit nie verwag nie.

● ‘n Tragedie handel oor hartseer of ernstige gebeure en die dramaturg probeer om die gehoor te oortuig om die samelewing te kritiseer of te bevraagteken.
^ ‘n Tragedie wil die gehoor laat dink.
^ Die karakters is gewoonlik gerond en kompleks.
^ Tragiese karakters ervaar lyding deur loop van die toneel.

● ‘n Musiekblyspel is ‘n teaterstyl wat musiek, dans en sang insluit. ^Daar is gewoonlik groot groepe koorlede wat dans en sing en ‘n paar hoofrolle wat solo’s sing.
^ Musiekblyspele het gewoonlik ‘n probleem wat die hoofkarakter moet oorkom en het gewoonlik ‘n gelukkige einde met ‘n vrolike lied. ^’n Townshipmusiekblyspel sal in ‘n Suid-Afrikaanse township afspeel met stereotipiese karakters soos ‘n “shebeen queen” of polisieman, en musiekstyle tipies van die township en die tyd waarin die musiekblyspel geskryf is.

Poppespel is toneelstukke wat met poppe geskep word. ‘n Pop of marionet is ‘n lewelose objek (voorwerp) wat lewendig lyk deur vaardige manipulasie.
^Daar is baie verskillende soorte poppe wat op verskillende maniere gemanipuleer word. Poppespel is ‘n unieke uitvoeringstyl wat ‘n ander tipe effek op die gehoor het.
^Marionette kan dinge sê of doen wat mense nie kan nie. Akteurs gebruik die poppe om ‘n storie te vertel.
^ Soms is daar interaksie tussen die akteurs en die poppe, of soms is die akteurs agter die skerm en kan nie gesien word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Noem en bespreek 5 tipes Tegniese Hulpbronne.

A

Stelle
Die dekorstel wys aan die gehoor waar die toneel afspeel. Dit kan leidrade gee oor die land, sosiale stand, die omgewing en die tydvlak waarin die storie plaasvind. In groot teaterproduksies kan stelle gedetailleerd en duur wees, en kenners verg om dit te ontwerp, te bou en aanmekaar te sit.

Rekwisiete
Dit word deur die akteurs “props” genoem en is voorwerpe wat die karakters bysit of nodig het om aan die toneel te kan deelneem.

Kostuums
Klere verklap baie oor ons sonder dat ons ‘n woord hoef te sê. Hulle kan iets verraai oor ons ekonomiese status, die tydperk waarin ons leef en hoe ons oor onsself voel. Die klere wat ons kies, ons aanvoeling vir styl, hoe skoon of vuil ons klere is - al hierdie dinge vertel ‘n storie.

Beligting
Lig kan stemming en atmosfeer skep. Dink aan die natuurlike lig wat jy elke dag ervaar. (Watter stemming veroorsaak die son wat deur jou kamergordyne filter, of kers in ‘n donker kamer, of die lig van ‘n dansende vuur by ‘n buiteligpartytjie?) Elkeen van die het ‘n ander uitwerking. Op die verhoog gebruik ons lig om die storie te help vertel, om inligting oor die tyd van die dag, die weer en ander aspekte te verraai, maar ook om ‘n bepaalde stemming te versterk.

Klank
Klank is ook belangrik wanneer ons stemming skep.( Dink na oor die impak van die volgende klanke op jou stemming: die klank van lewendige musiek; die klank van reën; die klank van ‘n sterk wind; die klank van iemand wat huil.) Klank kan inligting oor die plek of ruimte verraai, maar ook oor die karakters se gevoelens op daardie tydstip.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly